Tik hierdie knoppie op jou iPhone om die TomTom app te begin.
Die taal wat vir knoppies en kieslyste in die TomTom app gebruik word,
is dieselfde taal wat jy in die iPhone-instellings gekies het.
TomTom
Werk jou app by
As jy 'n ou weergawe van die TomTom app op jou iPhone of iPod Touch het, moet jy die
jongste weergawe van die app kry voor jy hierdie gids verder lees.
Om die jongste weergawe van die TomTom app op jou iPhone of iPod Touch af te laai en
te installeer, gaan na die Apple App Winkel.
GPS-ontvangs
Die iPod Touch en sekere modelle van die iPhone het nie 'n GPS-ontvanger nie. Om
hierdie toestelle vir navigasie te gebruik moet jy hulle met 'n GPS-bykomstigheid soos die
TomTom-motorstel gebruik.
Die TomTom-motorstel bevat 'n GPS-ontvanger en het 'n luidspreker om
navigeerinstruksies te speel. Die iPhone-weergawe het ook 'n mikrofoon om handevryoproepe te maak.
Ons beveel aan dat jy die TomTom-motorstel met die iPhone en die iPhone Touch gebruik.
Vir meer inligting, gaan na iphone.tomtom.com.
Wanneer jy die TomTom app die eerste keer begin, kan dit 'n rukkie neem om jou GPSposisie te vind en jou huidige ligging op die kaart te wys.
Om seker te maak dat jy 'n g oeie GPS-ontvangs het, gebruik jou toestel buitemuurs. Groot
voorwerpe soos hoë geboue kan soms met die ontvangs inmeng.
Belangrik: TomTom app kan nie roete-instruksies gee voor dit GPS-ontvangs het nie.
As jou toestel geen GPS-ontvangs het nie, gebruik TomTom app posisioneerinligting uit
WiFi-netwerke of selfoontorings. Hierdie inligting word vir roetebeplanning gebruik en om
jou benaderde ligging te bepaal.
2
'n Roete beplan2.
'n
Roete
beplan Belangrik: In die belang van veiligheid, en om nie jou aandag af te trek terwyl jy bestuur
nie, moet jy altyd 'n roete beplan vóór jy begin ry.
Om 'n roete te beplan met jou TomTom app, doen as volg:
1. Tik die skerm om die hoofkieslys te open.
2. Tik Navigeer na...
3. Tik Adres.
Wenk: Wanneer jy vir die eerste keer 'n roete beplan, vra die TomTom app jou om 'n
deelstaat of land te kies. Jou keuse word gestoor en vir alle roetes wat jy beplan, gebruik.
Jy kan hierdie instelling verander wanneer jy 'n adres tik, deur die landsvlag te tik voor jy
die stad se naam intik.
4. Begin om die naam van die dorpwaarheen jy wil gaan in te tik.
Soos wat jy tik, verskyn name wat pas by die naam wat jy besig is om in te tik. Wanneer
jou bestemming op die lys verskyn, tik die naam van die dorp om dit as die bestemming
in te stel.
5. Begin die naam van die straat intik.
Net soos met plekname verskyn name wat pas by die naam wat jy besig is om in te tik.
Wanneer jou bestemming op die lys verskyn, tik die naam van die straat om dit as die
bestemming te stel.
Wenk: Die sleutelbord verdwyn outomaties wanneer jy deur die soekresultate rol. So kan
jy méér resultate op die skerm sien.
6. Tik die huisnommer in en tik Kies.
Jy kan ook die punt kies waar twee strate by mekaar kom deur Kruising te tik.
Die roete word dan bereken.
3
By verstek word die vinnigste roete beplan. Jy kan hierdie instelling in die
'Roetebeplanning-instellings'-kieslys verander.
As IQ Routes vir jou kaart beskikbaar is, kan hierdie inligting gebruik word om die beste
moontlike roete te beplan deur die werklike gemiddelde spoed op die paaie in ag te
neem.
7. Wanneer die nuwe roete gewys word, tik Klaar.
Die TomTom app begin dan om jou na jou bestemming te lei, met gesproke instruksies
en aanwysings op die skerm.
Roete-opsomming
Nadat jy 'n roete beplan het, wys 'n opsomming van die roete.
Die roeteopsomming is 'n oorsig van jou roete op die kaart en die geraamde reistyd,
insluitend vertragings van besige paaie. As jy 'n TomTom Traffic-intekening het, sluit die
geraamde reistyd vertragings in vanweë verkeersinsidente op jou roete.
Jy kan die roeteopsomming te enige tyd sien deur regs van die statusbalk onderaan die
ritaansig te tik.
Deel jou roete
Nadat jy 'n roete beplan het, kan jy 'n opsomming van jou roete met vriende en kollegas
per e-pos deel.
4
Om jou roete te deel, maak seker jou toestel is opgestel om e-pos te kan stuur, en doen as
volg:
1. Tik Roete-opsies in die hoofkieslys.
2. Tik Deel my roete.
3. Tik 'n e-posadres in vir almal wat jy wil hê die roete moet sien.
4. Tik Stuur.
'n Opsomming van jou roete word dan per e-pos gestuur. Die e-pos bevat skakels vir 'n
blaaier, waarmee die ontvangers die beginpunt en bestemming van jou roete met die
TomTom app, iPhone Maps app of 'n internetblaaier kan sien.
Ander bestemming-opsies
Wanneer jy Navigeer na... tik, kan jy jou bestemming op die volgende maniere instel:
Tik hierdie knoppie om 'n roete te beplan na jou huisligging.
Om jou huisligging in te stel, tik Huis op die Instellings-kieslys.
Huis
Tik hierdie knoppie om 'n gunsteling as jou bestemming te kies.
Om gunsteling liggings by te voeg, tik Bestuur gunstelinge in die
Gunsteling
hoofkieslys, en tik dan Voeg gunsteling by.
Adres
Onlangse
bestemming
Plaaslike
soektog
Tik hierdie knoppie om 'n adres as jou bestemming in te vul.
Tik hierdie knoppie om jou bestemming te kies uit 'n lys plekke wat jy
onlangs as bestemmings gebruik het.
Tik hierdie knoppie om 'n internetsoektog van die plaaslike area te
doen en die ligging van een van die soekresultate as jou bestemming
te gebruik.
5
Plek van belang
Kontak
Poskode
Punt op kaart
Koördinate
Tik hierdie knoppie om na 'n plek van belang (PVB) te navigeer.
Tik hierdie knop om 'n roete te beplan na die adres van 'n kontak in
jou adresboek.
Tik hierdie knoppie om 'n poskode as jou bestemming in te vul.
Let wel: Inligting oor poskodes is net beskikbaar vir adresse in die
VK en Nederland.
Tik hierdie knoppie om met die kaartblaaier 'n punt op die kaart as jou
bestemming te kies.
Tik hierdie knoppie om die kaartkoördinate van 'n ligging op die kaart
as jou bestemming in te tik.
Vind alternatiewe roetes
Sodra jy 'n roete beplan het, wil jy soms iets oor die roete verander sonder om die
bestemming te verander.
Hier is 'n paar redes waarom dit slim is om 'n alternatiewe roete te vind:
• Jy sien 'n padblokkade of 'n verkeersopeenhoping voor.
• Jy wil via 'n sekere ligging ry om iemand op te tel, vir ete oor te staan, of petrol in te gooi.
• Jy wil 'n moeilike kruising of 'n besige, nóú straat vermy.
Om jou roete te wysig, tik Kry alternatief... in die Roete-opsies-
kieslys.
Kry alternatief
Jy kan die roete-opsies as volg open:
•Tik Roete-opsies in die hoofkieslys.
Wenk: Roete-opsies is net beskikbaar as jy reeds 'n roete beplan
het.
•Tik Opsies op die roeteopsomming-skerm nadat jy 'n roete beplan
het.
• Tik aan die regterkant van die statusbalk in die ritaansig om die
roeteopsomming-skerm te open, en tik dan Opsies.
Kies dan een van die volgende opsies:
Tik hierdie knoppie om jou roete te herbeplan, gebaseer op die
jongste verkeersinligting.
Minimeer
vertragings
Hierdie knoppie wys net as jy 'n intekening op TomTom Traffic het.
6
Bereken
alternatief
Herbereken
oorspronklike
Vermy
padblokkade
Tik hierdie knoppie om 'n alternatief tot die huidige roete te bereken.
