Vind inligting oor produksertifisering op jou toestel ..................................................... 129
Gebruik MyDrive Connect 130
Meer oor MyDrive Connect .................................................................................... 130
Opstelling van MyDrive Connect .............................................................................. 130
Verbind via USB met die internet ............................................................................ 131
TomTom-rekening 132
Bylaag 133
Kopieregkennisgewings: 139
6
Nuwighede in hierdie vrystelling
Wat's nuut
Weergawe 16.4
GO 520, GO 620, GO 5200, GO 6200
Werk jou toestel via WiFi by
Jy kan voortaan die kaarte en sagteware en vele meer op jou toestel via WiFi bywerk.
Om meer te wete te kom, gaan na WiFi in hierdie gids.
Ontvang slimfoonboodskappe
Jy kan voortaan gekoppel bly en jou boodskappe ontvang sonder dat jou aandag afgelei word. Jou
TomTom GO kan boodskappe vanaf jou foon uitlees sodat jy jou hande op die stuurwiel kan hou.
Om meer te wete te kom, gaan na Handvry-bellery in hierdie gids.
Versoenbaarheid met Siri en Google NowTM
Aktiveer en praat met Siri of Google NowTM deur 'n knoppie op jou TomTom GO te tik en die
ingeboude mikrofoon te gebruik. Kry volle toegang tot jou persoonlike assistent terwyl jou foon
veilig in jou handsak of sak weggebêre is.
Om meer te wete te kom, gaan na Praat met Siri of Google Now™ in hierdie gids.
Voorspel bestemming
Jou TomTom GO gaan voortaan jou bestuursgewoontes aanleer en voorspel wanneer jy na gereelde
bestemmings gaan ry wat in My plekke gestoor is. Te danke aan slimleer, hoe meer jy met jou
toestel ry, hoe akkurater gaan die voorspellings word.
Om meer te wete te kom, gaan na Gebruik voorspel bestemming in hierdie gids.
Handvry-bellery
Jy kan voortaan hoëgehalte-oproepe vanuit jou motor maak en ontvang. Verbind bloot jou foon met
jou toestel.
Om meer te wete te kom, gaan na Meer oor handvry-bellery in hierdie gids.
TomTom MyDrive
Beplan ritte moeiteloos voordat jy in jou motor klim. Beplan roetes, kontroleer verkeer intyds en
stoor jou gunsteling plekke vanaf jou slimfoon, tablet of rekenaar. Jy kan voortaan tot soveel as
tien TomTom-toestelle met een TomTom-rekening verbind.
Om meer te wete te kom, gaan na Meer oor MyDrive Connect in hierdie gids.
TomTom-dienste is by verstek aangeskakel
Verkeer- en spoedkameradienste word voortaan geaktiveer sodra daar 'n internetverbinding is
sonder dat jy enigiets hoef te doen. Jy kan via een van die volgende metodes met die internet
verbind:
WiFi.
Koppel MyDrive Connect aan 'n internetverbinde rekenaar met die USB-kabel.
7
GPRS.
VK Engels:
https://www.youtube.com/watch?v=PIs5tGFhQIA
Frans (Frankryk):
https://www.youtube.com/watch?v=lYpPDxxXSwk
Spaans (Spanje):
https://www.youtube.com/watch?v=HkZqdD5MkHI
Duits:
https://www.youtube.com/watch?v=Skg6PWMbRxI
Italiaans:
https://www.youtube.com/watch?v=AybGRzpgu1s
Bluetooth met netwerk wat geaktiveer is.
Om meer te wete te kom, gaan na TomTom-dienste in hierdie gids.
Ander reggestelde foute en verbeterings
Verskeie verbeterings aan werksverrigting en foutregstellings is geïmplementeer.
Video-werksessies
Jy sal baie video's op ons YouTube-kanaal vind wat jou kan help om meer te wete te kom van jou
nuwe TomTom GO en ander TomTom-produkte. Besoek
www.youtube.com/user/TomTomOfficial/videos om meer te wete te kom!
Wenk: Soek op TomTom se YouTube-kanaal na video's in jou eie taal.
Volg hierdie skakels na sommige video's wat dalk van belang kan wees:
Gebruik die ingeslote hegstuk om jou TomTom GO in jou voertuig te installeer. Lees die instruksies
oor die posisionering van jou toestel voordat jy jou GO installeer.
Om jou GO te installeer, doen die volgende:
1. Koppel die voorsiene USB-kabel aan die hegstuk. As die hegstuk 'n geïntegreerde deel van jou
GO is, koppel die USB-kabel aan die toestel.
Let wel: Gebruik SLEGS die USB-kabel wat saam met jou toestel GO voorsien is. Ander
USB-kabels sal dalk nie werk nie.
2. Koppel die USB-kabel aan die USB-motorlaaier en prop dit by die kragbron op jou instrument-
paneel in.
3. Kies die beste gladde plek op jou voorruit of syvenster om jou TomTom GO te monteer.
Wenk: As die hegstuk by jou GO geïntegreer is, kan jy maklik die rotering van jou toestel
verander. Druk die knoppie aan die agterkant van die toestel om die hegstuk vry te stel en gly
dan die hegstuk uit. Steek dit weer aan die anderkant van die toestel in.
4. Maak seker dat beide die suigdop en jou motorvoorruit skoon en droog is.
5. Druk die suigdop van die hegstuk stewig teen die voorruit vas.
6. Draai die rubber greep naby die basis van die hegstuk in 'n kloksgewyse rigting totdat jy voel dit
sluit.
7. As die hegstuk nie 'n integrale deel van jou GO uitmaak nie, plaas jou GO in die hegstuk en
maak seker dat dit stewig klik.
Instrumentpaneeldokskywe is beskikbaar as deel van 'n reeks bykomstighede vir jou GO. Vir meer
inligting, gaan na tomtom.com/accessories.
Posisionering van die toestel
Dra sorg wanneer jy jou GO installeer. Die GO moenie enige van die volgende blokkeer of belemmer
nie:
Jou uitsig op die pad.
Die kontroles in jou voertuig.
Jou truspieëls.
Die lugsakke.
