Belangrik: Vir belangrike inligting oor die veilige gebruik van jou toestel en battery, lees
die inligting oor “Vir jou veiligheid” en “Produkveiligheid” in jou gedrukte gebruikersgids of
by www.nokia.com/support voordat jy die toestel gebruik. Om uit te vind hoe om jou nuwe
toestel te begin gebruik, lees die gedrukte gebruikersgids.
Hou jou foon opgedateer en aanvaar beskikbare sagteware-opdaterings om nuwe en
verbeterde funksies vir jou foon te kry. Opdatering van die sagteware kan ook jou foon se
werking verbeter.
KNOPPIES EN DELE
Verken die knoppies en dele van jou nuwe foon.
Jou foon
Die gebruikersgids is op die volgende modelle van toepassing: TA-1188, TA-1191, TA-1179, en
TA-1183.
Sommige toebehore wat in hierdie gebruikersgids genoem word, bv. laaier, oorfone of
datakabel, kan afsonderlik verkoop word.
*Die Google Assistent is beskikbaar in geselekteerde markte en tale. Waar dit nie beskikbaar is
nie, word Google Assistent deur Google Search vervang.
Dele, verbindings en magnetisme
Moenie aan produkte wat ’n afvoersein skep verbind nie, want dit kan die toestel beskadig.
Moenie enige spanningsbron (volt) aan die oudio-sok koppel nie. As jy ’n eksterne toestel of ’n
oorfone aan die oudio-sok koppel benewens dié wat vir gebruik met hierdie toestel goedgekeur
is, let veral op die volume.
Dele van die toestel is magneties. Metaalagtige materiale kan dalk na die toestel aangetrek
word. Moenie kredietkaarte of ander magnetiese streepkaarte naby die toestel plaas vir lang
tydperiodes nie, aangesien die kaarte beskadig kan word.
1. Met die foon wat omgedraai is, plaas jou vingernael in die gleuf op die kant van die foon,
buig die agterste omslag oop en verwyder dit.
2. Gly die nano-SIM in gleuf 1 met die kontakarea wat na onder wys. As jy ’n tweede SIM het,
gly dit in gleuf 2.
3. As jy ’n mikroSD-geheuekaart het, gly die kaart in die geheuekaart-gleuf.
Om die SIM1-kaart te verwyder, gly die hefboom in die SIM1-gleuf na links en verwyder die
kaart. Om die SIM2 en geheuekaarte te verwyder, gly dit net uit.
Gebruik net oorspronklike nano-SIM-kaarte. Die gebruik van onversoenbare SIM-kaarte, kan die
kaart of toestel beskadig, en kan data wat op die kaart gestoor is, korrupteer.
Gebruik slegs versoenbare geheuekaarte wat vir gebruik met hierdie toestel goedgekeur is.
Onversoenbare kaarte kan dalk die kaart en die toestel beskadig, en kan data op die kaart
korrupteer.
Belangrik: Moenie ʼn geheukaart verwyder terwyl ʼn toepassing dit gebruik nie. Dit kan die
geheuekaart en die toestel beskadig, en kan data wat op die kaart gestoor is, korrupteer.
Wenk: Gebruik ’n vinnige, tot en met 400 GB mikroSD-geheuekaart van ’n bekende
vervaardiger.
HERLAAI JOU FOON
Herlaai die battery
1. Prop ’n versoenbare herlaaier by ’n muurprop in.
2. Koppel die kabel aan jou foon.
Jou foon gebruik die USB mikro-B-kabel. Jy kan ook jou foon met ’n USB-kabel via ’n rekenaar
herlaai, maar kan dalk langer neem.
As die battery heeltemal leeg is, kan dit dalk verskeie minute neem voordat die herlaaierliggie
aan gaan.
Wanneer jy jou foon vir die eerste keer aanskakel, sal jou foon jou lei om jou
netwerkverbindings en fooninstellings op te stel.
Skakel jou foon aan
1. Om jou foon aan te skakel, druk en hou die kragsleutel.
2. Wanneer die foon aangeskakel het, kies jou taal en streek.
3. Volg die instruksies op jou foon.
Dra data van jou vorige foon af oor
Jy kan data vanaf ’n ou foon na jou nuwe foon oordra met jou Google-rekening.