Die TomTom app soek 'n ander roete vanaf jou huidige ligging na jou
bestemming.
As jy besluit dat jy tóg die oorspronklike roete wil ry, tik Herbereken oorspronklike.
Behalwe vir die paaie digby jou posisie en digby jou bestemming,
gebruik die nuwe roete totaal ander paaie om jou bestemming te
bereik. Dis 'n makliker manier om 'n totaal ander roete te beplan.
Tik hierdie knoppie om na die oorspronklike roete terug te keer. Dit
ignoreer enige vorige instruksies wat jy gegee het om padblokkades
te vermy of via 'n sekere ligging te ry.
Tik hierdie knoppie as jy 'n padblokkade of 'n verkeersopeenhoping
voor sien. Dan kan jy kies watter gedeelte van die roete voor jy wil
vermy.
Kies uit die verskillende opsies beskikbaar. Die TomTom app
herbereken jou roete maar vermy die deel van die roete vir die
afstand wat jy gekies het.
Onthou, sodra 'n nuwe roete bereken is, moet jy moontlik baie gou
daarna afdraai van die pad waarop jy is.
As die padblokkade skielik opklaar, tik Herbereken oorspronklike om
na jou oorspronklike roete terug te keer.
Tik hierdie knoppie om jou roete te verander sodat dit deur 'n sekere
ligging ry, soos as jy iemand op pad wil optel. Wanneer jy dit doen,
wys 'n merker op die kaart vir die ligging waardeur jy kies om te reis.
Reis via...
Mens kies die ligging waardeur jy wil ry op dieselfde manier wat jy 'n
bestemming kies. Dit beteken dat jy uit al dieselfde opsies kan kies
waaruit jy kan kies as jy 'n bestemming kies, soos adres, gunsteling, plek van belang en punt op kaart.
Die TomTom app bereken 'n nuwe roete na jou bestemming wat deur
die ligging ry wat jy gekies het. Anders as met jou finale bestemming
lig die TomTom app jou nie in wanneer jy deur hierdie ligging ry nie.
Tik hierdie knoppie om 'n deel van die roete te vermy. Gebruik
hierdie knoppie as jy besef dat jou roete 'n pad of kruising insluit
waarvan jy nie hou nie, of wat bekend is vir verkeersprobleme.
Vermy deel van
die roete
Kies dan die pad wat jy wil vermy uit 'n lys van die paaie op jou
roete.
Om 'n roete vooruit te beplan
Jy kan die TomTom app gebruik om 'n roete vooruit te beplan deur jou beginpunt en jou
bestemming te kies.
Hier is 'n paar redes waarom dit slim is om 'n roete vooruit te beplan:
• Vind uit hoe lank 'n reis gaan duur nog voor jy daarmee begin.
Jy kan ook die reistye vir dieselfde roete op verskillende tye van die dag of op
verskillende dae van die week met mekaar vergelyk. Die TomTom app gebruik IQ
7
Routes om 'n roete te beplan. IQ Routes bereken roetes gebaseer op die werklike
gemiddelde spoed wat op paaie gemeet is.
• Kontroleer die roete van 'n reis wat jy beplan.
• Kontroleer 'n roete vir iemand wat jou kom besoek, en deel die roete met hulle.
Om 'n roete vooruit te beplan, doen as volg:
1. Tik die skerm om die hoofkieslys te open.
2. Tik Gevorderde beplanning.
Gevorderde beplanning
3. Kies die beginpunt vir jou reis op dieselfde manier as wat jy jou bestemming sou kies.
4. Stel die bestemming van jou reis.
5. Kies die soort roetes wat beplan moet word.
• Vinnigste roete - die roete wat die minste tyd neem.
• Ekoroete - die mees brandstofdoeltreffende roete.
• Kortste roete - die kortste afstand tussen die liggings wat jy instel. Dit is dalk nie die
vinnigste roete nie, veral as die kortste roete deur 'n dorp of stad is.
• Vermy snelweë - 'n roete wat snelweë vermy.
• Staproete - 'n roete wat beplan is om die reis te voet te onderneem.
• Fietsroete - 'n roete wat beplan is om die reis per fiets te onderneem.
• Beperkte spoed - 'n roete vir 'n voertuig wat net 'n sekere beperkte spoed kan ry. Jy
moet die maksimum spoed aandui.
6. As IQ Routes met jou kaart werk, kan jy kies wanneer jy die reis wat jy beplan, wil aflê.
Jy kan die datum en tyd in 5-minute-intervalle instel
Die TomTom app gebruik IQ Routes om uit te werk wat die beste moontlike roete vir
daardie tyd is, gegrond op die werklike gemiddelde spoed op die paaie. So kan jy
vergelyk hoe lank 'n reis neem op verskillende tye van die dag of op verskillende dae
van die week.
7. Die TomTom app beplan die roete tussen die twee liggings wat jy kies.
Stel 'n onthouer
Jy kan die TomTom app gebruik om 'n onthouer vir 'n roete te stel wat jy vooruit beplan
het. Die onthouer word by jou iPhone-kalender gevoeg, en sal jou waarsku 'n kort rukkie
voor jy moet vertrek. Die onthouer bevat 'n skakel wat die TomTom app open en
outomaties die roete beplan.
Om 'n onthouer op te stel, doen as volg:
1. Kies Opsies in die roeteopsomming-skerm.
2. Tik Voeg by kalender.
3. Voeg enige bykomende aantekeninge by wat jy in die onthouer wil hê.
4. Tik Stoor.
Die onthouer word dan in jou iPhone-kalender gestoor.
8
Ritaansig3.
Ritaans
ig
Ritaansig
1. Musiekknoppie.
2. Jou huidige ligging.
3. Die oorblywende afstand van jou reis en jou
huidige spoed. Indien bekend, word die spoedperk
ook gewys.
4. Navigeerinstruksie vir die pad vorentoe.
Tik hierdie area om die volumebeheer te open en
die vorige instruksie te herhaal.
5. Die oorblywende reistyd en die geraamde
aankomstyd.
Tik hierdie area om die roeteopsomming-skerm te
open.
6. Verkeerknoppie.
Tik hierdie knoppie om 'n verkeerintekening te
koop of die verkeerkantbalk te open.
Die volgende items is net beskikbaar as jy 'n
verkeerintekening het:
7. Inligting oor die verkeersinsident waarna hierdie
kassie op die verkeerkantbalk wys.
8. Verkeerkantbalk.
Beweeg rond in die ritaansig
Wanneer jy 'n nuwe roete beplan, sien jy die ritaansig saam met omvattende inligting oor
jou huidige ligging.
Tik die middel van die skerm te enige tyd om die hoofkieslys te open.
Zoem in deur twee keer met een vinger op die skerm te tik, of zoem uit deur een keer met
twee vingers tegelyk op die skerm te tik.
Jy kan ook in- en uitzoem deur jou vingers op die skerm te plaas en hulle te knyp en te
strek.
Stel die volume
Tik aan die linkerkant van die statusbalk in die ritaansig om die volumebeheer te sien.
Skuif die skuiwer van links na regs om die volume vir musiek en stem terselfdertyd te
verhoog.
9
Speel musiek
Tik die musiekknopie om musiek te speel of te pouseer.
Jy kan die speel-, pouseer-, volgende- en vorige-knoppies tik om die musieksnit wat tans
speel, te beheer.
Die knoppies verdwyn vanself na 'n paar sekondes, of jy kan weer op die musieknoot tik
om die knoppies te laat verdwyn.
Ritaansig-opsies
Tik hierdie knoppies in die hoofkieslys om die ritaansig te wysig:
Tik hierdie knop om alle klank uit die TomTom app te doof.
As die klank gedoof is, verander hierdie knoppie na Aktiveer klank.
Demp klank
Nagkleure
Tik die knoppie weer om die klank weer aan te skakel.
As die klank gedoof is, wys die dempwyser links onder op die
ritaansig.
Tik hierdie knoppie om nagkleure op die kieslyste en kaarte te
gebruik. As nagkleure gebruik word, verander hierdie knoppie na
Dagkleure.Tik die knoppie weer om na dagkleure oor te skakel.
Tik hierdie knoppie om 'n 2D-kaart in die ritaansig te gebruik.
As die 2D-kaart gebruik word, verander hierdie knoppie na 3D-kaart.
