Belangrik: Vir belangrike inligting oor die veilige gebruik van jou toestel en battery, lees
die inligting oor “Vir jou veiligheid” en “Produkveiligheid” in jou gedrukte gebruikersgids of
by www.nokia.com/support voordat jy die toestel gebruik. Om uit te vind hoe om jou nuwe
toestel te begin gebruik, lees die gedrukte gebruikersgids.
Hou jou foon opgedateer en aanvaar beskikbare sagteware-opdaterings om nuwe en
verbeterde funksies vir jou foon te kry. Opdatering van die sagteware kan ook jou foon se
werking verbeter.
KNOPPIES EN DELE
Jou foon
Die gebruikersgids is op die volgende modelle van toepassing: TA-1206, TA-1211, TA-1214,
TA-1194, TA-1209.
Sommige toebehore wat in hierdie gebruikersgids genoem word, bv. laaier, oorfone of
datakabel, kan afsonderlik verkoop word.
*Die Google Assistent is beskikbaar in geselekteerde markte en tale. Waar dit onbeskikbaar
is, word Google Assistent deur Google Soek vervang. Gaan beskikbaarheid na by
https://support.google.com/assistant.
Dele, verbindings en magnetisme
Moenie aan produkte wat ’n afvoersein skep verbind nie, want dit kan die toestel beskadig.
Moenie enige spanningsbron (volt) aan die oudio-sok koppel nie. As jy ’n eksterne toestel of ’n
oorfone aan die oudio-sok koppel benewens dié wat vir gebruik met hierdie toestel goedgekeur
is, let veral op die volume.
Dele van die toestel is magneties. Metaalagtige materiale kan dalk na die toestel aangetrek
word. Moenie kredietkaarte of ander magnetiese streepkaarte naby die toestel plaas vir lang
tydperiodes nie, aangesien die kaarte beskadig kan word.
VOER DIE SIM- EN GEHEUEKAART IN
Voer die kaarte in
1. Maak die SIM-kaartlaaitjie oop: druk die laaitjieoopmaker se pennetjie in die laaigaatjie en
skuif die laaitjie uit.
2. Steek die nano-SIM in gleuf 1 op die laaitjie, met die kontakarea na onder. As jy ’n dubbelSIM-foon het, plaas die tweede SIM in gleuf 2.
3. As jy ’n geheuekaart het, plaas dit in die geheuekaartgleuf.
4. Gly die laai weer in.
Gebruik net oorspronklike nano-SIM-kaarte. Die gebruik van onversoenbare SIM-kaarte, kan die
kaart of toestel beskadig, en kan data wat op die kaart gestoor is, korrupteer.
Gebruik slegs versoenbare geheuekaarte wat vir gebruik met hierdie toestel goedgekeur is.
Onversoenbare kaarte kan dalk die kaart en die toestel beskadig, en kan data op die kaart
korrupteer.
HERLAAI JOU FOON
Herlaai die battery
1. Prop ’n versoenbare herlaaier by ’n muurprop in.
2. Koppel die kabel aan jou foon.
Jou foon gebruik die USB mikro-B-kabel. Jy kan ook jou foon met ’n USB-kabel via ’n rekenaar
herlaai, maar kan dalk langer neem.
As die battery heeltemal leeg is, kan dit dalk verskeie minute neem voordat die herlaaierliggie
aan gaan.
SKAKEL JOU FOON AAN EN STEL DIT OP
Wanneer jy jou foon vir die eerste keer aanskakel, sal jou foon jou lei om jou
netwerkverbindings en fooninstellings op te stel.
Skakel jou foon aan
1. Om jou foon aan te skakel, druk-en-hou die krag-knoppie totdat die foon vibreer.
2. Wanneer die foon aangeskakel het, kies jou taal en streek.
Jy kan data vanaf ’n ou foon na jou nuwe foon oordra met jou Google-rekening.
Om data wat op jou ou foon is, na jou Google-rekening te rugsteun, verwys na jou ou foon se
gebruikersgids.
1. Tik op Instellings > Rekeninge > Voeg rekening by > Google .
2. Kies watter data jy op jou nuwe foon wil teruglaai. Die sinkronisering begin outomaties
sodra jou foon aan die internet verbind.
