Dankie dat jy hierdie Sony produk gekies het. Lees hierdie
handleiding deeglik voordat jy die TV gebruik en bewaar dit vir
toekomstige verwysing.
~
• Instruksies oor “Plasing van Muur-monteerraam” is ingesluit
in hierdie TV se instruksiehandleiding.
• Die illustrasies wat in hierdie handleiding gebruik word, kan
moontlik verskil, afhangende van jou TV-model.
• Die illustrasies van die afstandbeheer wat in hierdie
handleiding gebruik word, is van die RM-GD026, tensy
anders vermeld.
• Voordat jy die TV gebruik, lees bladsy 29 (Veiligheidsinligting). Bewaar hierdie handleiding vir toekomstige
verwysing.
Handelsmerkinligting
Die terme HDMI en HDMI High-Definition Multimedia Interface
en die HDMI logo is handelsmerke of geregistreerde
handelsmerke van HDMI Licensing LLC in die Verenigde State
en ander lande.
DLNA®, die DLNA logo en DLNA CERTIFIED® is
handelsmerke, diensmerke of sertifiseringsmerke van die
Digital Living Network Alliance.
Vervaardig onder lisensie van Dolby Laboratories.
“BRAVIA” en is handelsmerke van Sony
Corporation.
TrackID is 'n handelsmerk of geregistreerde handelsmerk van
Sony Mobile Communications AB.
Musiek- en video-erkenningtegnologie en verwante data word
voorsien deur Gracenote®. Gracenote is die bedryfstandaard
in musiek-erkenningtegnologie en lewering van verwante
inhoud. Vir meer inligting, besoek gerus www.gracenote.com.
Gracenote, MusicID, VideoID, Video Explore, die Gracenote
logo en logoteks, en die “Powered by Gracenote”-logo is óf
geregistreerde handelsmerke of handelsmerke van Gracenote
in die Verenigde State en/of ander lande.
Opera® Devices SDK from Opera Software ASA. Copyright
1995-2013 Opera Software ASA. All rights reserved.
Wi-Fi, Wi-Fi Direct en Miracast is merke of geregistreerde
merke van Wi-Fi Alliance.
“Blu-ray Disc”, “Blu-ray” en Blu-ray Disc is handelsmerke van
Blu-ray Disc Association.
“Sony Entertainment Network logo” en Sony Entertainment
Network is handelsmerke van Sony Corporation.
MHL, Mobile High-Definition Link en die MHL logo is
handelsmerke of geregistreerde handelsmerke van MHL
Licensing, LLC.
Vervaardig ingevolge lisensie van DTS Licensing Limited. Vir
Amerikaanse en wêreldwye patent- en handelsmerkinligting,
sien www.dts.com/patents/legacy.aspx.
(c) DTS Licensing Limited and DTS, Inc. 2012.
AF
2
AF
Kennisgewing vir klante in Suid-Afrika
Die Euro-Suid-Afrika-omskakelaarprop moet as volg gekoppel
word.
1 Steek die kragtoevoer- of CEE7-prop by
die omskakelaarprop in.
2 Gebruik 'n geskikte skroewedraaier en
draai die skroef stewig vas sonder om die
skroefkop te beskadig.
3 TOETS: Hou die omskakelaarprop stewig
vas en trek die VDE-koordstel/
transformator om seker te maak dat dit
heeltemal vas is. Indien nie, vermeerder
wringkrag en draai dit stewiger vas.
Hertoets dit dan.
Die omskakelaarprop is nou gereed vir
gebruik.
Ligging van die identifiseeretiket
Etikette vir modelnommer en kragtoevoer-gradering (in
ooreenstemming met toepaslike veiligheidsregulasie) is
agterop die TV. Etikette vir WS-passtuk se modelnommer en
reeksnommer is onderaan die WS-passtuk.
AF
3
Meer oor hierdie handleiding
Hierdie handleiding verduidelik hoe om jou TV op te stel. Vir
meer inligting oor hoe om BRAVIA TV te gebruik, verwys na
die “Elektroniese handleiding”.
Gebruiksinstruksies
Elektroniese handleiding
(i-Manual)
Dit verduidelik hoe om jou TV op te stel, soos
koppelings, aanvanklike opstelling en basiese werking.
Vir meer inligting, druk die i-MANUAL -knoppie
Dit verduidelik hoe om al die kenmerke te gebruik.
Sien bladsy 19 oor hoe om die i-Manual te gebruik.
Beelde en illustrasies wat in hierdie handleiding gebruik word,
kan verskil van dié op die skerm.
(Gebruiksinstruksies)
AF
4
AF
Inhoudsopgawe
Hoe om te begin
Hoe om die bykomstighede na te gaan .................................................... 6
Hoe om batterye in die afstandbeheer te sit ............................................. 6
1: Hoe om die tafelstaander vas te maak.................................................. 7
* Verwys na die pamphlet oor die tafelstaander wat
voorsien is om die tafelstaander te monteer.
Hoe om batterye
in die
afstandbeheer te
sit
1 Verwyder die beskermingsblad.
2 Stoot en skuif die deksel om dit oop te maak.
AF
6
AF
1: Hoe om die
IR-sensor
Sagte doek
Staandernekke
Staander
tafelstaander
Maak die tafelstaander los
van die TV
vas te maak
Verwys na die pamphlet oor die tafelstaander
wat voorsien is vir behoorlike vasmaak.
1 Plaas die TV op die tafelstaander.
2 Heg die TV aan die tafelstaander deur die
skroewe te gebruik wat voorsien is. Die pyle
toon die ligging van die skroefgate wat
gebruik word om die tafelstaander veilig vas
te maak.
Om die tafelstaander van die TV los te maak,
verwyder die skroewe wat in stap 2
vasgedraai is.
~
• Moenie die tafelstaander om enige ander rede
verwyder as om ooreenstemmende
bykomstighede aan die TV te installeer nie.