2D-kaart
Tik die knoppie weer om die 3D-kaart te gebruik.
Kaartinstellings
Om die voorkoms van die kaart in te stel, tik Wysig instellings in die hoofkieslys, en tik dan
Kaart om hierdie instellings te verander:
Dagkleure/nagkleure
Tik Dagkleure om 'n dagkleurskema van helder kleure te kies.
Tik Nagkleure om 'n nagkleurskema van donkerder kleure te kies.
Tik Aan of Af om die outowissel-instelling te verander. Outowissel verander outomaties
tussen dag- en nagkleure afhangende van hoe laat dit is.
Tik Motorsimbool om die motorsimbool te kies wat jou huidige ligging in die ritaansig
wys.
2D-kaart, noord bo
Wanneer hierdie instelling aan is, bly die 2D-kaart op sy plek, met noord bo-aan die skerm.
Wanneer hierdie instelling af is, beweeg die 2D-kaart sodat jou huidige rigting altyd bo-aan
die skerm is.
10
Wys huidige straat
Wanneer hierdie stelling aan is, wys die huidige straatnaam of -nommer in die ritaansig
net onder jou posisie op die kaart.
Strate op kaart
Wanneer hierdie stelling aan is, wys die straatname op die kaart.
PVB'e op kaart
Wanneer hierdie stelling aan is, word PVB'e op die kaart gewys.
11
Gevorderde baanleiding4.
Gevord
erde
baanlei
Gevorderde baanleiding
ding
Jou TomTom app help jou voorberei op snelwegafritte en -kruisings deur jou te wys in
watter baan jy moet wees.
Let wel: Gevorderde baanleiding is nie vir alle kruisings of in alle lande beskikbaar nie.
Om uit te vind of gevorderde baanleiding in jou land beskikbaar is, gaan na
iphone.tomtom.com.
Vir sommige afritte en kruisings wys 'n prent in watter baan jy moet wees. Om die prente
af te skakel, skakel Baanprente af in die 'Gevorderde instellings'-kieslys.
Vir ander afritte en kruisings wys jou TomTom app in watter baan jy moet neem in die
statusbalk.
12
Roeteopsies
Roete-opsies5.
Jy kan met die roete-opsies meer uitvind oor jou roete, of die roete
verander.
Roete-opsies
Jy kan die roete-opsies as volg open:
•Tik Roete-opsies in die hoofkieslys.
Wenk: Roete-opsies is net beskikbaar as jy reeds 'n roete beplan het.
•Tik Opsies op die roeteopsomming-skerm nadat jy 'n roete beplan
het.
• Tik aan die regterkant van die statusbalk in die ritaansig om die
roeteopsomming-skerm te open, en tik dan Opsies.
Vind alternatiewe roetes
Sodra jy 'n roete beplan het, wil jy soms iets oor die roete verander sonder om die
bestemming te verander.
Hier is 'n paar redes waarom dit slim is om 'n alternatiewe roete te vind:
• Jy sien 'n padblokkade of 'n verkeersopeenhoping voor.
• Jy wil via 'n sekere ligging ry om iemand op te tel, vir ete oor te staan, of petrol in te gooi.
• Jy wil 'n moeilike kruising of 'n besige, nóú straat vermy.
Om jou roete te wysig, tik Kry alternatief... in die Roete-opsies-
kieslys.
Kry alternatief
Jy kan die roete-opsies as volg open:
•Tik Roete-opsies in die hoofkieslys.
Wenk: Roete-opsies is net beskikbaar as jy reeds 'n roete beplan
het.
•Tik Opsies op die roeteopsomming-skerm nadat jy 'n roete beplan
het.
• Tik aan die regterkant van die statusbalk in die ritaansig om die
roeteopsomming-skerm te open, en tik dan Opsies.
13
Kies dan een van die volgende opsies:
Tik hierdie knoppie om jou roete te herbeplan, gebaseer op die
jongste verkeersinligting.
Minimeer
vertragings
Bereken
alternatief
Herbereken
oorspronklike
Vermy
padblokkade
Hierdie knoppie wys net as jy 'n intekening op TomTom Traffic het.
Tik hierdie knoppie om 'n alternatief tot die huidige roete te bereken.
Die TomTom app soek 'n ander roete vanaf jou huidige ligging na jou
bestemming.
As jy besluit dat jy tóg die oorspronklike roete wil ry, tik Herbereken oorspronklike.
Behalwe vir die paaie digby jou posisie en digby jou bestemming,
gebruik die nuwe roete totaal ander paaie om jou bestemming te
bereik. Dis 'n makliker manier om 'n totaal ander roete te beplan.
Tik hierdie knoppie om na die oorspronklike roete terug te keer. Dit
ignoreer enige vorige instruksies wat jy gegee het om padblokkades
te vermy of via 'n sekere ligging te ry.
Tik hierdie knoppie as jy 'n padblokkade of 'n verkeersopeenhoping
voor sien. Dan kan jy kies watter gedeelte van die roete voor jy wil
vermy.
Kies uit die verskillende opsies beskikbaar. Die TomTom app
herbereken jou roete maar vermy die deel van die roete vir die
afstand wat jy gekies het.
Reis via...
Vermy deel van
die roete
Onthou, sodra 'n nuwe roete bereken is, moet jy moontlik baie gou
daarna afdraai van die pad waarop jy is.
As die padblokkade skielik opklaar, tik Herbereken oorspronklike om
na jou oorspronklike roete terug te keer.
Tik hierdie knoppie om jou roete te verander sodat dit deur 'n sekere
ligging ry, soos as jy iemand op pad wil optel. Wanneer jy dit doen,
wys 'n merker op die kaart vir die ligging waardeur jy kies om te reis.
Mens kies die ligging waardeur jy wil ry op dieselfde manier wat jy 'n
bestemming kies. Dit beteken dat jy uit al dieselfde opsies kan kies
waaruit jy kan kies as jy 'n bestemming kies, soos adres, gunsteling, plek van belang en punt op kaart.
Die TomTom app bereken 'n nuwe roete na jou bestemming wat deur
die ligging ry wat jy gekies het. Anders as met jou finale bestemming
lig die TomTom app jou nie in wanneer jy deur hierdie ligging ry nie.
Tik hierdie knoppie om 'n deel van die roete te vermy. Gebruik
hierdie knoppie as jy besef dat jou roete 'n pad of kruising insluit
waarvan jy nie hou nie, of wat bekend is vir verkeersprobleme.
Kies dan die pad wat jy wil vermy uit 'n lys van die paaie op jou
roete.
14
Roete-demo
Tik hierdie knoppie om 'n demo van die reis te sien. Om 'n demo te stop,
tik Stop demo in die Roete-opsies-kieslys terwyl 'n demo besig is.
Roete-demo
Vee roete uit
Tik hierdie knoppie om die huidig-beplande roete uit te vee.
Vee roete uit
Instruksies
Tik hierdie knoppie vir 'n lys van al die draai-instruksies op die roete.
Instruksies
Kaart van roete
Kaart van
roete
Tik hierdie knoppie om 'n oorsig van die roete met die kaartblaaier te
sien.
15
Instellings6.
Instelli
ngs
Om die manier waarop die TomTom app lyk en werk te verander, tik Wysig instellings in
die hoofkieslys.
Stel huisligging
Tik hierdie opsie om jou huisligging in te stel of te wysig. Kies die adres vir jou huisligging
op dieselfde manier as wat jy 'n bestemming kies.
Jou huisligging kan 'n plek wees wat jy dikwels besoek, soos jou kantoor. Dit gee jou 'n
maklike manier om daarheen te navigeer deur die Huis-knoppie in die 'Navigeer na'-kieslys
te tik.
Stem
Tik hierdie opsie om te kies watter stem vir instruksies gebruik word. Die TomTom app het
twee verskillende soorte stemme.
• Rekenaarstemme
Die TomTom app maak gebruik van teks-na-spraak-tegnologie om rekenaarstemme te
skep. Hulle gee gesproke instruksies terwyl jy ry, en kan straatname en
statusboodskappe uitspreek.
'n Teks-na-spraak-program omskep geskrewe teks (soos 'n instruksie om links te draai)
in die klank van 'n menslike stem.
Let wel: Rekenaarstemme is nie vir alle tale beskikbaar nie.