Laai toepassinginstellings van jou vorige Android™-foon af terug
As jou vorige toestel ’n Android was, en rugsteuning na ’n Google rekening daarop geaktiveer is,
kan jy toepassinginstellings en Wi-Fi-wagwoorde teruglaai.
1. Tik op Instellings > Stelsel > Rugsteun .
2. Wissel Rugsteun na Google Drive na Aan .
DUBBEL-SIM-INSTELLINGS
As jy ´n dubbel-SIM-variant het, kan jy twee SIM’s in jou foon hê, byvoorbeeld een vir jou werk
en een vir persoonlike gebruik.
Let wel: Op dubbel-SIM-toestelle werk beide die SIM1- en SIM2-gleuwe met 4G-netwerke.
As beide SIM1 en SIM2-kaarte egter LTE-SIM-kaarte is, werk die primêre SIM-kaart met
4G/3G/2G-netwerke en die sekondêre SIM-kaart werk net met 3G/2G-netwerke. Vir meer
inligting oor jou SIM-kaarte, kontak jou diensverskaffer.
Kies watter SIM om te gebruik
As jy byvoorbeeld ’n oproep maak, kan jy kies watter SIM om te gebruik, deur die SIM 1- of SIM
2-knoppie te druk nadat jy die nommer ingetik het.
Jou foon wys die netwerkstatus vir beide SIM’s afsonderlik. Albei SIM-kaarte is terselfdertyd
beskikbaar wanneer die toestel nie gebruik word nie, maar terwyl een SIM-kaart aktief is
(byvoorbeeld wanneer jy ’n oproep maak), kan die ander een dalk onbeskikbaar wees.
Bestuur jou SIM’s
Wil jy keer dat werk met jou vrye tyd inmeng? Of het jy dalk ’n goedkoper dataverbinding op
een SIM? Jy kan besluit watter SIM jy wil gebruik.
Tik op Instellings > Netwerk en Internet > SIM-kaarte .
Die skerm draai outomaties wanneer jy die foon 90 grade draai.
Om die skerm in portret-modus te sluit, vee na onder vanaf die bokant van die skerm, en tik
Outo-roteer .
Gebruik die navigeerknoppies
• Om al jou toepassings te sien, vee die
tuisknoppie op en vee weer op.
• Om na die tuisskerm te gaan, tik op die
tuisknoppie. Die toepassing waarin jy was,
bly in die agtergrond oop.
• Om te sien watter toepassings jy oop het,
vee die tuisknoppie op.
• Om na ’n ander oop toepassing te wissel,
vee regs.
• Om ’n toepassing toe te maak, vee dit op.
• Om al die oop toepassings toe te maak,
vee regs deur alle toepassings en tik
MAAK ALLES SKOON .
• Om na die vorige skerm terug te keer
waar jy was, tik op die terug-knoppie .
Jou foon onthou al die toepassings en
webwerwe wat jy besoek het sedert jou
skerm die vorige keer gesluit was.
2. Tik SIM1-foonluitoon of > SIM2-foonluitoon om die luitoon vir onderskeie SIM’s te kies.
Verander jou boodskap-kennisgewingklank
Tik op Instellings > Klank > Verstek kennisgewingklank .
KENNISGEWINGS
Bly in voeling met wat op jou foon gebeur danksy kennisgewings.
Gebruik die kennisgewing-paneel
Wanneer jy nuwe kennisgewings soos boodskappe of gemisde oproepe kry, verskyn liggieikone op die statusbalk bo-aan die skerm. Om meer inligting oor die kennisgewings te sien,
sleep die statusbalk afwaarts. Om die aansig toe te maak, vee opwaarts op die skerm.
Om die kennisgewingpaneel oop te maak, sleep die statusbalk afwaarts. Om die
kennisgewingpaneel toe te maak, vee opwaarts op die skerm.
Om die kennisgewinginstellings van ’n toepassing te verander, tik op Instellings >
Toepassings en kennisgewings > en tik op die toepassingnaam om die toepassinginstellings
oop te maak. Tik op Kennisgewings . Jy kan die kennisgewings individueel per toepassing aanof afskakel.
__Wenk:__Om kennisgewingkolletjies te sien, tik op Instellings >
Toepassings en kennisgewings > Kennisgewings en wissel Laat kennisgewingkolletjies toe
na aan. ’n Klein kolletjie sal op die toepassing-ikoon verskyn as jy ’n kennisgewing het waaraan
jy nog nie aandag gegee het nie. Tik op die ikoon en hou dit in om beskikbare opsies te sien.