Jy behoort die GO maklik te kan bereik sonder om oor te leun of te rek. In 'n motor kan jy jou GO
aan die voorruit of enige syvenster heg of jy kan die instrumentpaneel-monteerskyf gebruik om die
houer aan jou instrumentpaneel te heg.
Skakel aan en af
Skakel jou toestel aan
Druk die aan/af-knoppie totdat jou toestel begin. As die toestel af was, sien jy die kaartaansig. As
jou toestel onaktief was, sien jy die laaste skerm waarna jy gekyk het.
9
Skakel jou toestel oor na onaktiewe modus
Om jou toestel na onaktiewe modus oor te skakel, druk die aan/af-knoppie en laat los dit dan.
Jy kan ook die aan/af-knoppie vir langer as 2 sekondes druk totdat jy die 'Onaktief'- en 'Skakel
af'-knoppies sien. Kies Onaktief om die toestel na onaktiewe modus oor te skakel.
Wenk: Om jou navigasietoestel na onaktiewe modus oor te skakel wanneer die USB-kabel
uitgeprop is of sodra dit uit die hegstuk gelig word, gaan na Battery-instellings in die In-
stellingskieslys.
Skakel jou toestel heeltemal af
Om jou toestel heeltemal af te skakel, kan jy een van die volgende doen:
Jy kan die aan/af-knoppie vir langer as 2 sekondes druk totdat jy die 'Onaktief'- en 'Skakel
af'-knoppies sien. Kies Skakel af om die toestel af te skakel. Kies die 'terug'-knoppie as jy nie
die toestel wil afskakel nie.
Druk en hou die aan/af-knoppie vir langer as 5 sekondes totdat die toestel afskakel.
Veiligheidskennisgewing
Sommige navigasietoestelle bevat 'n GSM/GPRS-module wat steurend op elektriese toestelle soos
hart-pasaangeërs, gehoortoestelle en lugvaarttoestelle kan inwerk.
Steurende inwerkings op hierdie toestelle kan jou of ander mense se gesondheid of lewe in gevaar
stel.
As jou toestel 'n GSM/GPRS-module bevat, moenie dit naby onbeskermde elektriese eenhede
gebruik of in areas waar die gebruik van selfone verbied word nie, soos in hospitale of op vliegtuie.
Opstelling
Let wel: Die stem wat jy kies, sal vir alle teks op die skerm gebruik word. Jy kan altyd later die taal
in Taal en eenhede in die Instellings-kieslys verander.
Wanneer jy jou TomTom GO die eerste keer aanskakel, moet jy 'n paar vrae beantwoord om dit op
te stel. Beantwoord die vrae deur aan die skerm te raak.
GPS-ontvangs
Wanneer jy jou TomTom GO die eerste keer begin, gaan dit dalk 'n paar minute benodig om jou
posisie te bepaal. In die toekoms sal jou posisie baie vinniger gevind word.
Om goeie satellietontvangs te verseker, gebruik jou GO buitenshuis en sorg dat jy dit regop hou.
Groot voorwerpe soos hoë geboue kan soms met die ontvangs inmeng.
Belangrik: QuickGPSFix bevat inligting oor satellietposisies wat jou GO help om jou posisie vinniger
te vind. QuickGPSfix-inligting word afgelaai wanneer jou toestel ook al met die internet verbind is
ongeag die metode wat gebruik word (WiFi, GPRS, slimfoon of USB).
Versending van inligting na TomTom
Wanneer jy die eerste keer navigeer of indien jy jou GO teruggelaai het, vra jou GO toestemming
om sommige inligting oor jou gebruik van die navigasietoestel te versamel. Die inligting word op jou
GO gestoor totdat ons dit terugwin. Ons gebruik dit anoniem om ons produkte en dienste te
verbeter. As jy ons dienste gebruik, sal ons ook jou liggingsinligting gebruik om die dienste aan jou
te lewer.
Jy kan te eniger tyd verander of jy hierdie inligting aan ons wil stuur deur die volgende te doen:
1. In die Hoofkieslys, kies die Instellings-knoppie.
10
2. Kies Stelsel.
3. Kies Jou inligting en privaatheid.
4. Kies die knoppie wat die versending van inligting aan- of afskakel.
Let wel: As jy kies om nie liggingsinligting aan ons te stuur nie, sal jy nie meer ons dienste
ontvang nie. Dis omdat dienste die ligging van jou toestel aan TomTom moet stuur ten einde die
verkeersinligting te ontvang wat verband hou met waar jy jouself tans bevind. Die einddatum van
jou inskrywing bly dieselfde, selfs al stuur jy nie hierdie inligting aan ons nie.
Bykomende inligting
As jy dink dat jou inligting nie gebruik word vir die doel waarvoor jy dit aan TomTom verskaf het
nie, kontak ons by tomtom.com/support.
Vir bygewerkte en vollediger besonderhede gaan na tomtom.com/privacy.
Geheuekaartgleuf
Onderaan of aan die kant van sommige TomTom-navigasietoestelle is daar 'n gleuf vir 'n geheuekaart.
Voordat jy die geheuekaartgleuf gebruik, maak seker dat die jongste sagtewareweergawe op jou
toestel geïnstalleer is deur Bywerkings en nuwe items in die Instellings-kieslys te kies.
Wanneer jou GO op datum is, kan jy 'n geheuekaart as ekstra bergingsruimte gebruik om bykomende
kaarte by te voeg of om roetes en "tracks" op jou toestel te stoor. Kaarte kan gekoop word by
tomtom.com.
Belangrik: Roetes en "tracks" kan nie op dieselfde geheuekaart as kaarte gestoor word nie omdat 'n
ander tipe geheuekaart-formatering gebruik word.
Toestel begin nie
In uitsonderlike gevalle sal jou TomTom GO dalk nie soos normaalweg begin nie of weier om op jou
tikke te reageer.
Maak eers seker dat die battery gelaai is. Om die battery te herlaai, koppel jou GO aan die
motorlaaier. Dit kan 3 - 5 ure neem om die battery ten volle te laai, afhangende van die tipe
toestel.
Belangrik: Moenie jou toestel via jou voertuig se eie USB-poort laai nie omdat dit nie sterk genoeg
is nie.
As dit nie die probleem oplos nie, kan jy 'n teruglaai uitvoer. Om dit te doen, druk en hou die
Aan/Af-knoppie in totdat jou GO opnuut begin.