• Wanneer jy die tafelstaander van die TV
losmaak, plaas die TV met die skerm na onder
op 'n stabiele werksoppervlak wat groter as die
TV is.
• Om te voorkom dat die oppervlak van die LCDskerm beskadig word, maak seker dat jy 'n sagte
doek op die werksoppervlak plaas.
• Sodra jy die staandernekke van die staander af
losgemaak het, bêre die staandernekke en
skroewe op 'n veilige plek.
~
• As jy 'n elektriese skroewedraaier gebruik,
stel die wringkrag op ongeveer 1.5 Nm
{15 kg/cm²}.
~
• Maak seker geen voorwerpe staan voor die TV
nie.
AF
7
2: Verbindings
Antennakabel
(nie voorsien)
Boboks/opnemer (bv. DVD-opnemer)
Antennakabel
(nie voorsien)
HDMI-kabel
(nie voorsien)
~
• Gebruik 'n antennakabelverbinder wat nie dikker
14 mm is nie.
• Gebruik 'n HDMI-kabelverbinder binne 12 mm
(dikte) × 21 mm (breedte).
• Vir meer inligting oor verbindings, verwys na die
i-Manual.
Hoe om 'n antenna/kabel/
VKO te verbind
x Om 'n antenna/kabel te verbind
x Om 'n boboks/opnemer (bv. DVD-
opnemer) met HDMI te verbind
AF
8
AF
x Hoe om 'n antenna/kabel en VKO te
Antennakabel
(nie voorsien)
Oudio-video-kabel
(nie voorsien)
VKO
DVD-opnemer
Oudio-video-kabel
(nie voorsien)
Antennakabel
(nie voorsien)
verbind
Hoe om oudio/videotoestelle te verbind
(Vervolg)
AF
9
Om MHL-toestel te koppel
Gebruik
goedgekeurde
MHL2-kabel met
MHL-logo
(nie voorsien)
MHL-toestel
1
Sagte doek
6-8 mm
Skroef M4
Koord
TV se
tafelstaander
Die MHL (Mobile High-Definition Link) laat die
TV met 'n gekoppelde MHL-versoenbare toestel
kommunikeer. Die TV kan die gekoppelde MHLversoenbare toestel laai terwyl dit foto/musiek/
video van daar af speel. Jy kan die TV se
afstandbeheer gebruik om die gekoppelde
MHL-versoenbare toestel te beheer.
~
• As die “Outo-invoerverandering(MHL)” op “Aan”
gestel is, wissel die TV outomaties na HDMI IN 2/
MHL van 'n ander invoer wanneer die
MHL-versoenbare toestel aan 'n HDMI IN 2/MHLsok gekoppel is. Die beskikbaarheid van “Outoinvoerverandering(MHL)” hang daarvan af of die
MHL-versoenbare toestel hierdie kenmerk steun.
• Jy kan voortgaan met normale gebruik van die
gekoppelde MHL-versoenbare toestel (soos om
oproepe te ontvang), afhangende van sy vermoë.
• Sommige afstandbeheerfunksies sal dalk nie
beskikbaar wees nie, afhangende van die
kenmerke van die gekoppelde MHL-versoenbare
toestel. Verwys asseblief na die toestel se
handleiding vir besonderhed.
• As “MHL-laai tydens Bystand” op “Aan” gestel is,
kan jy voortgaan om die MHL-versoenbare
toestel te laai, selfs wanneer die TV in
bystandmodus is.
• Hierdie produk is amptelik MHL-gesertifiseer vir
gebruik met ander MHL-gesertifiseerde toestelle.
As jy enige probleme ondervind terwyl jy die
MHL-funksie gebruik, doen asseblief navraag my
die toestel se vervaardiger vir rugsteun.
3: Hoe om te
voorkom dat die
TV omval
~
• Voordat jy die masjienskroef installeer, plaas die
TV met die skerm na onder op 'n stabiele
werksoppervlak wat groter as die TV is.
• Om te voorkom dat die oppervlak van die LCDskerm beskadig word, maak seker dat jy 'n sagte
doek op die werksoppervlak plaas.
1 Installeer 'n masjienskroef (M4, nie voorsien)
in die skroefgat van die TV en bind dit met 'n
sterk koord (nie voorsien).
2 Installeer 'n houtskroef (nie voorsien) in die
TV-staander. Bind dan die sterk koord aan
die houtskroef.
Die lengte van die M4 masjienskroef wissel,
afhangende van die deursnee van die koord.
Kyk asseblief na die illustrasie hieronder.
AF
10
AF
4: Hoe om die
2
1
TV
Internet
Modem
met
roeteerderf
unksies
Roeteerder
Modem
Internet
of
5: Hoe om die TV
kabels saam te
bondel
~
• Moenie die muurprop-kabel (WS) met die ander
kabels saambondel nie.
met die Internet
te verbind
Wanneer jy hierdie TV met die Internet verbind,
kan jy veelvuldige funksies geniet. Vir
besonderhede oor die funksies, verwys na die
i-Manual.
~
• Jy sal 'n kontrak met 'n Internetdiensverskaffer
moet hê om met die Internet te verbind.
Hoe om 'n kabelnetwerk
voor te berei
~
• Vir LAN-verbindings, gebruik 'n kategorie 7kabel (nie voorsien).
(Vervolg)
11
AF
Hoe om 'n koordlose LAN
Koordlose
roeteerder
Modem
Internet
TV
TV
voor te berei
6: Hoe om die
aanvanklike
KDL-42/32W674A, KDL-42/32W670A
Die ingeboude koordlose LAN-toestel gee jou
toegang tot die Internet en jou tuisnetwerk. Met
hierdie kenmerk kan jy met 'n koordlose LAN
verbind en die voordele van koordlose
netwerkomgewing geniet.
Behalwe KDL-42/32W674A,
KDL-42/32W670A
Draadlose LAN-gereedheid gee jou maklike
toegang tot die internet en jou tuisnetwerk met
die USB koordlose LAN-passtuk UWA-BR100.