Om data wat op jou ou foon is, na jou Google-rekening te rugsteun, verwys na jou ou foon se
gebruikersgids.
1. Tik op Instellings > Rekeninge > Voeg rekening by > Google .
2. Kies watter data jy op jou nuwe foon wil teruglaai. Die sinkronisering begin outomaties
sodra jou foon aan die internet verbind.
Herstel toepinstellings van jou vorige Android™-foon
As jou vorige foon ’n Android was, en rugsteun na Google-rekening is daarop geaktiveer, kan jy
jou toepinstellings en Wi-Fi-wagwoorde herstel.
1. Tik op Instellings > Stelsel > Rugsteun .
2. Skakel Rugsteun na Google Drive aan.
DUBBEL-SIM-INSTELLINGS
As jy ´n dubbel-SIM-variant het, kan jy twee SIM’s in jou foon hê, byvoorbeeld een vir jou werk
en een vir persoonlike gebruik.
Kies watter SIM om te gebruik
As jy byvoorbeeld ’n oproep maak, kan jy kies watter SIM om te gebruik, deur die SIM 1- of SIM
2-knoppie te druk nadat jy die nommer ingetik het.
Jou foon wys die netwerkstatus vir beide SIM’s afsonderlik. Albei SIM-kaarte is terselfdertyd
beskikbaar wanneer die toestel nie gebruik word nie, maar terwyl een SIM-kaart aktief is
(byvoorbeeld wanneer jy ’n oproep maak), kan die ander een dalk onbeskikbaar wees.
Die skerm draai outomaties wanneer jy die foon 90 grade draai.
Om die skerm in portret-modus te sluit, vee na onder vanaf die bokant van die skerm, en tik
Outo-roteer .
Gebruik die navigeerknoppies
• Om al jou toeps te sien, vee op vanaf die
tuissleutel en vee dit dan weer op.
• Om na die tuisskerm te gaan, tik op die
tuissleutel. Die toepassing waarin jy was,
bly in die agtergrond oop.
• Om te sien watter toeps jy oop het, vee op
vanaf die tuissleutel.
• Om na ’n ander oop toepassing oor te
skakel, vee na regs.
• Om ’n toep toe te maak, vee dit op.
• Om al die oop toeps toe te maak,
vee regs deur al die toeps, en tik
MAAK ALLES SKOON .
• Om terug te gaan na die vorige skerm
waarin jy was, tik die terug-sleutel .
Jou foon onthou al die toepassings en
webwerwe wat jy besoek het sedert jou
skerm die vorige keer gesluit was.
Vind uit hoe om die tuisskerm te verpersoonlik en hoe om luitone te verander.
Verander jou muurpapier
Tik op Instellings > Skerm > Muurpapier .
Verander jou foon se luitoon
1. Tik op Instellings > Klank .
2. Tik op Foonluitoon-sim1 of > Foonluitoon-sim2 om die luitoon vir onderskeie SIM’e te
kies.
Verander jou boodskapkennisgewingklank
Tik op Instellings > Klank > Gevorderd > Verstek kennisgewingklank .
KENNISGEWINGS
Bly in voeling met wat op jou foon gebeur danksy kennisgewings.
Gebruik die kennisgewing-paneel
Wanneer jy nuwe kennisgewings soos boodskappe of gemisde oproepe kry, verskyn liggieikone op die statusbalk bo-aan die skerm. Om meer inligting oor die kennisgewings te sien,
sleep die statusbalk afwaarts. Om die aansig toe te maak, vee opwaarts op die skerm.
Om die kennisgewingpaneel oop te maak, sleep die statusbalk afwaarts. Om die
kennisgewingpaneel toe te maak, vee opwaarts op die skerm.
Om die kennisgewinginstellings van ’n toepassing te verander, tik op Instellings >
Toepassings en kennisgewings > en tik op die toepassingnaam om die toepassinginstellings
oop te maak. Tik op Kennisgewings . Jy kan die kennisgewings individueel per toepassing aanof afskakel.
__Wenk:__Om kennisgewingkolletjies te sien, tik op Instellings >
Toepassings en kennisgewings > Kennisgewings en wissel Laat kennisgewingkolletjies toe
na aan. ’n Klein kolletjie sal op die toepassing-ikoon verskyn as jy ’n kennisgewing het waaraan
jy nog nie aandag gegee het nie. Tik op die ikoon en hou dit in om beskikbare opsies te sien.