Laai jou toestel
Die battery in jou TomTom GO laai wanneer jy dit aan jou TomTom-voertuiglaaier, aan jou rekenaar
of aan 'n USB-tuislaaier koppel.
Belangrik: Moenie jou toestel via jou voertuig se eie USB-poort laai nie omdat dit nie sterk genoeg
is nie.
Jy word gewaarsku wanneer die battery se vlak laag of kritiek is. Jou verbinding met sommige
TomTom-dienste word onderbreek wanneer die batteryvlak laag of kritiek is. Wanneer die battery
leeg is, gaan jou GO oor in onaktiewe modus.
11
Belangrik: Op toestelmodelle START 42/52, START 40/50/60 en GO 51/61 word die skerm
doelbewus verdof wanneer jy jou toestel aan jou rekenaar koppel. Die skerm sal ook verdof
wanneer jy van 'n laaier gebruik maak wat nie deur TomTom verskaf word nie en wat nie genoeg
krag verskaf om jou toestel te laai nie.
Let wel: Gebruik SLEGS die USB-kabel wat saam met jou toestel GO voorsien is. Ander USB-kabels
sal dalk nie werk nie.
Versorg jou GO
Dit is belangrik om jou toestel op te pas:
Moet onder geen omstandighede jou toestel se omhulsel oopmaak nie. Só 'n handeling is nie net
gevaarlik nie, dit kan ook daartoe aanleiding gee dat die waarborg nietig verklaar word.
Gebruik 'n sagte lappie om jou toestel se skerm af te vee of droog te maak. Moenie enige
vloeibare skoonmaakmiddels gebruik nie.
12
Meer oor TomTom-dienste
TomTom-dienste
Die manier waarop jou GO met TomTom-dienste verbind, hang van jou navigasietoestel af. 'n GO
verbind op een van die volgende maniere:
Met 'n permanente verbinding regstreeks vanaf jou GO. Hierdie navigasietoestelle word 'Altyd
verbinde' toestelle genoem.
Met 'n verbinding via jou slimfoon. Hierdie toestelle word 'Slimfoon verbinde' toestelle genoem.
Traffic en Spoedkameras
TomTom-dienste gee jou intydse inligting oor verkeer en spoedkameras op jou roete.
Sodra jou toestel 'n internetverbinding het EN inligting en privaatheid aangeskakel is, begin jou
toestel om verkeerinfo te ontvang sowel as bywerkings oor die ligging van vaste en mobiele
spoedkameras.
Om meer inligting oor jou Traffic- en spoedkamera-inskrywings te sien, maak die Help-skerm oop en
kies Meer oor.
Om die status van jou Traffic-verbinding te sien, kyk regs bo in die Hoofkieslys. As jou GO nie met
Traffic verbind is nie, is daar 'n kruisie deur die Traffic-simbool.
MyDrive
MyDrive maak beheer van jou toestel moontlik deur jou in staat te stel om die volgende te doen:
'n Bestemming op jou rekenaar, tablet of foon te kies en dit na jou toestel te stuur.
Jou plekke en roetes met al jou toestelle te sinchroniseer.
Al jou data veilig te hou.
en meer...
Om meer te wete te kom, sien Sinchroniseer via TomTom MyDrive of gaan na mydrive.tomtom.com.
Om outomatiese sinchronisering via MyDrive aan te skakel, kies Instellings en dan MyDrive. Verbind
met die internet via een van die drie beskikbare metodes en meld dan by jou TomTom-rekening
aan.
Let wel: Sommige TomTom-dienste is dalk nie in jou huidige ligging beskikbaar nie.
Persoonlike-areanetwerke
Slegs slimfoonverbinde toestelle
Jou foon deel sy internetverbinding via die foon se Bluetooth- en persoonlike-areanetwerk
(PAN)-funksies.
Afhangende van jou foon se bedryfstelsel, kan hierdie netwerk, of PAN, as een van die volgende
bekend staan:
Persoonlike Aksiekol
Tethering of Bluetooth Tethering
13
Tether of Bluetooth Tether
Die PAN-funksie is waarskynlik reeds deel van jou foon se bedryfstelsel, of jy kan 'n app aflaai om 'n
PAN te skep.
Let wel: Sommige selfoondiensverskaffers laat nie toe dat hulle gebruikers 'n PAN gebruik nie. As
jou foon nie 'n PAN-funksie het nie, moet jy jou diensverskaffer vir meer inligting vra.
Verwys na jou foon se gebruikergids as jy sukkel om hierdie instellings te vind.
Vir verdere hulp, gaan na tomtom.com/connect.
14
Hoekom sou ek 'n slimfoon met my toestel wou verbind?
Verbind 'n slimfoon
Verbind jou slimfoon met jou TomTom GO om hierdie kenmerke te gebruik:
TomTom-dienste
Ontvang intydse verkeerinligting, spoedkamera-bywerkings en MyDrive via jou foon se
dataverbinding. Hierdie kenmerk gebruik ongeveer 7 MB se data per maand.
Let wel: Slegs slimfoonverbinde toestelle. Altydverbinde toestelle ontvang dienste via GPRS.
Handvry-bellery
Ontvang en maak oproepe op jou GO. Verkry volle toegang tot jou foon se persoonlike assistent
- Siri of Google Now. Tik bloot die foonknoppie op die GO-skerm.
Slimfoonboodskappe
Ontvang SMS'e en boodskappe vanaf ander slimfoon-apps op jou GO. Boodskappe kan hardop
uitgelees word sodat jy jou oë op die pad kan hou.
Verbind jou foon met of sonder die MyDrive-app
Jy kan kies om jou iOS- of Android-foon via die MyDrive-app met jou toestel af te paar of deur slegs
van Bluetooth gebruik te maak.
As jy via die MyDrive-app verbind, kan jy al die kenmerke gebruik wat hierbo gelys word. As jy
verbind deur slegs van Bluetooth gebruik te maak, sal die kenmerk vir slimfoonboodskappe nie
beskikbaar wees nie.
Verbind 'n slimfoon
Jy word gevra om jou slimfoon te verbind wanneer jy jou TomTom GO die eerste keer begin, of
nadat jy jou GO teruggelaai het.