Deur die USB koordlose LAN-passtuk by jou TV
se USB poort in te druk, kan jy maklik 'n
kabelvrye netwerk opstel.
opstelling te
doen
1 Koppel die muurprop-kabel (WS) aan die
WS-passtuk en prop die WS-kabel in die DC
IN-terminaal. Koppel dan die TV aan jou
muurprop-sok (WS).
2 Druk =/1 op die TV. Die beligting-LED sal in
wit aangaan.
Wanneer jy die TV die eerste keer aanskakel,
sal die Taalkieslys op die skerm verskyn.
Voordat jy die koordlose LAN-funksie van die TV
opstel, maak seker dat jy 'n koordlose LANroeteerder opstel.
12
AF
~
• Wanneer jy die TV vir die eerste keer
aanskakel, vereis die TV 'n bietjie interne
prosessering vor optimalisering. Dit gebeur
voordat jy die aanvanklike opstelling kan
doen. Daar sal geen beeld of klank wees nie
en die beligting-LED aan die voorkant van die
TV flikker wit vir omtrent 40 sekondes. Moenie
die TV gedurende hierdie proses afskakel
nie. Vir sommige TV's is hierdie proses reeds
by die fabriek voltooi.
• Die beligting-LED skyn in verskillende kleure
volgens die status van die TV. As jy nie die
beligting-LED wil sien nie, kan jy dit afskakel.
Druk HOME, en kies dan “Stellings” t
“Stelsel-stellings” t “Algemene Opstelling”
t “Beligting-LED” t “Af”. Jy kan ook
OPTIONS druk, en dan kies “Beligting-LED”
t “Af”.
AF
3 Druk V/v/B/b om 'n item te kies en druk dan
.
Volg die instruksies op die skerm.
Programsortering: Verander die volgorde
van analoog kanale wat in die TV gestoor is.
1 Druk V/v om die kanaal te kies wat jy na
'n nuwe posisie wil verskuif en druk dan
.
2 Druk V/v om die nuwe posisie vir die
kanaal te kies en druk dan .
~
• Jy kan kanale ook met die hand instel.
Netwerkopstelling: Stel die
Internetinstellings op. As jy nie toegang tot
die internet het nie, of as jy dit later wil
opstel, kies “Slaan oor”. Nadat jy “Gaan
voort” of “Begin” (afhangende van model) in
die Internet-opstelling-bevestigingskerm
gekies het, kies “Outo” om outomaties aan
die netwerk te koppel. Kies “Eie Stellings”
om per hand te koppel.
~
• As jy WEP-sekuriteit gebruik, kies “Eie
Stellings” t “Koordlose opstelling” t
“Skandeer”. Kies dan die naam van die
netwerk (SSID) waarmee jy wil verbind.
As jy nie die vereiste netwerknaam kan kry
nie, kies “[Sleutel In Per Hand]” en druk
om die netwerknaam in te voer.
• Om “Netwerkopstelling” later op te stel, druk
HOME en kies dan “Stellings” t “Netwerk”
t “Netwerkopstelling”.
• Gebruik die opsionele USB koordlose LANpasstuk om teen 5 GHz met jou koordlose
roeteerder (of toegangspunt) te verbind.
Druk USB koordlose LAN-passtuk in en stel
“Wi-Fi Direct” na “Af”. Druk HOME en kies
dan “Stellings” t “Netwerk” t “Wi-Fi
Direct” t “Af”.
13
AF
Hoe om jou BRAVIA TV te gebruik
1
3
3
2
1
ofof
Agterkant van die TV
Kyk TV
1Skakel die TV aan.
Druk =/1 op die TV of afstandbeheer om die TV aan
te skakel.
2Kies 'n modus.
3Kies 'n TV-kanaal of kies 'n invoer.
x Om digitale kanale te kies
Gebruik 0-9. Vir kanaalnommers 10 en meer, druk die
volgende syfer vinnig.
~
• Sien die illustrasie hieronder vir die ligging van die "/1,
, 2+/-, V/v/B/b, , en HOME -knoppies op die
CH+/-
TV.
AF
14
AF
Knoppies wat gereeld gebruik word
4
3
1
2
5
1Subtitelinstelling
Jy kan subtitel aan- of afskakel terwyl jy na digitale
programme kyk.
2 AUDIO
Jy kan die sub-klank of sekondêre taal kies terwyl
jy na veelvuldige programme kyk.
3 Kleurknoppies
Wanneer die kleurknoppies beskikbaar is, sal 'n
gebruiksgids op die skerm verskyn.
4 GUIDE
Dit vertoon die digitale programgids.
5/Toon Info/Teks
Dit vertoon kanaalnommer, programbesonderhede
en die horlosie.
15
AF
Hoe om verskillende funksies en
2, 3
1
OPTIONS
instellings (Tuiskieslys) te kies
Jy kan die kenmerke van jou TV uit die Tuiskieslys kies.
Hier is 'n voorbeeld van hoe om 'n item te kies en die TVinstellings aan te pas.
1Druk HOME.
2Druk V/v om “Stellings”-kategorie te
kies.
Die inhoud van “Stellings” word horisontaal vertoon.
Sien bladsy 17 (Kategorielys) vir alle kategorieë.
3Druk B/b om 'n gekose
instellingsitem te kies en druk dan .
4Pas die instellings aan.
x Om die Tuiskieslys te verlaat
Druk HOME.
x Om te kies deur die OPTIONS-knoppie te
gebruik
Druk OPTIONS.
'n Lys handige funksies en kieslyskortpaaie word vertoon.
Die items op die kieslys verskil volgens die huidige invoer
en/of inhoud.
16
AF
AF
Kategorielys
Kategorie
Die kategorieë is beskikbaar afhangende van jou TV-model, streek en land.
Aanbeveel
Geskiedenis
TV
Toepassings
Gekoppelde Toestelle
Stellings
Dit verskaf inligting oor beskikbare toepassings en inhoud.