As jy 'n opgeneemde mensstem kies, sal dit instruksies kan uitlees maar dit sal nie
straatname kan lees nie. As jy graag straatname by die instruksies ingesluit wil hê, moet
jy 'n rekenaarstem kies.
• Mensstemme
Dit word deur 'n stemkunstenaar opgeneem.
Wanneer jy 'n stem kies, word 'n voorbeeld van die stem gespeel.
Jy kan 'n stem in enige taal kies. Die taal wat vir kieslyste en knoppies gebruik word,
verander nie as jy 'n stem in 'n ander taal kies nie.
Waarskuwings
Tik hierdie opsie om veiligheidswaarskuwings aan te skakel.
Veiligheidskamera
Verstel hierdie instelling om visuele waarskuwings in die ritaansig aan te skakel. Jy kan
ook 'n veiligheidswaarskuwingsklank kies.
16
As beide visuele waarskuwings en klanke aan is, word die veiligheidskamera se ligging op
die ka art gewys en 'n wa ars kukla nk word ges pee l. Dit waarsku j ou d at jy ' n ar ea nad er w aar
'n veiligheidskamera geleë is.
Let wel: Inligting oor veiligheidskameras is nie in alle lande beskikbaar nie. Om uit te vind
of inligting oor veiligheidskameras in jou land beskikbaar is, gaan na iphone.tom-tom.com.
Spoedperk
Verstel hierdie instelling om jou te waarsku dat jy bo die spoedperk ry. Jy kan ook 'n
waarskuklank kies.
Belangrik: Dit is belangrik om op te let na padtekens en om binne die spoedperk te ry.
Moenie net op TomTom se spoedperk-waarskuwings vertrou as jy ry nie.
Klank
Tik hierdie opsie om die volgende musiek- en volume-opsies te stel.
Doof musiek
Verstel hierdie instelling om die musiek uit te doof wanneer instruksies en waarskuwings
gegee word.
Wanneer hierdie instelling af is, pouseer die musiek in plaas daarvan dat dit uitdoof
wanneer instruksies en waarskuwings gegee word.
Stemvolume
Verstel hierdie instelling om die volume van die steminstruksies as persentasie van die
musiekvolume in te stel.
Jy kan byvoorbeeld die skuiwer na die middel van die skuifbalk skuif om in te stel dat die
volume van die steminstruksies teen 50% van die musiekvolume moet speel.
As die skuiwer afgeskakel is, is die musiek en die stemme se volume dieselfde.
Wenk: Dit is belangrik om op te let na padtekens en om binne die spoedperk te ry. Moenie
net op TomTom se spoedperk-waarskuwings vertrou as jy ry nie.
Kaart
Dagkleure/nagkleure
Tik Dagkleure om 'n dagkleurskema van helder kleure te kies.
Tik Nagkleure om 'n nagkleurskema van donkerder kleure te kies.
Tik Aan of Af om die outowissel-instelling te verander. Outowissel verander outomaties
tussen dag- en nagkleure afhangende van hoe laat dit is.
Tik Motorsimbool om die motorsimbool te kies wat jou huidige ligging in die ritaansig
wys.
2D-kaart, noord bo
Wanneer hierdie instelling aan is, bly die 2D-kaart op sy plek, met noord bo-aan die skerm.
Wanneer hierdie instelling af is, beweeg die 2D-kaart sodat jou huidige rigting altyd bo-aan
die skerm is.
Wys huidige straat
17
Wanneer hierdie stelling aan is, wys die huidige straatnaam of -nommer in die ritaansig
net onder jou posisie op die kaart.
Strate op kaart
Wanneer hierdie stelling aan is, wys die straatname op die kaart.
PVB'e op kaart
Wanneer hierdie stelling aan is, word PVB'e op die kaart gewys.
PVB-soorte
Kies watter PVB'e op die kaart gewys word.
Outozoem
Outozoem verstel outomaties die area van die kaart en die hoeveelheid detail in die
ritaansig. Skakel outozoem oor na handmatig om die zoem in die ritaansig te kan beheer.
Roetebeplanning
Verstel die roetebeplanning-instellings om in te stel hoe roetes beplan word.
Verstek roete-soort
Verstel hierdie opsie om die soort roete in te stel wat beplan sal word wanneer jy 'n nuwe
roete beplan.
Jy kan die volgende soorte roetes kies.
• Vinnigste - die vinnigste roete na jou bestemming.
• Kortste - die kortste roete na jou bestemming. Dit kan dalk baie langer as die vinnigste
roete neem.
• Vermy snelweë - hierdie tipe roete vermy alle snelweë.
• Staproetes - hierdie soort roete is die beste vir stap.
• Fietsryroetes - hierdie soort roete is die beste vir fietsry.
• Beperkte spoed - as jy hierdie soort roete kies, moet jy 'n maksimum spoed vir jou
voertuig intik. Die roete wat beplan word neem dan die beperkte spoed in ag.
• Ekoroetes - beplan altyd die brandstofdoeltreffendste roete.
• Vra my altyd - as jy hierdie opsie kies sal jy altyd gevra word watter soort roete beplan
moet word.
Jy kan stel hoe elke soort pad hanteer moet word wanneer 'n nuwe roete beplan word.
• Tolpaaie
• Veerbootoorgang
• Saamryklub-bane
• Nie-bedekte bane
Jy kan die volgende handelinge stel wat vir elke soort pad geneem moet word.
• Vermy - dié soort pad word altyd outomaties vermy.
• Moenie vermy nie - dié soort pad word nie outomaties vermy nie.
• Vra altyd - wanneer die roete beplan word, moet jy kies hoe hierdie paaie hanteer word
wanneer hulle op jou roete voorkom.
18
Afstandeenhede
Jy kan kies om óf kilometer óf myl vir alle afstande en spoed te gebruik.
Meer oor
Tik Aangaande vir inligting oor die toepassing en kaartweergawe asook kopiereg en die
lisensiekennisgewings.
Gevorderd
Tik Gevorderd om die volgende instellings te verstel:
Baanprente
Verstel hierdie instelling om baanprente aan en af te skakel.
Baanprente berei jou voor op snelwegafritte en -kruisings deur jou te wys in watter baan
jy moet wees.
IQ Routes™
Verstel hierdie instelling om IQ Routes aan en af te skakel.
IQ Routes word gebruik wanneer jy 'n roete beplan. Jou roete word bereken, gebaseer op
die werklike gemiddelde spoed wat op paaie gemeet is, en dus kan jou roete verander
afhangende van die tyd van die dag of die dag van die week.
Let wel: IQ Routes-inligting is nie vir alle streke beskikbaar nie. Vir meer inligting oor IQ
Routes, gaan na tomtom.com/iq-routes.
Traffic
Verstel hierdie instelling om Traffic aan en af te skakel.
Verkeersinsidente wys op die verkeerkantbalk en in die 'Blaai kaart'-skerm, en
verkeersvertragings word in ag geneem wanneer jy 'n nuwe roete beplan.
Let wel: TomTom Traffic is 'n TomTom-intekeningdiens wat net in sekere lande
beskikbaar is. Vir meer inligting oor TomTom Traffic en ander dienste in jou land, gaan na
iphone.tomtom.com.
GPS Enhancer
Verstel hierdie instelling om die TomTom GPS Enhancer aan en af te skakel.
Die GPS Enhancer help die TomTom app om jou ligging meer akkuraat te bepaal.
Laai terug na verstek
Tik hierdie instelling om die fabrieksinstellings van jou TomTom app terug te laai.
Al jou persoonlike instellings sal geskrap word, waaronder jou gunstelinge en jou
huisligging.
19
Hoofkieslys7.
Hoofkie
slys
Wanneer jy die TomTom app begin sonder dat jy vroeër 'n roete beplan het, wys die
hoofkieslys.
Om die hoofkieslys uit die ritaansig te open, tik op die skerm.
Die volgende knoppies is beskikbaar op die hoofkieslys:
Tik hierdie knoppie om te begin om 'n roete te beplan.
Navigeer na...
Tik hierdie knop om meer inligting oor jou roete te kry, of om die roete
te verander.
Roete-opsies
Demp klank
Nagkleure
2D-kaart
Gevorderde
beplanning
Let wel: Hierdie knoppie wys net as 'n roete beplan is.
Tik hierdie knop om alle klank uit die TomTom app te doof.
As die klank gedoof is, verander hierdie knoppie na Aktiveer klank. Tik
die knoppie weer om die klank weer aan te skakel.