Wenk: Jy kan meer as een foon met jou GO verbind.
Verbind jou foon via die MyDrive-app
1. Op jou slimfoon, laai die TomTom MyDrive-app vanaf tomtom.com/mydriveapp af en installeer
dit.
2. Maak die MyDrive-app oop. As jy nie gevra word om jou foon te verbind nie, tik die toestelsim-
bool langs die soek-balk op die app se hoofskerm.
3. Skakel Bluetooth op jou foon aan, en maak seker jou foon kan bespeur word.
4. Op jou TomTom GO, maak die Hoofkieslys oop en kies Instellings.
5. Kies Bluetooth.
6. Kies Voeg foon by.
15
7. Volg die stappe in die app op jou GO om jou foon met jou GO af te paar.
Jou foon se oproepgeskiedenis en gereelde kontakte word op jou navigasietoestel ingevoer.
Wanneer jou foon verbind is en handvry-bellery geaktiveer is, sien jy hierdie ikoon op die kaart of in
die leidingaansig:
Jy kan in die instellingskieslys moeiteloos verander watter foonkenmerke jy in Bluetooth wil
gebruik.
Verbind jou foon deur slegs Bluetooth te gebruik
1. Skakel Bluetooth op jou foon aan, en maak seker jou foon kan bespeur word.
2. Skakel die Persoonlike-areanetwerk (PAN) op jou foon aan.
3. Op jou toestel, maak die Hoofkieslys oop en kies Instellings.
4. Kies Bluetooth.
5. Kies Voeg foon by.
6. Kies die vraagteken regs onder op die skerm.
7. Kies Wil nie die app gebruik nie? Volg hierdie instruksies.
8. Op jou foon, gaan na Bluetooth-instellings. Wag totdat jou TomTom-toestel verskyn in die lys
wat op jou foon gewys word. Tik daarop om dit af te paar.
9. Op jou toestel, kies Paar af om die afparingsversoek vanaf jou foon te aanvaar. As jy 'n iPhone
het, moet jy ook die tweede afparingsversoek aanvaar.
10. Kies Klaar.
Jou foon se oproepgeskiedenis en gereelde kontakte word op jou navigasietoestel ingevoer.
Wanneer jou foon verbind is en handvry-bellery geaktiveer is, sien jy hierdie ikoon op die kaart of in
die leidingaansig:
Diskonnektering van 'n slimfoon
Jy kan jou foon op die volgende maniere diskonnekteer:
Skakel Bluetooth op jou foon af.
Skakel jou GO af of laai jou toestel terug.
Kies Bluetooth in die instellingskieslys. Kies jou foon. Kies Ontdoen afparing om jou foon van
jou toestel te diskonnekteer.
Skrap jou toestel uit die lys van Bluetooth-afgepaarde toestelle as jy dit permanent wil
verwyder.
Herverbinding van 'n slimfoon
Jou GO sal jou foon onthou en dit outomaties vind wanneer jou foon se Bluetooth aangeskakel is en
die foon binne die reikwydte van jou navigasietoestel is.
Wenk: Maak die MyDrive-app oop om die slimfoonboodskapkenmerk te gebruik.
16
Wanneer jou foon verbind is en handvry-bellery geaktiveer is, sien jy hierdie knoppie op die kaart of
in die leidingaansig:
Jou GO sinchroniseer weer eens jou oproepgeskiedenis en foonkontakte.
As die verbinding met jou foon laat val word, sien jy 'n Bluetooth-simbool op die kaart of in die
leidingaansig.
Kan nie 'n verbinding kry nie
Om jou foon se verbindingstatus na te gaan, doen die volgende:
1. Kies Bluetooth in die Instellings-kieslys.
Die kenmerke wat tans verbind is, word langs jou foon gelys.
2. As geen kenmerke gewys word nie, kies die foon waarmee jy wil verbind.
3. Maak seker alle wisselskakels is aangeskakel. So nie, kies die opsie wat jou die geleentheid bied
om meer te wete te kom oor hoe om te verbind.
As jou GO nie met jou foon kan verbind nie, of as jy nie 'n internetverbinding het nie, gaan ook die
volgende na:
Jou foon word op jou GO gewys.
Jou foon se Bluetooth is aangeskakel.
Jou dataplan met jou selfoondiensverskaffer is aktief en jy kan toegang tot die internet op jou
foon verkry.
17
Die kaartaansig
Wat's op die skerm
Die kaartaansig word gewys wanneer jy geen beplande roete het nie. Jou werklike ligging word
gewys sodra jou GO jou GPS-ligging gevind het.
Jy kan die kaartaansig op dieselfde manier bekyk as waarop jy 'n tradisionele gedrukte kaart sou
bekyk. Jy kan in die kaart rondbeweeg deur gebare te gebruik en zoem deur die zoem-knoppies te
gebruik.
Belangrik: Alles op die kaart is interaktief met in begrip van die roete- en kaartsimbole - kies gerus
enige van hierdie en hou die resultate dop!
Wenk: Om 'n opwipkieslys vir 'n item op die kaart oop te maak, soos 'n roete of 'n PVB, kies die
item om die kieslys oop te maak. Om 'n ligging op die kaart te kies, kies en hou die ligging totdat
die opwipkieslys oopmaak.
Die kaart wys jou huidige ligging en baie ander liggings soos jou My plekke-liggings.
As jy nie 'n roete beplan het nie, is die kaart uitgezoem om die area rondom jou ligging te wys.
As jy 'n roete beplan het, word jou volledige roete op die kaart gewys. Jy kan direk via die kaart
stilhouplekke by jou roete voeg. Wanneer jy begin ry, word die leidingaansig gewys.
18
1. Terug-knoppie Hierdie knoppie verander die kaart na 'n oorsig van jou hele roete of, as geen
Jou bestemming.
Jou huisligging. Jy kan jou huisligging inMy plekke instel.
Jou werkplek. Jy kan jou werkplek inMy plekke instel.
'n Stilhouplek op jou roete.
'n Ligging wat in My plekke gestoor is.
Wanneer 'n soektog na PVB's naby 'n bestemming afgehandel is en die
resultate op die kaart vertoon word, sal minder belangrike PVB's as
swart vlagpenne met wit kruisies vertoon.
roete beplan is nie, beweeg die kaart sodat jou huidige ligging in die middel is.