As daar geen netwerkkoppeling is nie, of die “Aanbevole Skerm”instelling is op “Af”, sal die “Aanbeveel”-kategorie nie vertoon word nie.
Dit vertoon items waarna onlangs gekyk is.
Dit laat jou 'n lys TV-kanale of 'n programgids kies.
Die programgids is beskikbaar afhangende van jou TV-model of streek.
'n Lys kanale wat as gunstelinge in die “TV”-kategorie geregistreer is,
word vertoon.
Dit laat toepassings begin wat die Internetverbinding vereis, insluitend
Media Player wat nie die Internetverbinding vereis nie.
'n Lys van toepassings wat as gunstelinge in die “Toepassings”-kategorie
geregistreer is, word vertoon.
Dit aktiveer die kies van toestelle wat aan die TV gekoppel is.
Dit verskaf instellings (bv. beeld-, klank- en sleuteltooninstellings) sodat jy
jou TV kan pasmaak.
17
AF
Hoe om Internetvideo te kyk
2, 3, 4
1
Hierdie kenmerk dien as 'n deurgang na Internetinhoud en lewer direk aan jou TV 'n verskeidenheid
vermaak op aanvraag. Jy kan video-inhoud, insluitend rolprente en strokiesverhale geniet.
Jy sal 'n breëband-Internetverbinding moet hê. Vir besonderhede, sien bladsy 11 (5: Hoe om die TV met
die Internet te verbind).
1Druk HOME.
2Druk V/v om “Toepassings”-
kategorie te kies.
3Druk B/b om “Alle Toepassings” te
kies en druk dan .
4Druk V/v/B/b om die gekose diens te
kies en druk dan .
~
• As jy problem met hierdie kenmerk ondervind, maak seker dat die Internetverbinding korrek opgestel is.
• Die koppelvlak met Internetinhoud hang van die Internetinhoudverskaffers af.
• Dienste blokkeer video-inhoud volgens die “Sluiting deur Ouer”-instelling van die TV. Sommige
diensverskaffers steun nie hierdie funksie nie.
• Om Internetvideo-inhouddienste op te dateer, druk HOME en kies dan “Stellings” t “Netwerk” t “Verfris
Internet-inhoud”.
AF
18
AF
Hoe om instruksies te soek
1
2
RETURN
* As 'n pyl verskyn, druk v herhaaldelik om meer
items te laat vertoon.
Pyl*
Hoe om instruksies in die
elektroniese handleiding te soek
(i-Manual)
Gebruiksinstruksies is by jou BRAVIA TV ingebou en kan op die skerm vertoon word.
Om meer oor jou TV se kenmerke te wete te kom, verkry toegang tot jou i-Manual met die druk van 'n
knoppie.
1Druk i-MANUAL.
2Kies 'n item.
1 Druk B/b om 'n item te kies.
2 Druk V/v/B/b om 'n item te kies en druk dan .
Die bladsy van die gekose item verskyn.
~
• Jy kan deur die bladsye blaai met die gebruik van B/b.
Druk RETURN om na die vorige bladsy terug te keer.
(Vervolg)
19
AF
Hoe om bladsye te stoor
i-Manual-skerm wat voorheen vertoon is
BRAVIA TV-skerm
waarna gereeld gekyk
word (Boekmerk)
Hoe om die bladsy weer te
vertoon terwyl die TV
gebruik word
Jy kan bladsye stoor waarna gereeld gekyk
word vir maklike toegang enige tyd.
x Hoe om 'n bladsy te stoor
Op die bladsy wat geboekmerk moet word, druk
die geel knoppie op die afstandbeheer.
x Hoe om toegang tot die geboekmerkte
bladsy te kry
Wanneer die i-Manual vertoon word, druk die
groen knoppie op die afstandbeheer om die
boekmerklys te vertoon.
Druk V/v om die gekose item te kies en druk
dan .
Jy kan tussen die i-Manual- en TV-skerm wissel.
Hierdie kenmerk laat jou verwys na die
instruksies in die i-Manual terwyl jy jou BRAVIA
TV gebruik. Druk i-MANUAL om tussen die
i-Manual-skerm wat voorheen vertoon is en die
TV-skerm te wissel.
~
• Om na die vorige bladsy terug te keer, druk
RETURN.
x Hoe om 'n boekmerk te verwyder
Wanneer die geboekmerkte bladsy vertoon
word, druk die geel knoppie op die
afstandbeheer.
AF
20
~
• Om na die boonste bladsy van die i-Manual te
spring, druk die rooi knoppie op die
afstandbeheer. Jy kan ook HOME druk en dan
“Stellings” t kies “i-Manual” om na die boonste
bladsy van die i-Manual te spring.
• Sodra jy die TV afskakel, of die TV na
bystandmodus gaan, sal die i-Manual van die
boonste bladsy vertoon word wanneer jy
“i-Manual” kies.
AF
Bykomende inligting
Foutspeuring
Wanneer die beligting-LED rooi flits, tel hoeveel keer dit flits (tussenposetyd is drie
sekondes).
Druk "/1 op die TV om dit af te skakel, diskonnekteer die muurprop-kabel (WS) en stel jou handelaar of
Sony-versiensentrum in kennis van hoe die indikator flits (die getal flitse).
Wanneer die beligting-LED nie flits nie, gaan die items in die tabelle soos volg na.
Verwys ook na “Probleemoplossing” in die i-Manual. As die probleem voortduur, laat jou TV deur
gekwalifiseerde dienspersoneel versien.
ToestandVerduideliking/oplossing
Daar is geen beeld (skerm
is donker) en geen klank
nie.
Sommige programme kan
nie ingestel word nie.
Die afstandbeheer
funksioneer nie.
Die “Sluiting deur Ouer”
wagwoord is vergete.
Die omgewing rondom die
TV word warm.
Gevriesde oudio of video, 'n
blanko skerm of die TV
reageer nie op TV- of
afstandbeheerknoppies
nie.
• Gaan die antenna/kabelkoppeling na.
