Belangrik: Vir belangrike inligting oor die veilige gebruik van jou toestel en battery, lees
die inligting oor “Vir jou veiligheid” en “Produkveiligheid” in jou gedrukte gebruikersgids of
by www.nokia.com/support voordat jy die toestel gebruik. Om uit te vind hoe om jou nuwe
toestel te begin gebruik, lees die gedrukte gebruikersgids.
Hou jou foon opgedateer en aanvaar beskikbare sagteware-opdaterings om nuwe en
verbeterde funksies vir jou foon te kry. Opdatering van die sagteware kan ook jou foon se
werking verbeter.
KNOPPIES EN DELE
Jou foon
Die gebruikersgids is op die volgende modelle van toepassing: TA-1270, TA-1275, TA-1274,
TA-1277.
Sommige toebehore wat in hierdie gebruikersgids genoem word, bv. laaier, oorfone of
datakabel, kan afsonderlik verkoop word.
*Google Assistent is nie beskikbaar in sekere tale en lande nie. Waar dit onbeskikbaar
is, word Google Assistent deur Google Soek vervang. Gaan beskikbaarheid na by
https://support.google.com/assistant.
Dele, verbindings en magnetisme
Moenie aan produkte wat ’n afvoersein skep verbind nie, want dit kan die toestel beskadig.
Moenie enige spanningsbron (volt) aan die oudio-sok koppel nie. As jy ’n eksterne toestel of ’n
oorfone aan die oudio-sok koppel benewens dié wat vir gebruik met hierdie toestel goedgekeur
is, let veral op die volume.
Dele van die toestel is magneties. Metaalagtige materiale kan dalk na die toestel aangetrek
word. Moenie kredietkaarte of ander magnetiese streepkaarte naby die toestel plaas vir lang
tydperiodes nie, aangesien die kaarte beskadig kan word.
13. Mikrofoon
14. Luidspreker
VOER DIE SIM- EN GEHEUEKAART IN
Sit die SIM-kaart in
1. Maak die SIM-kaartlaaitjie oop: druk die laaitjieoopmaker se pennetjie in die laaigaatjie en
skuif die laaitjie uit.
2. Steek die nano-SIM in gleuf 1 op die laaitjie, met die kontakarea na onder.
3. As jy ’n geheuekaart het, plaas dit in die geheuekaartgleuf.
1. As jy ’n dubbel-SIM-foon het, skuif die tweede SIM in die SIM2-gleuf.
2. Gly die laai weer in. Gebruik net oorspronklike nano-SIM-kaarte. Die gebruik van ’n
onversoenbare SIM kaarte mag die kaart of die toestel beskadig, en mag data wat op die
kaart gestoor is, nutteloos maak. Gebruik slegs versoenbare geheuekaarte wat vir gebruik
met hierdie toestel goedgekeur is. Onversoenbare kaarte kan dalk die kaart en die toestel
beskadig, en kan data op die kaart korrupteer.
Wenk: Om uit te vind of jou foon 2 SIM-kaarte kan gebruik, sien die etiket op die
verkoophouer. As daar 2 IMEI-kodes op die etiket is, het jy ’n dubbel-SIM foon.
Belangrik: Moenie ʼn geheukaart verwyder terwyl ʼn toepassing dit gebruik nie. Dit kan die
geheuekaart en die toestel beskadig, en kan data wat op die kaart gestoor is, korrupteer.
__Wenk:__Gebruik ’n vinnige, tot en met 512 GB mikroSD-geheuekaart van ’n bekende
vervaardiger.
1. Prop ’n versoenbare herlaaier by ’n muurprop in.
2. Koppel die kabel aan jou foon.
Jou foon gebruik die USB mikro-B-kabel. Jy kan ook jou foon vanaf ’n rekenaar met ’n USBkabel laai, maar dit kan langer neem.
SKAKEL JOU FOON AAN EN STEL DIT OP
Wanneer jy jou foon vir die eerste keer aanskakel, sal jou foon jou lei om jou
netwerkverbindings en fooninstellings op te stel.