As die klank gedoof is, wys die dempwyser links onder op die ritaansig.
Tik hierdie knoppie om nagkleure op die kieslyste en kaarte te gebruik.
As nagkleure gebruik word, verander hierdie knoppie na Dagkleure.Tik
die knoppie weer om na dagkleure oor te skakel.
Tik hierdie knoppie om 'n 2D-kaart in die ritaansig te gebruik.
As die 2D-kaart gebruik word, verander hierdie knoppie na 3D-kaart.
Tik die knoppie weer om die 3D-kaart te gebruik.
Tik hierdie knoppie om 'n roete vooruit te beplan, en jou beginpunt en
bestemming te kies.
Tik hierdie knoppie om die kaart te bekyk op dieselfde manier as 'n
gewone kaart op papier.
Blaai kaart
20
Tik hierdie knoppie om na die TomTom-winkel te gaan en 'n verkeerintekening te kies.
TomTom
Traffic
Help my!
Beheer
Gunstelinge
Skakel PVB
Wysig
instellings
As jy 'n Traffic-intekening het, tik hierdie knoppie om jou
intekeningstatus te sien.
Tik hierdie knoppie om die naaste nooddienste te skakel of daarheen te
ry.
Die 'Help my!'-kieslys gee 'n beskrywing van jou ligging sodat jy vir die
nooddienste kan vertel waar jy is.
Tik hierdie knoppie om jou gunstelinge te skep en te bestuur.
Gunstelinge is plekke wat jy dikwels besoek. Jy kan gunstelinge skep
sodat jy nie elke keer die adres hoef in te tik as jy daarheen wil navigeer
nie.
Tik hierdie knoppie om 'n PVB te skakel. Jy kan byvoorbeeld na 'n
restaurant soek en dan skakel om 'n plek te bespreek.
Tik hierdie knoppie om te verander hoe die TomTom app werk.
Navigeer na kieslys
Wanneer jy Navigeer na in die hoofkieslys tik, kan jy jou bestemming op die volgende
maniere kies:
Tik hierdie knoppie om 'n roete te beplan na jou huisligging.
Om jou huisligging in te stel, tik Huis op die Instellings-kieslys.
Huis
Tik hierdie knoppie om 'n gunsteling as jou bestemming te kies.
Om gunsteling liggings by te voeg, tik Bestuur gunstelinge in die
Gunsteling
Adres
Onlangse
bestemming
hoofkieslys, en tik dan Voeg gunsteling by.
Tik hierdie knoppie om 'n adres as jou bestemming in te vul.
Tik hierdie knoppie om jou bestemming te kies uit 'n lys plekke wat jy
onlangs as bestemmings gebruik het.
Plaaslike
soektog
Tik hierdie knoppie om 'n internetsoektog van die plaaslike area te
doen en die ligging van een van die soekresultate as jou bestemming
te gebruik.
21
Plek van belang
Kontak
Poskode
Punt op kaart
Koördinate
Tik hierdie knoppie om na 'n plek van belang (PVB) te navigeer.
Tik hierdie knop om 'n roete te beplan na die adres van 'n kontak in
jou adresboek.
Tik hierdie knoppie om 'n poskode as jou bestemming in te vul.
Let wel: Inligting oor poskodes is net beskikbaar vir adresse in die
VK en Nederland.
Tik hierdie knoppie om met die kaartblaaier 'n punt op die kaart as jou
bestemming te kies.
Tik hierdie knoppie om die kaartkoördinate van 'n ligging op die kaart
as jou bestemming in te tik.
22
Blaai-kaart8.
Blaaikaart
Tik Blaai kaart in die hoofkieslys om die kaartblaaier te open. Met die kaartblaaier kan jy
die kaart bekyk op dieselfde manier as 'n gewone kaart op papier.
Jy kan op die kaart laat rondbeweeg deur jou vinger oor die skerm te sleep.
Zoem in en uit deur jou vingers saam te knyp of te strek. Jy kan ook inzoem deur twee keer
met een vinger op die skerm te tik, of uitzoem deur een keer met twee vingers tegelyk op
die skerm te tik.
Merkers kan op die kaart geplaas word om die afstand na verskillende liggings te wys.
Die por
Tik die kaart om die por op die ligging te plaas waar jy tik.
Jy kan ook die por op die kaart rondskuif deur jou vinger daarop te hou tot dit uitvou.
Wanneer jy die por sleep, word die area binne die uitgevoude por vergroot.
Wanneer jy die por plaas, word 'n deel van die kaart gekies. Details van hierdie ligging
word gewys, met 'n pyltjie.
Tik die pyltjie om die porposisie te gebruik. Jy kan uit die volgende opsies kies:
• Navigeer daar - tik hierdie knoppie om 'n roete te beplan van jou huidige ligging na die
por se posisie.
23
• Plaaslik soek - tik hierdie knop om 'n plaaslike soektog te doen en 'n roete na hierdie
ligging te beplan.
• Stel merkerposisie - tik 'n merker om die kaart by die por se posisie te sentreer.
Merkers wys na een van die volgende:
• Jou huidige ligging.
• Jou huisligging.
• Jou bestemming.
Om jou eie merker te stel, plaas die por oor die vereiste ligging op die kaart, en tik dan
die por se knoppie en tik dan Stel merkerposisie.
• Vind PVB digby - Tik hierdie knoppie om vir 'n plek van belang (PVB) digby die por se
posisie te soek.
• Skakel... - tik hierdie knoppie om 'n PVB by die por se posisie te skakel. Hierdie opsie
wys net as 'n PVB met 'n foonnommer gekies word.
• In middel van kaart - tik hierdie knoppie om die kaart te skuif sodat dit por se posisie in
die middel van die skerm is. Die kaart zoem in na die por se posisie.
• Voeg by as gunsteling - tik hierdie knoppie om die por se posisie as 'n gunsteling by te
voeg. Jy moet die gunsteling 'n naam gee.
• Reis via... - tik hierdie knoppie om via die por se posisie te reis in die reis wat tans beplan
word. Hierdie opsie wys net as jy reeds 'n roete beplan het.
Tik hierdie knoppie om die kaart op jou huidige ligging te sentreer.
Tik hierdie knoppie om verkeersinsidente in die kaartblaaier te wys.
Traffic is 'n intekendiens.
Tik hierdie knoppie om vir 'n ligging op die kaart te soek. Kies die ligging
op dieselfde manier as wat jy 'n bestemming kies wanneer jy 'n roete
beplan. Die por skuif dan na die gekose ligging.
24
Tik hierdie knoppie om te kies watter inligting op die kaart wys. Jy kan
kies om die volgende inligting te wys:
• Traffic
• Gunstelinge
• Name
• Koördinate
• PVB
Tik PVB-soorte om te kies watter PVB'e op die kaart gewys word.
25
Plekke van belang (PVB'e)9.
Plekke
van
belang
Plekke van belang of PVB'e is nuttige plekke op die kaart.
(PVB'e)
Hier is 'n paar voorbeelde:
• Restaurante
•Hotelle
•Museums
• Parkeergarages
• Petrolstasies
Daar is verskeie maniere waarop jy PVB'e in die TomTom app kan gebruik:
• Kies jou bestemming wanneer jy 'n roete beplan.
• Skakel 'n PVB uit die hoofkieslys.
• Kies watter PVB'e op die kaart moet verskyn.
Kies 'n PVB
Jou kan 'n PVB as jou bestemming kies. As jy byvoorbeeld na 'n onbekende ligging in die
stad reis, kan jy die PVB-soektog-knoppie gebruik om 'n restaurant te vind.
Jy kan ook 'n PVB-ligging skakel deur op die knoppie met die telefoonnommer te tik. As
jou toestel nie 'n foonverbinding het nie, word die foonnommer gewys sodat jy dit met 'n
ander foon kan skakel.
Wanneer jy 'n PVB skakel of na 'n PVB navigeer, kies jy die PVB op dieselfde manier:
1. Tik die skerm om die hoofkieslys te open.
2. Tik Navigeer na... of Skakel PVB uit die hoofkieslys, en tik dan Plek van belang.
3. Verfyn jou keuse van PVB'e deur die area te kies waar die PVB geleë is.
Die volgende opsies is beskikbaar:
Tik hierdie knoppie om uit 'n lys PVB'e digby jou huidige ligging te
kies.