• Konnekteer die TV aan die muurprop-krag (WS) en druk "/1
op die TV of afstandbeheer.
• Kontroleer die antenna (lugdraad).
• Vervang die batterye.
• Jou TV kan dalk in Sinkro-modus wees.
Druk SYNC MENU, kies “TV-beheer” en kies dan “Tuis
(Kieslys)” of “Opsies” om die TV te beheer.
• Voer 9999 in vir die PIN-kode. (PIN-kode 9999 word altyd
aanvaar.)
• Wanneer die TV vir 'n lang tyd gebruik word, word die
omgewing daar rondom warm.
Dit kan dalk warm voel as jy dit met die hand aanraak.
• Doen 'n eenvoudige terugstelling van die TV deur die
muurprop-kabel (WS) vir twee minute uit te trek en weer in te
prop.
21
AF
Spesifikasies
Stelsel
Paneelstelsel
TV stelsel
Kleur/video-stelsel
Kanaaldekking
Klank-uitset
Inset/Uitset-sokke
Antenna/kabel
/ VIDEO IN 1
/ COMPONENT IN
VIDEO IN 2
HDMI IN 1, 2
MHL (in gemeen met
HDMI IN 2)
DIGITAL AUDIO OUT
(OPTICAL)
AUDIO OUT/ i
LAN
Ander
Verskafte bykomstighede
Opsionele bykomstighede
Gebruikstemperatuur
Gebruikshumiditeit
LCD (vloeibarekristal-skerm)-paneel
Analoog: B/G, I, D/K, M, L
Digitaal: DVB-T2 (afhangende van jou model)
Analoog: PAL, SECAM, NTSC3.58, NTSC4.43
Digitaal: Verwys na die i-Manual
Analoog: UHF/VHF/kabel, afhangende van jou land/areakeuse.
Digitaal: UHF/VHF, afhangende van jou land/areakeuse.
8 W + 8 W (KDL-42W674A/42W670A/42W654A/42W650A)
5 W + 5 W (KDL-32W674A/32W670A/32W654A/32W650A/32W600A)
480i
Oudio: Twekanaal-liniêre PCM: 32, 44.1 en 48kHz, 16, 20 en 24 bits, Dolby Digital
Digitaal optiese sok (Tweekanaal-liniêre PCM, Dolby Digital)
Oudio-uitset (stereo-minisok)
Oorfoon-sok
USB poort (Net Australië en Nieu-Seeland, modelsteun vir HDD Rec)
10BASE-T/100BASE-TX-koppelaar (Afhangende van die werksomgewing van die netwerk kan
koppelspoed wissel. 10BASE-T/100BASE-TX-kommunikasiekoers en kommunikasiegehalte word
nie op hierdie TV gewaarborg nie.)
WS-passtuk-invoer
Sien “Hoe om die bykomstighede na te gaan” (bladsy 6).
kamera-en-mikrofoon-eenheid: CMU-BR200/CMU-BR100
USB koordlose LAN-passtuk: UWA-BR100
0 ºC - 40 ºC
10 % - 80 % RH (nie-kondenserend)
DVB-T
480i
22
AF
AF
Modelnaam KDL-42W674A
42W670A
42W654A
42W650A
32W674A
32W670A
32W654A
32W650A
32W600A
Krag en ander
Kragvereistes
Skermgrootte
19.5 V GS met WS-passtuk
Gradering: Invoer 110 V - 240 V WS, 50/60 Hz
Die beskikbaarheid van opsionele bykomstighede hang af van land/streek/TV model/voorraad.
Ontwerp en spesifikasies is onderhewig aan wysiging sonder vooraf kennisgewing.
23
AF
Hoe om die
Voorsorgmaatreëlsatreëls
1
2
5
6
3
- 30
- 20
- 10
50
100
150
200
250
300
350
0
4
Papiersjabloon
bykomstighede
Hoe om die
bykomstighede na te gaan
te installer
(Muurmonteerraam)
Aan klante
Voldoende kundigheid word vereis om
hierdie produk te plaas. Subkontrakteer die
plasing aan Sony-handelaars of
gelisensieerde -kontrakteurs, en skenk
genoeg aandag aan veiligheid gedurende
die plasing. Sony is nie aanspreeklik vir enige
skade of besering wat deur verkeerde
hantering of onbehoorlike plasing of die
plasing van iets anders as die
gespesifiseerde produk veroorsaak word nie.
Jou wettige regte (indien enige) word nie
geaffekteer nie.
Aan Sony-handelaars en -kontrakteurs
Voldoende kundigheid word vereis om
hierdie produk te plaas. Lees hierdie
instruksiehandleiding deeglik deur om die
plasing veilig te kan doen. Sony is nie
aanspreeklik vir enige skade of besering wat
deur verkeerde hantering of onbehoorlike
plasing veroorsaak word nie. Gee asseblief
hierdie handleiding aan die klant ná plasing.
Muurmonteer-basis (1)
WS-passtukhouer (1)
Papiersjabloon (1)
Staanderbeskermer (1)
Haakdopplaat (1)
Monteer-skroewe vir Muur-monteerraam
(+PSW 6 × 12) (2)
Spasieerders (2)
Heg-skroef vir haakdopplaat (+PSW 4 × 10) (1)
~
• Die skroewe wat nodig is om die Muurmonteerbasis en WS-passtukhouer aan die muur te
bevestig, word nie voorsien nie.
Plasing van die hake aan
die muur
1 Besluit op die middelposisie van jou TV.
Maak 'n merkie op die papiersjabloon wat
aandui wat die skerm se middelpunt van jou
TV is, en raadpleeg dan bladsy 28 (TVinstallering-afmetingstabel) vir die skermsenterafmeting.
Jou TV se tafelstaander sal gebruik word as 'n
deel van die Muur-monteerraam.
• Sien bladsy 29 (Veiligheidsinligting) enbladsy 32
(Voorsorgmaatreëls) oor MUUR-MONTEERRAAM
voor die Muur-monteerraam geplaas word.