2. Aansig-knoppie. Druk die aansig-knoppie om van die kaartaansig na die leidingaansig te
verwissel. Wanneer in die kaartaansig sal die pyltjie wanneer jy ry, roteer om te wys in watter
rigting jy relatief tot noord reis, met noord bo-aan.
3. Zoem-knoppies. Kies die zoem-knoppies om in en uit te zoem.
4. Huidige ligging. Hierdie simbool wys jou huidige ligging. Klik daarop om dit by My plekke of 'n
soektog naby jou huidige ligging te voeg.
Let wel: As jou GO nie jou ligging kan vind nie, word die simbool in grys gewys.
5. Geselekteerde ligging Druk en hou om 'n ligging op die kaart te kies. Kies die opwip-
kieslys-knoppie om opsies vir die ligging te wys, of kies die Ry-knoppie om 'n roete na die ligging
te beplan
6. Hoofkieslys-knoppie Kies die knoppie om die Hoofkieslys oop te maak.
7. Kaartsimbole Simbole word op die kaart gebruik om jou bestemming en jou gestoorde plekke te
wys:
Kies 'n kaartsimbool om die opwipkieslys oop te maak, en kies dan die kieslys-knoppie om 'n lys
te sien van die handelinge wat jy kan uitvoer.
8. Verkeer-info. Kies die verkeersinsident om inligting oor die verkeersvertraging te wys.
Let wel: Verkeerinfo is slegs beskikbaar as jou TomTom GO TomTom Traffic het.
9. Jou roete, mits jy 'n beplande roete het. Kies die roete om dit uit te wis, die tipe roete te
verander, 'n stilhouplek by te voeg of wysigings aan jou roete te stoor.
10. Spoedkameras op jou roete. Kies 'n spoedkamera om meer inligting oor daardie kamera te
vertoon.
11. Kies die foonknoppie op die kaart of in die leidingaansig om jou foon te aktiveer sodat jy
handvry via jou foon kan skakel.
12. Roetebalk Die roetebalk wys wanneer jy 'n roete beplan het.
19
Die leidingaansig
Die leidingaansig word gebruik om jou langs die roete na jou bestemming te lei. Die leidingaansig
wys wanneer jy begin ry. Jy sien jou huidige ligging en details langs jou roete, waaronder 3D-geboue
in sommige stede.
Let wel: 3D-geboue in leidingaansig is nie op alle toestelle beskikbaar nie.
Die leidingaansig is normaalweg in 3D. Om 'n 2D-kaart te wys met die kaart wat in die rigting
beweeg waarin jy reis, verander die 2D- en 3D-verstekinstellings.
Wenk: As jy 'n roete beplan het en die 3D-leidingaansig word gewys, kies die aansig-knoppie om
na die kaartaansig te verander en die interaktiewe funksies te gebruik.
Wanneer jou GO begin nadat dit onaktief was en jy 'n roete beplan het, sien jy die kaartaansig met
jou huidige ligging.
1. Aansig-knoppie. Druk die aansig-knoppie om van die kaartaansig na die leidingaansig te
verwissel. Wanneer in die leidingaansig sal die pyltjie wanneer jy ry, roteer om te wys in watter
rigting jy relatief tot noord reis, met noord bo-aan.
2. Zoem-knoppies Kies die zoem-knoppies om in en uit te zoem.
Wenk: Op sommige toestelle kan jy ook knyp om in en uit te zoem.
3. Instruksiepaneel Hierdie paneel wys die volgende inligting:
Die rigting waarin jy volgende moet draai.
Die afstand na jou volgende draai.
Die naam van die volgende pad op jou roete.
Baanleiding by sommige kruisings.
20
Let wel: Kies die instruksiepaneel om 'n lys van draai-vir-draai-instruksies vir jou beplande
Die bestemmingspaneel wys die volgende inligting:
Die beraamde tyd totdat jy by jou bestemming aankom.
Hoe lank dit gaan neem om vanaf jou huidige ligging tot by die
bestemming te ry.
'n Parkeerknoppie word naby die bestemmingsvlaggie gewys wanneer
parkering naby jou bestemming beskikbaar is.
Wenk: As jou bestemming in 'n ander tydsone is, sien jy 'n plus (+)of 'n minus (-)-teken en die tydsverskil word in ure en halfure in die
Bestemmingspaneel gewys. Die beraamde tyd van aankoms is die
plaaslike tyd by jou bestemming.
As jy stilhouplekke langs jou roete het, kies hierdie paneel om tussen
inligting oor die volgende stilhouplek en jou finale bestemming te wissel.
Jy kan kies watter inligting jy op die bestemmingspaneel wil sien.
Traffic-status - as jou GO nie enige verkeerinfo ontvang nie, verskyn 'n
simbool met 'n kruisie deur verkeer onderaan die aankomsinligtingpaneel.
Die balk gebruik simbole om die volgende inligting te wys:
Die volgende twee stilhouplekke op jou roete.
Wenk: Om 'n stilhouplek blitsig te verwyder, kies dit in die roete-
roete te sien.
4. Roetesimbole Simbole word op jou roete gebruik om jou beginligging, jou stilhouplekke en jou
bestemming te wys.
5. Hoofkieslys-knoppie Kies die knoppie om die Hoofkieslys te wys.
6. Spoedpaneel Hierdie paneel wys die volgende inligting:
Die spoedgrens by jou ligging.
Jou huidige spoed. As jy meer as 5 km/h of 3 mpu oor die spoedgrens ry, verander die
roetebalk na rooi. As jy minder as 5 km/h of 3 mpu oor die spoedgrens ry, verander die
roetebalk na oranje.
Die naam van die straat waarin jy ry.
7. Huidige ligging. Hierdie simbool wys jou huidige ligging. Kies die simbool of die spoedpaneel om
die kitskieslys oop te maak.
Let wel: As jou GO nie jou ligging kan vind nie, word die simbool in grys gewys.
8. Kies die foonknoppie op die kaart of in die leidingaansig om jou foon te aktiveer sodat jy
handvry via jou foon kan skakel.