Skakel jou foon aan
1. Om jou foon aan te skakel, druk-en-hou die krag-knoppie totdat die foon vibreer.
2. Wanneer die foon aangeskakel het, kies jou taal en streek.
3. Volg die instruksies op jou foon.
Dra data van jou vorige foon af oor
Jy kan data vanaf ’n ou foon na jou nuwe foon oordra met jou Google-rekening.
Om data wat op jou ou foon is, na jou Google-rekening te rugsteun, verwys na jou ou foon se
gebruikersgids.
1. Tik op Instellings > Rekeninge > Voeg rekening by > Google .
2. Kies watter data jy op jou nuwe foon wil teruglaai. Die sinkronisering begin outomaties
sodra jou foon aan die internet verbind.
Laai toepassinginstellings van jou vorige Android™-foon af terug
As jou vorige toestel ’n Android was, en rugsteuning na ’n Google rekening daarop geaktiveer is,
kan jy toepassinginstellings en Wi-Fi-wagwoorde teruglaai.
1. Tik op Instellings > Stelsel > Rugsteun .
2. Wissel Rugsteun na Google Drive na Aan .
DUBBEL-SIM-INSTELLINGS
As jy ’n dubbel-SIM-foon het, kan jy twee SIM’s in jou foon hê, byvoorbeeld een vir jou werk en
een vir persoonlike gebruik.
As jy byvoorbeeld ’n oproep maak, kan jy kies watter SIM om te gebruik, deur die SIM 1- of SIM
2-knoppie te druk nadat jy die nommer ingetik het.
Jou foon wys die netwerkstatus vir beide SIM’s afsonderlik. Albei SIM-kaarte is terselfdertyd
beskikbaar wanneer die toestel nie gebruik word nie, maar terwyl een SIM-kaart aktief is
(byvoorbeeld wanneer jy ’n oproep maak), kan die ander een dalk onbeskikbaar wees.
Bestuur jou SIM’s
Wil jy keer dat werk met jou vrye tyd inmeng? Of het jy dalk ’n goedkoper dataverbinding op
een SIM? Jy kan besluit watter SIM jy wil gebruik.
Tik op Instellings > Netwerk en Internet > SIM-kaarte .
Hernoem ’n SIM-kaart
Tik op die SIM wat jy wil hernoem, en tik die naam in wat jy wil hê.
Kies watter SIM om vir oproepe of dataverbinding te gebruik
Gaan na Voorkeur-SIM vir , tik op die instelling wat jy wil verander, en kies die SIM.
SLUIT OF ONTSLUIT JOU FOON
Sluit jou foon
As jy wil keer dat jy per ongeluk ’n oproep maak terwyl jou foon in jou klere se sak of ’n tas is,
kan jy jou knoppies en skerm sluit.
Om jou knoppies en skerm te sluit, druk die kragknoppie.
Ontsluit die knoppies en skerm
Druk die kragknoppie en vee opwaarts oor die skerm. Indien jy gevra word, gee bykomende
aanmeldinligting.
GEBRUIK DIE AANRAAKSKERM
Belangrik: Moenie die aanraakskerm krap nie. Moet nooit ’n regte pen, potlood, of ander skerp
Die skerm draai outomaties wanneer jy die foon 90 grade draai.
Om die skerm in portret-modus te sluit, vee na onder vanaf die bokant van die skerm, en tik
Outo-roteer .
Navigeer met gebare
Om aan te skakel deur gebaarnavigasie te gebruik, tik Instellings > Stelsel > Gebare >
Stelselnavigasie > Gebaarnavigasie .
• Om gedetailleerde aanwysings te sien,
vee opwaarts vanaf die onderkant van die
skerm.
• Om jou toepassings te sien, gaan na die
tuisskerm en vee opwaarts vanaf die
onderkant van die skerm. Die toepassing
waarin jy was, bly in die agtergrond oop.
• Om te sien watter toepassings jy oop het,
vee opwaarts vanaf die onderkant van
die skerm sonder om jou vinger om te lig
totdat jy die toepassings sien, en laat los
dan jou vinger.