• Steek die WS-passtuk in die WS-passtuk se
houer. Maak seker die etiket wys na voor, sien
bladsy 7 (Maak die tafelstaander los van die TV)
• Wanneer jou TV aan die muur geplaas is, kan die
VIDEO IN 1 / terminaal aan die agterkant
van die TV nie gebruik word nie.
24
AF
AF
2 Besluit op plasingsligging van jou TV. Plak
1
2
5
6
3
- 30
- 20
- 10
50
100
150
200
250
300
350
0
4
Papiersjabloon
Muur
1
2
5
6
3
- 30
- 20
- 10
50
100
150
200
250
300
350
0
4
1, 2, 3, 4
5, 6
1
2
5
6
3
- 30
- 20
- 10
50
100
150
200
250
300
350
0
4
Muurmonteer-basis
WS-passtukhouer
Sagte doek
die papiersjabloon aan die muur.
3 Boor ses gate volgens die nommers
(1, 2, 3, 4, 5 en 6) op die papiersjabloon met
'n elektriese boor.
5 Plaas skroewe (8 mm in deursnee, nie
voorsien) in die Muurmonteer-basis en WSpasstukhouer aan die muur.
Voorbereiding vir die
plasing van die TV
1 Haal die skroewe van die agterkant van die
TV af. Maak seker jy bewaar die verwyderde
skroewe op 'n veilige plek, en hou dit weg
van kinders.
4 Trek die papiersjabloon van die muur af.
~
• Wanneer jy die tafelstaander van die TV
losmaak, plaas die TV met die skerm na onder
op 'n stabiele werksoppervlak wat groter as die
TV is.
• Om te voorkom dat die oppervlak van die LCDskerm beskadig word, maak seker dat jy 'n sagte
doek op die werksoppervlak plaas.
• Sodra jy die staandernekke van die staander af
losgemaak het, bêre die staandernekke en
skroewe op 'n veilige plek.
• Wanneer jy weer die tafelstander vasmaak,
maak die skroewe vas (voorheen losgemaak) in
die oorspronklike gate agterop die TV.
(Vervolg)
25
AF
2 Maak seker die houtpen (op die
Staanderbeskermer
Staander
Tappen
Skroef
(+PSW 6 × 12)
Spasieerders
Sagte doek
Hanghaak
Muurmonteerbasis
WSpasstukhouer
Muur
Muurmonteerbasis
WSpasstukhouer
staanderbeskermer) is ingesteek in die gat
op die staander. Vou die staanderbeskermer
op sodra die houtpen in die staander
gesteek is.
Plasing van die TV aan die
muur
1 Plaas die TV aan die muur. Bevestig dan dat
die staanderbeskermer stewig aan die
Muurmonteer-basis aangeheg is.
3 Heg die hanghaak (op die staander) deur
gebruik van die verskafde skroewe. Heg die
spasieerders aan die gate wat deur die
driehoekmerke aangedui word.
×
2
~
• Koppel en bundel die kabels voordat jy die TV
aan die muur plaas.
26
AF
AF
2 Heg die haakdopplaat met gebruik van die
Skroef
(+PSW 4 × 10)
Haakdopplaat
WS-passtuk
verskafde skroef.
3 Steek die WS-passtuk in die WS-passtuk se
houer. Maak seker die etiket wys na voor.
Pylrigting wys voorkant van die TV.
~
• Kantel die TV na die voorkant om die WSpasstuk maklik in te steek, en koppel of
ontkoppel die koord en kabels met die TV wat
aan die muur hang.
(Vervolg)
27
AF
TV-installering-afmetingstabel
c
e
d
a
b
Skerm-senterpunt
WAARSKUWING
WS-passtukhouer
Muurmonteerbasis
295 mm
30 mm
28 mm
76 mm
158 mm
Modelnaam
KDL-
Skermafmetings
Skerm-
senterafmetings
Eenheid: mm
Lengte vir haakwerk
42W674A/42W670A
42W654A/42W650A
32W674A/32W670A
32W654A/32W650A
32W600A
95456812441987
72543819041987
72143619041987
Syfers in die table kan dalk effens wissel, afhangende van die installering.
Wanneer jou TV teen die muur geïnstalleer is, leun die boonste kant van die TV effens vorentoe.
Die muur waarteen die TV geïnstalleer gaan word, moet in staat wees om minstens vier maal die gewig van die
TV te dra. Sien bladsy 22-23 (Spesifikasies) vir sy gewig.
Dimensies vir gatposisie teen die muur
Gee die inligting hier onder aan gelisensieerde kontrakteurs, indien nodig.
Gebruik skroewe (8 mm in diameter, nie voorsien nie) om die Muurmonteerbasis en WS-passtukhouer
aan die muur te bevestig.
Maak seker dat die voorsiende Papiersjabloon wat die werklike posisie van Muurmonteerbasis en WSpasstukhouer wys, gebruik word.
AF
28
Hanghaak
Om haak aan agterkant
van TV-stel aan te heg
Skroef (verskaf met die
Muur-monteerraam
7mm
30 cm
10 cm10 cm
10 cm
Laat ten minste soveel ruimte
rondom die stel toe.
30 cm
10 cm
10 cm
6 cm
Laat ten minste soveel ruimte
rondom die stel toe.
Lugsirkulasie is geblokkeer.
MuurMuur
Bykomende inligting
Veiligheidsinligting
WAARSKUWING
Moenie batterye bloot stel aan
oormatige hitte soos sonskyn, brand of
iets dergeliks nie.
Plasing/opstelling
Plaas en gebruik die TV-stel volgens
die instruksies hieronder om risiko van
brand, elektriese skok of skade en/of
beserings te vermy.
Plasing
• Die TV-stel moet naby 'n maklik
toeganklike muurprop (WS) geplaas
word.
• Plaas die TV-stel op 'n stabiele, gelyk
oppervlak om te verhoed dat dit afval
en liggaamlike beserings of skade
aan die TV veroorsaak.