9. Roetebalk Die roetebalk wys wanneer jy 'n roete beplan het.
Belangrik: Om 'n wyer roetebalk te sien wat bykomende roete-inligting wys, verander die
instelling vir Roete-inligting.
Die roetebalk
Die roetebalk wys wanneer jy 'n roete beplan het. 'n Bestemmingspaneel word bo-aan die balk
vertoon, en onder daardie balk word simbole vertoon.
Belangrik: Om 'n wyer roetebalk te sien wat bykomende roete-inligting wys, verander die instelling
vir Roete-inligting.
Let wel: Die afstand vorentoe wat deur die roetebalk gewys word, hang af van die totale lengte
van jou roete.
21
balk en gebruik die kieslys.
Vulstasies wat direk op jou roete is.
TomTom Traffic insluitend hewige reën of sneeu.
TomTom Spoedkameras en Gevaarsones
Rusplekke direk op jou roete.
Jy kan kies watter inligting om op jou roete te sien.
Die simbole is in die volgorde waarin hulle op jou roete voorkom. Vir
verkeersinsidente wissel die simbool vir elke insident tussen 'n
aanduiding van die tipe insident en hoe lank die vertraging in minute
duur. Kies 'n simbool om meer inligting oor 'n stilhouplek, 'n insident of 'n
spoedkamera te sien. As 'n simbool bo-oor 'n ander simbool gewys word,
sal om die simbole te kies op die roetebalk inzoem om elke simbool
afsonderlik te wys. Jy kan dan 'n simbool kies.
Die totale tydsduur weens verkeersknope, die weer of ander insidente op
jou roete, ingeslote inligting wat deur IQ Routes voorsien word, word
bo-aan die simbole gewys.
Vir 'n volledige lys van die tipes insidente, sien Verkeersinsidente.
Die onderkant van die roetebalk dui jou huidige ligging aan en wys die
afstand na die volgende insident op jou roete. Voorts kan jy deur hierdie
instelling aan te skakel, kies om die huidige tyd te sien.
Let wel: Om die roetebalk meer leesbaar te maak, word sommige insidente dalk nie vertoon nie.
Hierdie insidente sal altyd van minder belang wees en slegs kort vertragings veroorsaak.
Die roetebalk wys ook statusboodskappe, soos Vind tans vinnigste roete... of Speel tans
roetevoorskou....
Afstande en die roetebalk
Die afstand vorentoe wat op die roetebalk gewys word, hang af van die lengte van jou roete, of die
afstand wat oorbly op jou roete.
Vir oorblywende afstande langer as 50 km (31 myl), word slegs die volgende 50 km (31 myl)
gewys. Die bestemmingsikoon word nie gewys nie.
Wenk: Jy kan deur die roetebalk rol om jou hele roete te sien.
Vir oorblywende afstande tussen 10 km (6 myl) en 50 km (31 myl), word die volle afstand gewys.
Die bestemmingsikoon word konstant bo-aan die roetebalk gewys.
Vir oorblywende afstande van minder as 10 km (6 myl) word die volle afstand gewys. Die
bestemmingsikoon beweeg na onder in die rigting van die sjevron hoe nader jy aan jou bestemming kom.
Die boonste helfte van die roetebalk wys twee keer die afstand as die onderste helfte, soos in die
volgende voorbeelde gewys word:
'n Oorblywende afstand van 50 km op die roetebalk word verdeel in 34 km (21 myl) bo-aan en 16
km (9 myl) onderaan.
'n Oorblywende afstand van 10 km op die roetebalk word verdeel in 6,6 km (4 myl) bo-aan en
3,3 km (2 myl) onderaan.
Soos jy ry, word die roetebalk konstant opgedateer.
Die kitskieslys
Om die kitskieslys oop te maak, kies die "huidige ligging"-simbool of die spoedpaneel in die
leidingaansig.
22
Jy kan dan enige van die volgende doen:
Soek
Kies hierdie knoppie om vir 'n adres, 'n plek of 'n Plek van belang te soek
en kies dan Beplan 'n roete na daardie ligging.
Ry Huis toe
Kies hierdie knoppie om na jou huisligging te ry. As hierdie knoppie nie by
jou hoofkieslys ingesluit is nie, gaan na My plekke om jou huisligging op te
stel.
Ry Werk toe
Kies hierdie knoppie om na jou werkplek te ry. As hierdie knoppie nie by
jou hoofkieslys ingesluit is nie, gaan na My plekke om jou werkplek op te
stel.
Onlangse
bestemming
Kies hierdie knoppie om 'n lys van jou onlangse bestemmings oop te maak.
Kies 'n onlangse bestemming om 'n roete na daardie bestemming te
beplan.
'n Ligging merk
'n Nuwe spoedkamera rapporteer
'n Spoedgrens verander
Vermy 'n geblokkeerde pad
Sien jou huidige ligging of jou breedtegraad/lengtegraad indien nie op 'n benoemde pad nie.
Navigasieknoppies
In die kaartaansig of leidingaansig, kies die hoofkieslys-knoppie om die Hoofkieslys oop te maak.
Die volgende navigasieknoppies is op die hoofkieslys-skerm beskikbaar, benewens ander knoppies en
simbole:
Let wel: Nie alle funksies werk op alle toestelle nie.
23
Huidige roete /
Huidige "Track"
Kies hierdie knoppie om jou beplande roete of "track" te wis of te
verander.
My plekke
Kies hierdie knoppie om jou gestoorde plekke te wys.
My roetes
Kies hierdie knoppie om jou gestoorde roetes te wys.
Neem roete op
Kies hierdie knoppie om die opneem van 'n "track" te begin of te staak.
Stembeheer
Kies hierdie knoppie om stembeheer te begin.
Wenk: Jy kan ook die "word wakker"-frase sê om stembeheer te begin.
Parkering
Kies hierdie knoppie om parkeerterreine te vind.
24
Vulstasie
Kies hierdie knoppie om vulstasies te vind.
Rapporteer kamera
Kies hierdie knoppie om 'n spoedkamera te rapporteer.
Kontakte
Kies hierdie knoppie om jou foon se foongids met jou toestel te
sinchroniseer.
Let wel: Hierdie knoppie word net gewys mits jy handvry-bellery
opgestel het.
Kies hierdie knoppie om die Hoofkieslys oop te maak.