Navigeer met sleutels
Om aan te skakel deur gebaarnavigasie te gebruik, tik Instellings > Stelsel > Gebare >
Stelselnavigasie > Gebaarnavigasie .
• Om na ‘n ander oop toepassing te wissel,
tik op die toepassing.
• Om al die oop toepassings toe te maak,
vee regs deur alle toepassings en tik op
MAAK ALLES SKOON .
• Om na die vorige skerm terug te gaan waar
jy was, vee vanaf die regter- of linkerkant
van die skerm. Jou foon onthou al die
toepassings en webwerwe wat jy besoek
het sedert jou skerm die laaste keer
gesluit was.
• Om al jou toepassings te sien, vee die
tuisknoppie op .
• Om na die tuisskerm te gaan, tik op die
tuisknoppie. Die toepassing waarin jy was,
bly in die agtergrond oop.
• Om te sien watter toepassings oop is, tik
op .
• Om na ‘n ander oop toepassing te wissel,
tik op die toepassing.
• Om al die oop toepassings toe te maak,
vee regs deur alle toepassings en tik op
MAAK ALLES SKOON .
• Om na die vorige skerm waar jy was, terug
te gaan, tik op . Jou foon onthou al die
toepassings en webwerwe wat jy besoek
het sedert jou skerm die laaste keer
gesluit was.
Nokia 2.4 Gebruikergids
4 Basiese beginsels
VERPERSOONLIK JOU FOON
Verander jou muurpapier
Tik op Instellings > Skerm > Muurpapier .
Verander jou foon se luitoon
Tik op Instellings > Klank > SIM1-foonluitoon of SIM2-foonluitoon , en kies die toon.
Verander jou boodskapkennisgewingklank
Tik op Instellings > Klank > Gevorderd > Verstek kennisgewingklank .
KENNISGEWINGS
Gebruik die kennisgewing-paneel
Wanneer jy nuwe kennisgewings soos boodskappe of gemisde oproepe kry, verskyn liggieikone op die statusbalk bo-aan die skerm. Om meer inligting oor die kennisgewings te sien,
sleep die statusbalk afwaarts. Om die aansig toe te maak, vee opwaarts op die skerm.
Om die kennisgewingpaneel oop te maak, sleep die statusbalk afwaarts. Om die
kennisgewingpaneel toe te maak, vee opwaarts op die skerm.
Om die kennisgewinginstellings van ’n toepassing te verander, tik op Instellings >
Toepassings en kennisgewings > en tik op die toepassingnaam om die toepassinginstellings
oop te maak. Tik op Kennisgewings . Jy kan die kennisgewings individueel per toepassing aanof afskakel.
Tik op die kitsinstelling-ikone op die kennisgewingpaneel om funksies te aktiveer. Om nog
ikone te sien, sleep die kieslys af.
Om ikone te herrangskik, tik op , druk-en-hou ’n ikoon, en sleep dit dan na ´n ander plek.
BEHEER VOLUME
Verander die volume
As jy in ’n raserige omgewing sukkel om jou foon te hoor lui, of as oproepe te hard is, kan jy die
volume via die volumeknoppies aan die sykant van jou foon verander soos dit jou pas.
Moenie aan produkte wat ’n afvoersein skep koppel nie, want dit kan dalk die toestel beskadig.
Moenie enige spanningsbron (volt) aan die oudio-sok koppel nie. As jy ’n eksterne toestel of
oorfone aan die oudio-sok koppel benewens dié wat vir gebruik met hierdie toestel goedgekeur
is, let veral op die volume.
Verander die volume vir media en toepassings
Druk ’n volumeknoppie aan die sykant van jou foon om die volume-statusbalk te sien, tik op
en sleep die skuifbalk op die volumebalk vir media en toepassings na links of regs.
Stel die foon na stil
Om die foon na stil te stel, druk die volumeknoppie af, tik op om jou foon na vibreer alleenlik
te stel en tik op om dit na stil te stel.