PVB naby my
Tik hierdie knoppie om 'n PVB in 'n sekere dorp of stad te vind.
PVB in stad
26
Tik hierdie knoppie om uit 'n lys PVB'e digby jou huisligging te kies.
PVB naby die huis
Hierdie opsies wys net as 'n roete reeds beplan is.
Tik hierdie knoppie om 'n PVB op jou beplande roete te vind.
PVB op roete
Tik hierdie knoppie om 'n PVB digby jou beplande bestemming te
vind.
PVB naby
bestemming
4. As jy PVB in stad kies, tik die naam van die dorp in wat jy wil besoek, en kies die dorp
wanneer dit in die lys verskyn.
5. Kies die kategorie PVB.
Tik Soek om vir 'n PVB volgens naam te soek. Alle PVB'e in alle kategorieë word
deursoek.
Tik die kategorie PVB, indien dit gewys word.
Tik Meer om uit 'n volledige lys kategorieë te kies. Kies die kategorie uit die lys.
6. Uit die lys PVB'e wat gewys word, kies die PVB waarheen jy wil navigeer.
Die tabel hier onder verduidelik die afstande wat langs elke PVB staan.
PVB naby jouAfstand vanaf jou huidige ligging
PVB in stadAfstand vanaf die stadsentrum
PVB naby huisAfstand vanaf jou huisligging
PVB op roeteAfstand vanaf jou huidige ligging
PVB naby bestemmingAfstand vanaf jou bestemming
As jy 'n roete beplan het, wys 'n simbool ook langs elke PVB.
PVB'e is op jou roete
PVB'e is digby jou roete
PVB'e is redelik digby jou roete.
PVB'e is nie op jou roete nie.
Nadat jy 'n PVB gekies het, tik die inligting-knoppie om omvattende inligting te sien, soos
die foonnommer en 'n kort beskrywing.
27
Tik Kies om te bevestig dat jy 'n roete na hierdie PVB wil beplan.
Tik Skakel om 'n PVB te skakel.
Wys PVB'e op die kaart
PVB'e kan op die kaart in die ritaansig en in die kaartblaaier gewys word.
Om PVB'e in die ritaansig te wys, doen as volg:
1. Tik Wysig instellings in die hoofkieslys.
2. Tik Kaart.
3. Maak seker dat die instelling PVB'e op kaart gekies is.
Om PVB'e op die kaart in die kaartblaaier te wys, doen as volg:
1. In die hoofkieslys, tik Blaai kaart.
2. Tik die inligtingknoppie in die regterkanste hoek onder op die skerm.
3. Maak seker dat die instelling PVB gekies is.
Kies watter PVB'e op die kaart moet verskyn
Jy kan kies watter kategorieë PVB'e gewys moet word, byvoorbeeld petrolstasies,
restaurante en hotelle.
Die keuse wat jy maak, word vir beide kaarte gebruik.
Om die PVB-kategorieë wat in die Instellings-kieslys gewys word, te verander, doen as
volg:
1. Tik Wysig instellings in die hoofkieslys.
2. Tik Kaart.
3. Tik PVB-soorte.
4. Kies watter PVB'e jy op die kaart wil laat wys.
Om die PVB-kategorieë wat in die kaartblaaier gewys word, te verander, doen as volg:
1. Tik Blaai kaart in die hoofkieslys.
2. Tik die inligtingknoppie in die regterkanste hoek onder op die skerm.
3. Tik PVB-soorte.
4. Kies watter PVB'e jy op die kaart wil laat wys.
28
Help my!10.
Help
my!
Help my! is 'n maklike manier om na nooddienssentrums en ander spesialisdienste te
navigeer en hulle telefonies te kontak.
As jy byvoorbeeld in 'n motorongeluk betrokke is, kan jy Help my! gebruik om die naaste
hospitaal te bel en jou presiese ligging aan hulle te gee.
Gebruik 'Help my!' om 'n plaaslike diens te bel
Jy kan Help my! gebruik om na 'n dienssentrum te soek, hulle te skakel en in kennis te stel
oor die presiese details van jou huidige ligging.
Wanneer jy na 'n dienssentrum soek, wys die toestel 'n lys liggings in die omgewing. Kies
een van die sentrums uit die lys om sy adres en foonnommer te sien, asook jou huidige
posisie op die kaart.
Om Help my! te gebruik om 'n dienssentrum te vind, die sentrum te skakel en vanaf jou
huidige ligging na die sentrum te navigeer, doen as volg:
1. Tik die skerm om die hoofkieslys te open.
2. Tik Help my!
3. Tik Skakel vir hulp.
4. Kies die soort diens wat jy verlang, byvoorbeeld die naaste hospitaal.
5. Om te skakel, kies 'n sentrum uit die lys. Die naaste een is boaan die lys.
As jou toestel 'n foonfunksie het, kan jy die knoppie met die foonnommer tik om dit
sommer direk te bel. As jou toestel nie 'n foonfunksie het nie, sien jy die nommer sodat
jy dit met 'n ander toestel kan bel.
Sodra die oproep beantwoord is, en jy 'n beskrywing van jou huidige ligging wil sien,
open die TomTom app weer en tik Help my!. 'n Beskrywing van jou huidige ligging
word gewys. Tik die beskrywing om die teks te kopieer. Jy kan dan die beskrywing in 'n
teksboodskap of e-pos plak.
6. Om na die sentrum per motor te navigeer, tik Ry na hulp.
Jou TomTom app sal jou dan na jou bestemming begin lei.
29
Gunstelinge11.
Gunstel
inge
Gunstelinge is plekke wat jy dikwels besoek. Jy kan gunstelinge skep sodat jy nie elke keer
die adres hoef in te tik as jy daarheen wil navigeer nie.
Dit hoef nie 'gunsteling'-plekke te wees nie, of selfs liggings wat jy dikwels besoek nie.
Beskou dit sommer as 'n versameling nuttige adresse.
Skep 'n gunsteling
Om 'n gunsteling te skep, tik Bestuur gunstelinge in die hoofkieslys, en tik dan Voeg
gunsteling by en tik die adres in. Tik Klaar om die gunsteling te stoor.
Gee jou gunsteling 'n naam wat maklik is om te onthou. Die TomTom app sal altyd 'n naam
voorstel, gewoonlik die adres van die gunsteling. As jy nie van die voorgestelde naam hou
nie, skrap dit en tik 'n nuwe een.
Om die ligging van die gunsteling te kies, tik een van die volgende knoppies:
Tik hierdie knoppie om jou huisligging as 'n gunsteling in te stel. Een
rede om dit te doen is as jy jou huisligging verander maar jy wil die
huidige huisligging as 'n gunsteling behou.
Huis
Gunsteling
Adres
Onlangse
bestemming
Plaaslike
soektog
Tik hierdie knoppie om 'n gunsteling uit 'n ander gunsteling te skep.
As jy die gunsteling eintlik wil hernoem, tik die gunsteling in die lys
en tik dan Naam. Tik dan die nuwe naam vir jou gunsteling.
Tik hierdie knoppie om 'n spesifieke adres as 'n gunsteling in te stel.
Tik hierdie knoppie om 'n gunstelingligging te kies uit 'n lys plekke
wat jy onlangs as bestemmings gebruik het.
Tik hierdie knoppie om 'n internetsoektog van die plaaslike area te
doen en die ligging van een van die soekresultate as jou
bestemming te gebruik..
30
Plek van belang
Kontak
Poskode
Tik hierdie knoppie om 'n punt van belang (PVB) as 'n gunsteling in te
stel.
Tik hierdie knoppie om 'n kontak se adres as 'n gunsteling in te stel.
Tik hierdie knoppie om 'n poskode as 'n gunsteling in te stel.
Let wel: Inligting oor poskodes is net beskikbaar vir adresse in die
VK en Nederland.
Tik hierdie knoppie om jou huidige ligging as 'n gunsteling by te
voeg.
My ligging
As jy byvoorbeeld iewers interessants stilhou, kan jy terwyl jy daar is
hierdie knoppie tik om die gunsteling te skep.
Tik hierdie knoppie om 'n gunsteling met die kaartblaaier te skep.
Kies die ligging van die gunsteling met die por, en tik dan Kies.
Punt op kaart
Tik hierdie knoppie om die kaartkoördinate van 'n ligging op die kaart
as 'n gunsteling in te stel.