Kies hierdie knoppie om die Hulpkieslys oop te maak. Die Hulpkieslys
bevat hulp oor hoe om jou GO te gebruik, tesame met ander inligting oor
jou toestel, soos kaartweergawe, die toestel se reeksnommer en
regsinligting.
Kies hierdie knoppie om die knoppies in die Hoofkieslys te herrangskik.
Kies hierdie knoppie om na die vorige skerm terug te gaan.
Kies hierdie simbool om terug te gaan na die kaartaansig of leidingaansig.
Hierdie simbool wys die status van die Bluetooth-verbinding met jou foon.
Kleiner knoppies en simbole vir hoofkieslys
In die kaartaansig of leidingaansig, kies die hoofkieslys-knoppie om die Hoofkieslys oop te maak.
Die volgende knoppies en simbole is op die hoofkieslys-skerm beskikbaar, benewens die navigasie-
knoppies:
25
Hierdie simbool wys die oorblywende krag in jou GO se battery.
Hierdie simbool wys dat jou GO met Traffic verbind is.
Hierdie simbool wys dat jou GO nie met Traffic verbind is nie.
Hierdie simbool wys dat jou GO met MyDrive verbind is.
Hierdie simbool wys dat jou GO nie met MyDrive verbind is nie.
Hierdie simbool wys dat jou toestel via WiFi met die internet verbind is.
Hierdie simbool wys dat jou toestel nie via WiFi met die internet verbind
is nie.
Hierdie knoppie wys dat jy gesproke instruksies sal hoor. Kies die knoppie
om stemleiding af te skakel. Jy sal nie meer gesproke roete-instruksies
hoor nie, maar jy sal steeds inligting soos verkeersinligting en
waarskuklanke hoor.
Wenk: Jy kan kies watter tipe instruksies jy wil hoor. Kies Stemme in
die Instellingskieslys en kies watter instruksies jy wil hoor.
Hierdie knoppie wys dat jy nie gesproke instruksies sal hoor nie. Kies
hierdie knoppie om stemleiding aan te skakel.
Hierdie knoppie wys dat die aansig dagkleure gebruik. Kies die knoppie om
die helderheid van die skerm te verminder en die kaart in donkerder
kleure te vertoon.
Wanneer jy snags bestuur of deur 'n donker tonnel ry, is dit makliker om
die skerm te bekyk en minder steurend vir die bestuurder as die skerm se
helderheid verdof word.
Wenk: Jou toestel wissel outomaties tussen dag- en nagkleure na gelang
van hoe laat dit is. Om hierdie kenmerk af te skakel, kies Voorkoms in
die Instellings-kieslys en skakel Skakel oor na nagkleure as dit donker is af.
Hierdie knoppie wys dat die aansig nagkleure gebruik. Kies die knoppie om
die helderheid van die skerm te verhoog en die kaart in helderder kleure
te vertoon.
26
Hierdie knoppie wys dat jy wel boodskappe gaan ontvang. Kies hierdie
knoppie as jy vir die duur van jou huidige sessie sou verkies om
boodskappe af te skakel.
Hierdie knoppie wys dat jy geen boodskappe gaan ontvang nie. As jy
boodskappe weer wil aanskakel, kies hierdie knoppie.
Dubbele tik
Raak met een vinger twee keer, kort na mekaar, aan die skerm.
Gebruik dit, byvoorbeeld, om op die kaart in te zoem.
Sleep
Sit een vinger op die skerm en beweeg dit oor die skerm.
Gebruik dit, byvoorbeeld, om deur die kaart te rol.
Veeg
Vee die punt van 'n enkele vinger oor die skerm.
Gebruik dit, byvoorbeeld, om oor 'n groot afstand deur die kaart te rol.
Wenk: Vee is nie op alle toestelle beskikbaar nie.
Druk en hou
Hou een vinger vir langer as 0.5 sekondes op die skerm.
Gebruik dit, byvoorbeeld, om die opwipkieslys vir 'n plek op die kaart oop
te maak.
Volumebeheer
In die kaart- of leidingaansig, kies die hoofkieslys-knoppie om die Hoofkieslys oop te maak.
Kies en gly die volumebeheer om die volume van gesproke instruksies en waarskuwings te verander.
Selfs al is die gesproke instruksies afgeskake, sal die volumebeheer steeds die volume van die
waarskuwings verander.
Gebruik gebare
Jy gebruik gebare om jou GO te beheer.
In hierdie gebruikhandleiding het jy geleer hoe om gebare te gebruik om jou GO te beheer. Hierna
volg 'n verduideliking van elke gebaar.
27
Knyp om te zoem
Raak aan die skerm met jou duim en 'n vinger. Beweeg hulle weg van
mekaar om in te zoem of beweeg hulle na mekaar om uit te zoem.
Gebruik dit, byvoorbeeld, om op die kaart in en uit te zoem.
Wenk: Knyp om te zoem is nie op alle toestelle beskikbaar nie. As knyp
om te zoem nie beskikbaar is nie, gebruik die zoem-knoppies om in en
uit te zoem.
Tik of kies
Tik met een vinger op die skerm.
Gebruik dit, byvoorbeeld, om 'n item uit die Hoofkieslys te kies.
Verander die teks- en knoppiegrootte
Jy kan die grootte verander van die teks en die knoppies wat jy op die skerm sien sodat die teks,
byvoorbeeld, makliker is om te lees en die knoppies makliker is om te gebruik.
Let wel: Hierdie funksie is slegs beskikbaar op toestelle met 'n skerm van 6 duim / 15 cm of
groter.
Om die grootte van die teks en die knoppies te verander, kies die Instellings-knoppie in die
Hoofkieslys en kies dan Voorkoms; kies daarna Grootte van teks en knoppies. Jou toestel moet
herbegin om die verandering toe te pas.
Herrangskik die Hoofkieslys se knoppies
Om die knoppies in die Hoofkieslys te herrangskik om by jou voorkeure te pas, doen die volgende:
1. Kies die Hoofkieslys-knoppie om die hoofkieslys oop te maak.
2. Druk en hou die knoppie wat jy wil skuif vir twee sekondes.
Wenk: So nie, kies die Redigeer-knoppie in die Hoofkieslys.
Die kieslys-knoppie word met links- en regs-pyltjies gewys.