• net gekwalifiseerde dienspersoneel
behoort muurplasing te doen.
• Om veiligheidsredes word daar sterk
aanbeveel dat jy Sonybykomstighede gebruik, insluitend:
– Muur-monteerraam
• Maak seker jy gebruik die skroewe
wat saam met die Muur-monteerraam
verskaf is wanneer jy die hanghake
aan die TV-stel vasmaak. Die skroewe
wat verskaf is, is ontwerp soos in die
illustrasie aangedui, wanneer gemeet
vanaf die aanhegoppervlak van die
hanghaak.
Die deursnee en lengte van die
skroewe verskil afhangende van die
Muur-monteerraam se model. As jy
ander skroewe gebruik as dié wat
verskaf is, kan dit lei tot interne skade
aan die TV-stel, of dit laat val, ens.
Vervoer
• Voordat jy die TV-stel vervoer,
ontkoppel alle kabels.
• Twee of meer mense is nodig om 'n
groot TV-stel te vervoer.
• Wanneer jy die TV-stel per hand
vervoer, hou dit vas soos hieronder
aangedui. Moenie drukking op die
LCD-paneel en die raam rondom die
skerm plaas nie.
• Wanneer jy die TV-stel vervoer,
moenie dit blootstel aan fisiese
skokke of oormatige vibrasie nie.
• Wanneer jy die TV-stel vir herstelwerk
vervoer, of wanneer jy verhuis, verpak
dit in die oorspronklike karton en
verpakkingsmateriaal.
Ventilasie
• Moet nooit die ventilasiegate bedek of
enige iets by die kabinet insteek nie.
• Laat ruimte rondom die TV toe, soos
hieronder getoon.
• Daar word sterk aanbeveel dat jy 'n
Sony-muur-monteerraam gebruik, om
voldoende lugsirkulasie te verseker.
Geplaas aan die muur
Geplaas met staander
• Om behoorlike ventilasie te verseker,
en te verhoed dat vuil of stof
versamel:
– Moenie die TV-stel plat,
onderstebo, agterstevoor of
sylings plaas nie.
– Moenie die TV-stel op 'n rak, mat,
bed of in 'n kas plaas nie.
– Moenie die TV-stel met 'n doek
(soos gordyne) of items soos
koerante, ens bedek nie.
– Moenie die TV-stel plaas soos
hieronder getoon nie.
Muurprop-kabel (WS)
Hanteer die muurprop-kabel (WS) en
kragpunt as volg om risiko van brand,
elektriese skok of skade en/of
beserings te vermy:
– Gebruik net muurprop-kabels (WS)
wat Sony verskaf, en nie dié van
ander handelsmerke nie.
– Steek die prop ten volle by die
muurprop-sok (WS) in.
– Gebruik die TV-stel net met 110–240
V-muurkrag (WS).
– Wanneer jy kabels aanlê, maak
seker jy ontprop die muurpropkabel (WS) (vir jou veiligheid), en
moenie dat jou voete oor die kabels
struikel nie.
– Ontkoppel die muurprop-kabel (WS)
van die muurprop-sok (WS) voordat
jy aan die TV-stel werk of dit skuif.
– Hou die muurprop-kabel (WS) weg
van hittebronne.
– Ontkoppel die muurprop-prop (WS)
gereeld en maak dit skoon. As die
prop vol stof is en dit trek vog, is die
insulasie dalk besig om te vergaan,
wat moontlik kan lei tot 'n brand.
(Vervolg)
29
AF
Aantekeninge
• Moenie die verskafde muurprop-kabel
(WS) vir enige ander toerusting
gebruik nie.
• Moenie die muurprop-kabel (WS)
oormatig knyp, buig of draai nie. Die
kerngeleiers kan moontlik blootgestel
word of breek.
• Moenie die muurprop-kabel (WS)
verander nie.
• Moenie enige iets swaars op die
muurprop-kabel (WS) sit nie.
• Moenie aan die muurprop-kabel (WS)
sélf trek wanneer jy die muurpropkabel (WS) van die muur ontkoppel
nie.
• Moenie te veel toestelle aan dieselfde
muurprop-sok (WS) koppel nie.
• Moenie 'n swak passende muurpropsok (WS) gebruik nie.
LET OP OOR WSPASSTUK
Waarskuwing
Om die risiko van brand of elektriese
skok te verminder, moenie hierdie
apparaat blootstel aan reën of vog nie.
Om brand- of skokgevaar te voorkom,
moenie voorwerpe soos vase wat gevul
is met vloeistowwe op die apparaat
plaas nie.
Moenie hierdie toerusting in 'n beperkte
ruimte soos 'n boekrak of 'n soortgelyke
eenheid plaas nie.
• Maak asseblief seker dat die
muurprop-sok (WS) naby die
toerusting geplaas is en maklik
bereikbaar is.
• Gebruik die verskafde WS-passtuk en
WS-muurkragkabels. Anders kan dit
wanfunksie veroorsaak.
• Koppel die WS-passtuk aan 'n maklik
bereikbare muurprop-sok (WS).
• Moenie die
muurpropkabel (WS)
rondom die
WS-passtuk
draai nie. Die
kerndraad kan dalk gesny word en/of
dit kan wanfunksie van die TV
veroorsaak.
• Moenie aan die WS-passtuk raak met
nat hande nie.
• As jy 'n abnormaliteit in die WS-
passtuk opmerk, ontkoppel dit
onmiddellik van die muurprop-sok
(WS).
• Die stel word nie van die WS-bron
ontkoppel nie, mits dit gekoppel bly
aan die muurprop-sok (WS), selfs al
word die stel sélf afgeskakel.
• Aangesien die WS-passtuk warm sal
raak wanneer dit vir 'n lang tyd
gebruik word, kan dit dalk warm voel
wanneer jy dit met jou hand aanraak.