Jy kan op die kennisgewing tik om dit oop te maak, of vee om te ignoreer.
Tik op die kitsinstelling-ikone op die kennisgewingpaneel om funksies te aktiveer. Om nog
ikone te sien, sleep die kieslys af.
Om ikone te herrangskik, tik op , druk-en-hou ’n ikoon, en sleep dit dan na ´n ander plek.
BEHEER VOLUME
Verander die volume
As jy in ’n raserige omgewing sukkel om jou foon te hoor lui, of as oproepe te hard is, kan jy die
volume via die volumeknoppies aan die sykant van jou foon verander soos dit jou pas.
Moenie aan produkte wat ’n afvoersein skep koppel nie, want dit kan dalk die toestel beskadig.
Moenie enige spanningsbron (volt) aan die oudio-sok koppel nie. As jy ’n eksterne toestel of
oorfone aan die oudio-sok koppel benewens dié wat vir gebruik met hierdie toestel goedgekeur
is, let veral op die volume.
Verander die volume vir media en toepassings
Druk ’n volumeknoppie aan die sykant van jou foon om die volume-statusbalk te sien, tik op
en sleep die skuifbalk op die volumebalk vir media en toepassings na links of regs.
Stel die foon na stil
Om die foon na stil te stel, druk die volumeknoppie af, tik op om jou foon na vibreer alleenlik
te stel en tik op om dit na stil te stel.
Wenk: Wat jy moet doen as jy nie jou foon in stilmodus wil hou nie, maar jy nie op die oomblik
kan antwoord nie. Om ’n inkomende oproep stil te maak, druk die volume-af-knoppie. Jy
kan ook jou foon stel om die luitoon te demp wanneer jy die foon optel: Tik op Instellings >
Stelsel > Gebare > Volume stil met optel , en skakel dit aan.
As jy ʼn inkomende oproep wil weier deur die foon om te draai, tik op Instellings > Stelsel >
Gebare > Draai om om oproep te weier , en skakel dit aan.
OUTOMATIESE TEKSKORREKSIE
Vind uit hoe om teks vinnig en doeltreffend via jou foon se sleutelbord te tik.
Gebruik sleutelbord-woordvoorstelle
Jou foon stel woorde voor terwyl jy skryf, om jou te help om vinnig en akkuraat te skryf.
Woordvoorstelle is dalk nie in alle tale beskikbaar nie.
Wanneer jy ’n woord begin skryf, stel jou foon moontlike woorde voor. Wanneer die woord wat
jy wil hê, in die voorstelbalk staan, kies die woord. Om meer voorstelle te sien, druk-en-hou die
voorstel.
Wenk: As die voorgestelde woord in vetdruk gemerk is, gebruik jou foon dit outomaties om
die woord wat jy geskryf het, te vervang. As die woord verkeerd is, druk-en-hou dit om ander
voorstelle te sien.
Indien jy nie die sleutelbord wil gebruik om woorde voor te stel terwyl jy tik nie, skakel
tekskorrigering af. Tik op Instellings > Stelsel > Tale en invoer > Virtuele sleutelbord .
Kies die sleutelbord wat jy gewoonlik gebruik. Tik op Tekskorrigering en skakel die
tekskorrigering-metodes af wat jy nie wil gebruik nie.
Korrigeer ’n woord
As jy agterkom dat jy ’n woord verkeerd gespel het, tik daarop om voorstelle te sien om die
woord te korrigeer.
Skakel speltoetser af
Tik Instellings > Stelsel > Tale en invoer > Gevorderde > Speltoetser , en skakel
Gebruik speltoetser af.
DIE GOOGLE ASSISTENT
Die Google Assistent is slegs beskikbaar in geselekteerde markte en tale. Waar dit
onbeskikbaar is, word Google Assistent deur Google Soek vervang. Die Google Assistent
kan jou help om byvoorbeeld inligting aanlyn te soek, woorde en sinne te vertaal, notas en
kalenderafsprake te maak. Jy kan die Google Assistent gebruik selfs wanneer jou foon gesluit
is. Google Assistent vra jou wel om jou foon te ontsluit voordat toegang tot jou privaatdata
verkry word.