Koördinate
Gebruik 'n gunsteling
Jy sal gewoonlik 'n gunsteling gebruik om na 'n plek te navigeer sonder dat jy die adres
hoef in te tik. Om na 'n gunsteling te navigeer, doen as volg:
1. Tik die skerm om die hoofkieslys te open.
2. Tik Navigeer na...
3. Tik Gunsteling.
4. Kies 'n gunsteling uit die lys.
Die TomTom app bereken die roete vir jou.
5. Tik Klaar.
Die TomTom app begin dadelik om jou na jou bestemming te lei, met gesproke instruksies
en aanwysings op die skerm.
Verander die naam van 'n gunsteling
1. Tik die skerm om die hoofkieslys te open.
2. Tik Bestuur gunstelinge.
3. Tik die gunsteling wat jy wil hernoem.
4. Tik Naam.
5. Tik die nuwe naam vir hierdie gunsteling in.
6. Tik klaar.
Die gunsteling is hernoem.
31
Skrap 'n gunsteling
1. Tik die skerm om die hoofkieslys te open.
2. Tik Bestuur gunstelinge.
3. Tik Wysig. 'n Rooi simbool wys langs elke gunsteling.
4. Tik die rooi simbool langs die gunsteling wat jy wil skrap.
'n Skrap-knoppie word gewys vir daardie gunsteling.
5. Tik Skrap.
Die gunsteling word geskrap.
32
Verkeer-info12.
Verkee
r-info
TomTom HD Traffic
HD Traffic is 'n unieke TomTom-diens wat intydse verkeersinligting gee. Met
die jongste verkeer-inligting, saam met IQ Routes. HD Traffic help jou die
vinnigste roete na jou bestemming beplan. Vir meer inligting oor TomTom-dienste en intekenings, gaan na iphone.tomtom.com.
Belangrik: TomTom Traffic en die TomTom App vir iPhone werk net met die iPhone en
werk nie met die iPod Touch nie.
Om die TomTom Traffic-diens te gebruik, moet jy 'n ononderbroke dataverbinding hê
(GPRS, EDGE, UMTS of CDMA). Jou selfoonoperateur vra dalk geld vir die gebruik van 'n
draadlose dataverbinding.
Jou TomTom app kry gereeld inligting oor die veranderende verkeertoestande. As
verkeersopeenhopings of ander insidente op jou roete gevind word, kan jou TomTom app
jou roete herbeplan om enige vertragings te beperk.
33
Wenk: Die TomTom app laai outomaties verkeersbywerkings af en kan dalk rondreis-
koste beloop wanneer jy in die buiteland reis.
Om dit te voorkom, tik Wysig instellings uit die hoofkieslys en tik dan Gevorderd, rol na
onder na Traffic en tik die knop om die diens af te skakel.
Streeksbeskikbaarheid
Let wel: Jy kan die TomTom-dienste gebruik as jy in die buiteland reis, maar wanneer jy
'n roete beplan moet jy in ag neem dat nie alle dienste in alle lande beskikbaar is nie.
Vir meer inligting oor beskikbare dienste, gaan na iphone.tomtom.com.
Om 'n nuwe Traffic-intekening te koop
Om 'n nuwe intekening te koop, doen as volg:
1. Begin jou TomTom app.
2. Gaan na die TomTom-winkel deur een van die volgende knoppies te klik:
•Tik TomTom Traffic in die hoofkieslys.
• Tik die motor in die regterkantste hoek bo van die ritaansig.
• Tik die motorknoppie in die kaartblaaier.
3. Kies 'n intekening uit die lys beskikbare verkeer-dienste.
Jy word gevra om 'n nuwe TomTom-rekening te skep.
4. Skep 'n nuwe TomTom-rekening.
5. Meld aan by jou nuwe TomTom-rekening.
Jou aankoop word voltooi in die Apple App-winkel. As die betaling deurgaan, begin Traffic
binne 'n paar minute op jou TomTom app.
Wenk: As jy reeds 'n TomTom-navigasietoestel besit, beveel ons aan dat jy 'n nuwe
TomTom-rekening met 'n ander e-posadres vir jou iPhone open.
Vir meer inligting oor MyTomTom-rekeninge, gaan na tomtom.com/mytomtom.
Kontroleer jou Traffic-intekening
Jy kan die status van jou intekening te enige tyd kontroleer deur TomTom Traffic in die
hoofkieslys te tik.
Jou TomTom app waarsku jou ook wanneer jou intekening binnekort hernu moet word.
Hernu jou Traffic-intekening
Jy kan jou Traffic-intekening hernu nadat dit verval het, of dit verleng voor dit verval.
Om 'n bestaande intekening te verleng, tik TomTom Traffic in die hoofkieslys en kies hoe
lank jy jou intekening wil verleng.
34
Om 'n vervalde intekening te hernu, doen as volg:
1. Gaan na die TomTom-winkel deur een van die volgende knoppies te klik:
•Tik TomTom Traffic in die hoofkieslys.
• Tik die motor in die regterkantste hoek bo van die ritaansig.
• Tik die motorknoppie in die kaartblaaier.
Die huidige status van jou verkeer-intekening word dan gewys.
2. Tik die diens wat jy wil hernu.
Jou TomTom app vra dan of jy jou intekening wil hernu.
3. Tik Ja.
Jou aankoop word dan voltooi in die Apple App-winkel.
Gebruik verkeersinligting
Tik die motor bo in die regterkantse hoek van die ritaansig om die verkeerkantbalk te wys.
Die verkeerkantbalk wys al die groot verkeersinsidente namate hulle op jou roete
voorkom. Gloeiende stippels wys waar die insidente op jou roete is.
Die motor boaan die verkeerkantbalk wys die totale vertraging wat deur
verkeersinsidente op jou roete veroorsaak word.
Die middelste deel van die verkeerkantbalk wys individuele verkeersinsidente
in die volgorde wat hulle op jou roete voorkom.
Die onderkant van die verkeerkantbalk is jou huidige ligging.
Rol met die verkeerkantbalk op en af met jou vinger om alle verkeersinsidente
op jou roete te sien.
Wanneer die verkeerkantbalk rol, stop dit by die volgende insident.
Om sigbaarheid van die verkeerkantbalk te verbeter, word sekere klein
insidente dalk nie gewys nie.
Die totale vertraging wat deur verkeersinsidente op jou roete veroorsaak word, wys in
verskillende kleure motors bo-aan die verkeerkantbalk.
Geen vertraging op jou roete nie.
Minder as 15 minute vertraging op jou roete.
35
Meer as 15 minute vertraging op jou roete.
Verkeerdiens word bygewerk.
Geen roete beplan nie, verkeer is op datum.
Geen intekening op TomTom Traffic nie.
Verkeersdiens is nie beskikbaar nie.
Kry meer inligting oor 'n insident
Wanneer 'n verkeersinsident op die kaart wys, word die beginpunt van die insident met 'n
verkeersimbool aangedui.
As jy die verkeerkantbalk na bo en na onder rol, wys die paneel bokant die statusbalk meer
inligting oor elke insident. Dit sluit in die soort insident, soos padwerke, en die vertraging
wat die insident veroorsaak.
Tik die paneel om meer inligting oor 'n insident te kry.
36
Tik die op- en af-pylknoppe om afsonderlike insidente te sien in die volgorde wat hulle op
jou roete voorkom.
Tik Verminder vertragings om te sien of jy tyd kan bespaar deur 'n alternatiewe roete te
gebruik.
Neem die vinnigste roete
Jou TomTom app kyk gedurig vir veranderinge in die verkeer op jou roete, en kyk of daar
'n vinniger roete na jou bestemming is. As 'n vinniger roete gevind word, vra dit of jy die
vinniger roete wil gebruik.
Om te sien of jy die vinnigste roete gebruik, doen as volg:
1. Tik die skerm om die hoofkieslys te open.
2. Tik Roete-opsies.
3. Tik Verminder vertragings.
As 'n vinniger roete gevind word, vra dit of jy die nuwe roete wil gebruik.
Kontroleer verkeersinsidente in jou area
Vir 'n oorsig van verkeersinsidente in jou area en om die details te kyk, doen as volg:
1. Tik Blaai kaart in die hoofkieslys.
Die kaart word gewys.