Jy kan op die kennisgewing tik om dit oop te maak, of vee om te ignoreer.
Tik op die kitsinstelling-ikone op die kennisgewingpaneel om funksies te aktiveer. Om nog
ikone te sien, sleep die kieslys af.
Om ikone te herrangskik, tik op , druk-en-hou ’n ikoon, en sleep dit dan na ´n ander plek.
BEHEER VOLUME
Verander die volume
As jy in ’n raserige omgewing sukkel om jou foon te hoor lui, of as oproepe te hard is, kan jy die
volume via die volumeknoppies aan die sykant van jou foon verander soos dit jou pas.
Moenie aan produkte wat ’n afvoersein skep koppel nie, want dit kan dalk die toestel beskadig.
Moenie enige spanningsbron (volt) aan die oudio-sok koppel nie. As jy ’n eksterne toestel of
oorfone aan die oudio-sok koppel benewens dié wat vir gebruik met hierdie toestel goedgekeur
is, let veral op die volume.
Verander die volume vir media en toepassings
Druk ’n volumeknoppie aan die sykant van jou foon om die volume-statusbalk te sien, tik op
en sleep die skuifbalk op die volumebalk vir media en toepassings na links of regs.
Stel die foon na stil
Om die foon na stil te stel, druk die volumeknoppie af, tik op om jou foon na vibreer alleenlik
te stel en tik op om dit na stil te stel.
Wenk: Wat jy moet doen as jy nie jou foon in stilmodus wil hou nie, maar jy nie op die oomblik
kan antwoord nie. Om ’n inkomende oproep stil te maak, druk die volume-af-knoppie. Jy
kan ook jou foon stel om die luitoon te demp wanneer jy die foon optel: Tik op Instellings >
Stelsel > Gebare > Volume stil met optel , en skakel dit aan.
As jy ʼn inkomende oproep wil weier deur die foon om te draai, tik op Instellings > Stelsel >
Gebare > Draai om om oproep te weier , en skakel dit aan.
OUTOMATIESE TEKSKORREKSIE
Vind uit hoe om teks vinnig en doeltreffend via jou foon se sleutelbord te tik.
Gebruik sleutelbord-woordvoorstelle
Jou foon stel woorde voor terwyl jy skryf, om jou te help om vinnig en akkuraat te skryf.
Woordvoorstelle is dalk nie in alle tale beskikbaar nie.
Wanneer jy ’n woord begin skryf, stel jou foon moontlike woorde voor. Wanneer die woord wat
jy wil hê, in die voorstelbalk staan, kies die woord. Om meer voorstelle te sien, druk-en-hou die
voorstel.
Wenk: As die voorgestelde woord in vetdruk gemerk is, gebruik jou foon dit outomaties om
die woord wat jy geskryf het, te vervang. As die woord verkeerd is, druk-en-hou dit om ander
voorstelle te sien.
Indien jy nie die sleutelbord wil gebruik om woorde voor te stel terwyl jy tik nie, skakel
tekskorrigering af. Tik op Instellings > Stelsel > Tale en invoer > Virtuele sleutelbord .
Kies die sleutelbord wat jy gewoonlik gebruik. Tik op Tekskorrigering en skakel die
tekskorrigering-metodes af wat jy nie wil gebruik nie.
Korrigeer ’n woord
As jy agterkom dat jy ’n woord verkeerd gespel het, tik daarop om voorstelle te sien om die
woord te korrigeer.
Skakel speltoetser af
Tik Instellings > Stelsel > Tale en invoer > Gevorderde > Speltoetser , en skakel
Gebruik speltoetser af.
GOOGLE ASSISTENT
Die Google Assistent is slegs beskikbaar in geselekteerde markte en tale. Waar dit nie
beskikbaar is nie, word Google Assistent deur Google Search vervang. Die Google Assistent
kan jou byvoorbeeld help om inligting aanlyn te soek, woorde en sinne te vertaal, notas en
kalenderafsprake te maak. Jy kan die Google Assistent gebruik selfs wanneer jou foon gesluit
is. Die Google Assistent vra jou egter om jou foon te ontsluit voordat toegang tot jou private
data verkry word.