3. Druk die links- of regs-pyltjie om die kieslys-knoppie na 'n nuwe posisie in die kieslys te skuif.
4. Kies en skuif ander knoppies in die volgorde waarin jy hulle wil hê.
5. Kies Klaar.
28
Meer oor TomTom Traffic
Verkeer
TomTom Traffic is 'n TomTom-diens wat intydse verkeersinligting bied.
In kombinasie met IQ Routes, help TomTom Traffic jou om die optimale roete na jou bestemming te
beplan deur die heersende plaaslike verkeerstoestande en die weer in ag te neem.
Jou TomTom GO kry gereeld inligting oor die veranderende verkeerstoestande. As verkeersknope,
swaar reën, sneeuneerslae of ander insidente op jou huidige roete bespeur word, sal jou GO
voorstel dat jou roete herbeplan word in 'n poging om enige vertragings te vermy.
Belangrik: Wanneer 'n vinniger alternatiewe roete genader word, gaan jy voortaan 'n waarskuwing
in die roetebalk ontvang en sal jy die alternatiewe roete in beide die leidingaansig en die
kaartaansig kan sien. Om 'n vinniger roete te aanvaar, stuur bloot in die rigting van die alternatiewe
roete namate jy dit nader en jou toestel sal dit kies.
Om TomTom-dienste op jou GO te ontvang, moet jy met die internet verbind wees. Jy kan via een
van die volgende metodes met die internet verbind:
WiFi.
Koppel MyDrive Connect aan 'n internetverbinde rekenaar met die USB-kabel.
GPRS.
Bluetooth met netwerk wat geaktiveer is.
Let wel: Sommige TomTom-dienste is dalk nie in jou huidige ligging beskikbaar nie.
Meer oor RDS-TMC
Die Traffic Message Channel (TMC), ook bekend as RDS-TMC, versend verkeersinligting as 'n radiosein
en is gratis beskikbaar in baie lande.
TMC is nie 'n TomTom-diens nie, maar is beskikbaar wanneer die TomTom
RDS-TMC-verkeersontvanger gebruik word.
Let wel: TMC is nie in alle lande beskikbaar nie. Om die beskikbaarheid van TMC-dienste in jou
land te kontroleer, gaan na tomtom.com/5826.
TomTom is nie verantwoordelik vir die beskikbaarheid of gehalte van verkeerinligting wat deur
TMC voorsien word nie.
Die roetebalk
Die roetebalk wys wanneer jy 'n roete beplan het. 'n Bestemmingspaneel word bo-aan die balk
vertoon, en onder daardie balk word simbole vertoon.
Belangrik: Om 'n wyer roetebalk te sien wat bykomende roete-inligting wys, verander die instelling
vir Roete-inligting.
Let wel: Die afstand vorentoe wat deur die roetebalk gewys word, hang af van die totale lengte
van jou roete.
29
Die bestemmingspaneel wys die volgende inligting:
Die beraamde tyd totdat jy by jou bestemming aankom.
Hoe lank dit gaan neem om vanaf jou huidige ligging tot by die
bestemming te ry.
'n Parkeerknoppie word naby die bestemmingsvlaggie gewys wanneer
parkering naby jou bestemming beskikbaar is.
Wenk: As jou bestemming in 'n ander tydsone is, sien jy 'n plus (+)of 'n minus (-)-teken en die tydsverskil word in ure en halfure in die
Bestemmingspaneel gewys. Die beraamde tyd van aankoms is die
plaaslike tyd by jou bestemming.
As jy stilhouplekke langs jou roete het, kies hierdie paneel om tussen
inligting oor die volgende stilhouplek en jou finale bestemming te wissel.
Jy kan kies watter inligting jy op die bestemmingspaneel wil sien.
Traffic-status - as jou GO nie enige verkeerinfo ontvang nie, verskyn 'n
simbool met 'n kruisie deur verkeer onderaan die aankomsinligtingpaneel.
Die balk gebruik simbole om die volgende inligting te wys:
Die volgende twee stilhouplekke op jou roete.
Wenk: Om 'n stilhouplek blitsig te verwyder, kies dit in die roetebalk en gebruik die kieslys.
Vulstasies wat direk op jou roete is.
TomTom Traffic insluitend hewige reën of sneeu.
TomTom Spoedkameras en Gevaarsones
Rusplekke direk op jou roete.
Jy kan kies watter inligting om op jou roete te sien.
Die simbole is in die volgorde waarin hulle op jou roete voorkom. Vir
verkeersinsidente wissel die simbool vir elke insident tussen 'n
aanduiding van die tipe insident en hoe lank die vertraging in minute
duur. Kies 'n simbool om meer inligting oor 'n stilhouplek, 'n insident of 'n
spoedkamera te sien. As 'n simbool bo-oor 'n ander simbool gewys word,
sal om die simbole te kies op die roetebalk inzoem om elke simbool
afsonderlik te wys. Jy kan dan 'n simbool kies.
Die totale tydsduur weens verkeersknope, die weer of ander insidente op
jou roete, ingeslote inligting wat deur IQ Routes voorsien word, word
bo-aan die simbole gewys.
Vir 'n volledige lys van die tipes insidente, sien Verkeersinsidente.
Die onderkant van die roetebalk dui jou huidige ligging aan en wys die
afstand na die volgende insident op jou roete. Voorts kan jy deur hierdie
instelling aan te skakel, kies om die huidige tyd te sien.
Let wel: Om die roetebalk meer leesbaar te maak, word sommige insidente dalk nie vertoon nie.
Hierdie insidente sal altyd van minder belang wees en slegs kort vertragings veroorsaak.
Die roetebalk wys ook statusboodskappe, soos Vind tans vinnigste roete... of Speel tans
roetevoorskou....
Bekyk verkeer op die kaart
Verkeersinsidente word op die kaart gewys. In gevalle waar verskeie verkeersinsidente oorvleuel, sal
die insident met die hoogste prioriteit gewys word - byvoorbeeld, 'n pad wat gesluit is geniet
voorrang bo padwerke of 'n baan wat gesluit is.
30
Loading...
+ 109 hidden pages
You need points to download manuals.
1 point = 1 manual.
You can buy points or you can get point for every manual you upload.