2. Tik die verkeerknop in die statusbalk om verkeersinsidente op die kaart te wys.
3. As die kaart nie jou huidige ligging wys nie, tik hierdie knoppie om die kaart
op jou huidige ligging te sentreer.
Die kaart wys verkeersinsidente in jou area.
37
4. Tik op 'n verkeersinsident vir omvattende inligting.
Die insidentkyker maak oop en wys jou omvattende inligting oor die insident.
Verkeersinsidente
Verkeersinsidente en -waarskuwings word op die kaart gewys, in die ritaansig en op die
verkeerkantbalk.
Daar is twee soorte insident- en waarskuwingstekens:
• Simbole in 'n rooi vierkant is verkeersinsidente. Jou TomTom app kan jou roete
herbeplan om nuwe insidente te vermy.
• Simbole in 'n rooi driehoek is weerverwant. Jou TomTom app kan nie jou roete
herbeplan om hierdie waarskuwings te vermy nie.
Verkeersinsident-simbole:
Ongeluk
Padwerke
Een of meer bane gesluit
Pad gesluit
Verkeersinsident
Verkeersknoop
38
Weerverwante simbole:
Mis
Reën
Wind
Ys
Sneeu
39
TomTom Plaaslik Soek met Google13.
TomTo
m
Plaaslik
Jy kan Plaaslik Soek gebruik om winkels en besighede te vind en 'n roete na die
Soek
met
Google
winkel of kantoor te beplan.
Let wel: Plaaslik Soek verg 'n WiFi-netwerk of 'n draadlose dataverbinding
(GPRS, EDGE, UMTS of CDMA). Jou selfoonoperateur vra dalk geld vir die gebruik van 'n
draadlose dataverbinding. As jy Plaaslik Soek gebruik wanneer jy in die buiteland reis, kan
dit jou meer kos as wat die diens tuis kos.
Gebruik plaaslik soek
Om plaaslik soek te gebruik om 'n roete te beplan, doen as volg:
In hierdie voorbeeld gaan jy soek vir 'n restaurant naby jou huidige ligging.
1. Tik die skerm om die hoofkieslys te open, en tik dan Navigeer na.
2. Tik Plaaslik soek.
3. Tik Soek naby my.
4. Tik 'restaurant' en tik dan Klaar.
Die liggings wat by jou soektog pas, word in 'n lys gewys.
5. Tik een van die liggings in die lys.
Die ligging wys op die kaart saam met die adres, Google-gradering en foonnommer.
Tik enige plek in die adresarea om meer inligting oor hierdie ligging te sien.
6. Tik Kies om 'n roete na die ligging te beplan.
Jou TomTom app beplan dan 'n roete na die ligging.
Jy kan ook op die foonnommer tik op die restaurant te skakel.
Wenk: Wanneer jy 'n foonnommer kies om te skakel, sal die TomTom app toestelle afsluit
wat nie multitaakwerking kan doen nie.
40
'Voeg by TomTom'14.
'Voeg
by
TomTo
Aangaande 'Voeg by TomTom'
m'
Die 'Voeg by TomTom'-knoppie verskyn op webwerwe soos dié van supermarkte,
bioskope en toeristeaantreklikhede.
Wanneer jy die 'Voeg by TomTom'-knoppie op 'n webwerf sien, kan jy die knop klik om die
ligging in die TomTom-program te bekyk.
Indien jou gunsteling-restaurant byvoorbeeld 'n 'Voeg by TomTom'-knoppie op sy
webwerf het, kan jy dit klik om die restaurant se ligging op die kaart te sien.
Gebruik die 'Voeg by TomTom'-knoppie
1. Met jou iPhone, gaan na 'n webwerf wat 'n 'Voeg by TomTom'-knoppie het.
2. Klik die 'Voeg by TomTom'-knoppie.
Die TomTom app begin dan.
Wat daarna gebeur hang af van wat die 'Voeg by TomTom'-knoppie ontwerp is om te
doen.
3. Kies een van die volgende handelinge:
• Wys die ligging op die kaart.
• Bereken 'n roete vanaf jou huidige ligging.
• Voeg die ligging as 'n gunsteling of punt van belang by.
Die TomTom app voer die gekose handeling uit.
41
Bylaag15.
Bylaag
Belangrike veiligheidskennisgewing en -waarskuwings
Wêreldwye posisioneringstelsel
Die stelsel vir wêreldwye posisioneringstelsel (GPS) is 'n satellietstelsel wat inligting oor
ligging en tye reg oor die wêreld voorsien. GPS word beheer en bestuur deur die regering
van die Verenigde State van Amerika, wat alleen vir die beskikbaarheid en akkuraatheid
daarvan verantwoordelik is. Veranderinge in die beskikbaarheid en akkuraatheid van GPS,
of in omgewingstoestande, kan die werking van TomTom-sagteware beïnvloed. TomTom
aanvaar geen aanspreeklikheid vir die beskikbaarheid en akkuraatheid van GPS nie.
Gebruik met sorg
As jy TomTom-sagteware en -toestelle vir navigasie gebruik, moet jy nog steeds versigtig
ry en goed oplet.
Vliegtuie en hospitale
Die gebruik van toestelle met 'n antenna word op die meeste vliegtuie, in baie hospitale en
op baie ander plekke verbied. TomTom-sagteware en -toestelle mag nie op sulke plekke
gebruik word nie.
SPESIALE AANTEKENING OOR BESTUUR IN KALIFORNIË EN
MINNESOTA
Die California Vehicle California Section 26708 (a) (1) voorsien dat niemand enige
motorvoertuig mag bestuur met 'n voorwerp of materiaal wat op die voorruit of syvenster
of agterruit geplaas, vertoon, geïnstalleer, aangeheg of aangewend word nie. Bestuurders
in Kalifornië moet nie 'n suighegstuk op hul voorruit, syvensters of agterruit gebruik nie.
Let wel: hierdie artikel van die California Vehicle Code geld vir enige iemand wat in
Kalifornië ry, en nie net vir inwoners van Kalifornië nie.
Minnesota State Legislature Statutes Section 169.71, subdivisie 1, afdeling 2 bepaal dat
niemand mag bestuur of ry met enige voorwerpe wat tussen die bestuurder en die
voorruit hang nie, behalwe sonskerms en truspieëls en elektroniese tolhektoestelle.
Let wel: hierdie Minnesota Stature geld vir enige iemand wat in Minnesota ry, en nie net
inwoners van Minnesota nie.
TomTom Inc. dra geen verantwoordelikheid vir boetes, straf of skade wat opgedoen word
as hierdie kennisgewing verontagsaam word nie.
Hierdie dokument
Hierdie handleiding is met groot sorg opgestel. Vanweë voortdurende
produkontwikkeling is sekere inligting dalk nie heeltemal op datum nie. Die inligting in
hierdie dokument is onderworpe aan verandering sonder kennisgewing.
TomTom sal nie aanspreeklik gehou word vir tegniese of redaksionele foute of weglatings
hierin nie, of vir insidentele of gevolglike skade wat voortspruit uit die prestasie of gebruik
42
van hierdie materiaal nie. Hierdie dokument bevat inligting wat beskerm word deur
kopiereg. Geen deel van hierdie dokument mag in enige vorm gefotokopieer of
herproduseer word sonder vooraf geskrewe instemming van TomTom N.V. nie.
others, are Trademarks owned by TomTom N.V. or one of its subsidiaries. Please see
www.tomtom.com/legal for warranties and end user licence agreements applying to this
product.
priklauso TomTom N.V. arba kuriai nors dukterinei įmonei. Apie šiam
produktui taikomas garantijas ir licencijavimo galutiniam vartotojui sutartis skaitykite
internete adresu www.tomtom.com/legal.
“Works with iPhone” means that an electronic accessory has been designed to connect
specifically to iPhone and has been certified by the developer to meet Apple performance
standards.
Apple is not responsible for the operation of this device or its compliance with safety and
regulatory standards.
iPhone is a registered trademark of Apple Inc.
Some images are taken from NASA’s Earth Observatory.
The purpose of NASA’s Earth Observatory is to provide a freely-accessible publication on
the Internet where the public can obtain new satellite imagery and scientific information
about our home planet.
The focus is on Earth’s climate and environmental change: earthobservatory.nasa.gov/
46
Loading...
+ hidden pages
You need points to download manuals.
1 point = 1 manual.
You can buy points or you can get point for every manual you upload.