Verbode gebruik
Moenie die TV-stel plaas/gebruik op
plekke of in omgewings of situasies
soos dié wat hieronder gelys word nie,
want dit kan moontlik maak dat die TVstel wanfunksioneer, en kan 'n brand,
elektriese skok, skade en/of beserings
veroorsaak.
Ligging:
• In die buitelug (in direkte sonlig), op
die strand, op 'n skip of 'n ander
vaartuig, binne-in 'n voertuig, in
mediese instellings, onstabiele
liggings, naby water, reën, water of
rook.
• As die TV in die kleedkamer van 'n
openbare bad of 'n warmbron geplaas
word, kan die TV beskadig word deur
swael in die lug, ens.
• Vir die beste beeldgehalte, moenie die
skerm aan direkte beligting of sonlig
blootstel nie.
• Moenie die TV van 'n koue omgewing
na 'n warm omgewing skuif nie.
Skielike kamertemperatuurveranderinge kan moontlik
vogkondensasie veroorsaak. Dit kan
moontlik veroorsaak dat die TV swak
beeld en/of swak kleur wys. Indien dit
sou plaasvind, laat die vog toe op
volledig te verdamp voordat jy weer
die TV aanskakel.
• Moenie water of skoonmaakmiddel
direk op die TV-stel spuit nie. Dit kan
moontlik na die onderkant van die
skerm of eksterne dele drup, en by die
TV-stel ingaan, en kan moontlik die
TV-stel beskadig.
Omgewing:
• Plekke wat warm, vogtig of oormatig
stowwerig is, waar insekte kan inkom,
waar dit blootgestel kan word aan
meganiese vibrasies, naby
ontvlambare voorwerpe (kerse, ens).
Die TV-stel moenie blootgestel word
aan gedrup of gespat nie, en geen
voorwerpe wat met vloeistowwe gevul
is, soos vase, mag op die TV geplaas
word nie.
• Moenie die TV in 'n vogtige of
stowwerige ruimte plaas, of in 'n
kamer met olierige rook of stoom
(naby kooktafels of bevogtigers) nie.
Brand, elektriese skok, of buiging kan
moontlik ontstaan.
• Moenie die TV plaas op plekke met
uitermatige temperature, soos in
direkte sonlig, naby 'n verwarmer of 'n
verwarmingsgleuf nie. Die TV kan
moontlik in sulke gevalle oorverhit, wat
vervorming van die omhulsel en/of TVwanfunksie kan veroorsaak.
Situasie:
• Moenie gebruik terwyl jou hande nat
is, as die kabinet afgehaal is, of met
aanhegsels wat nie deur die
vervaardiger aanbeveel word nie.
Ontkoppel die TV-stel van die
muurprop-sok (WS) en antenna
tydens donderstorms.
• Moenie die TV plaas sodat dit in 'n
oop ruimte uitsteek nie. Besering of
skade as gevolg van iemand of iets
wat teen die TV stamp, kan dan
plaasvind.
Gebreekte stukke:
• Moenie enige iets na die TV-stel gooi
nie. Die skerm se glas kan deur die
impak breek, en kan ernstige
beserings veroorsaak.
• As die oppervlak van die TV-stel
kraak, moenie daaraan raak voor jy dit
van die muurprop-kabel (WS)
ontkoppel het nie. Anders kan
elektriese skok dalk plaasvind.
30
AF
Wanneer nie in gebruik
nie
• As jy vir etlike dae lank die TV-stel nie
gaan gebruik nie, moet die TV-stel
van die muurprop-krag (WS)
ontkoppel word, vir omgewings- en
veiligheidsredes.
• Aangesien die TV-stel nie van die
muurprop-krag (WS) ontkoppel is
wanneer die TV-stel bloot afgeskakel
word nie, trek die prop uit die
muurprop-sok (WS) om die TV-stel
heeltemal af te skakel.
• Sekere TV-stelle kan egter kenmerke
hê wat vereis dat die TV-stel in
bystandsmodus gelaat moet word om
korrek te werk.
Vir kinders
• Moenie toelaat dat kinders op die TVstel klim nie.
• Hou klein bykomstighede buite bereik
van kinders, sodat hulle dit nie insluk
nie.
As die volgende probleme
plaasvind...
Skakel af die TV-stel en ontprop die
muurprop-kabel (WS) onmiddellik as
enige van die volgende probleme
plaasvind.
Vra jou handelaar of Sonyversiensentrum dat daarna gekyk word
deur gekwalifiseerde dienspersoneel.
Wanneer:
– Muurprop-kabel (WS) is beskadig.
– Muurkprop-sok (WS) pas nie
behoorlik nie.
– TV-stel is beskadig omdat dit laat
val of gestamp is, of dat iets daarna
gegooi is.
– Enige vloeistof of voorwerp val deur
die openinge in die kabinet.
Oor LCDmonitortemperatuur
Wanneer die LCD-monitor vir 'n lang tyd
gebruik word, word die omgewing daar
rondom warm.
Dit kan moontlik warm voel as jy dit met
die hand aanraak.
MUUR-MONTEERRAAM
Die onderstaande inligting toon die
korrekte hantering van die Muurmonteerraam. Lees hierdie inligting
deeglik en gebruik die Muurmonteerraam korrek.
Aan klante:
Neem die volgende voorsorgmaatreëls
in ag vir veiligheid, om ernstige
besering te verhoed weens brand,
elektriese skok, dat die produk omval,
of dat die produk val.
• Subkontrakteer die plasing aan
gelisensieerde kontrakteurs, en hou
klein kinders weg tydens die plasing.
• Subkontrakteer die verhuising of
aftakeling van die TV aan
gelisensieerde kontrakteurs.
• Moenie skroewe, ens ná plasing van
die TV verwyder nie.
• Moenie veranderings aan die dele
van die Muur-monteerraam aanbring
nie.
• Moenie enige toerusting buiten die
gespesifiseerde produk aanheg nie.
• Moenie enige ander vrag as die TV
aan die Muur-monteerraam laat hang
nie.
• Moenie op die TV leun of van hang
nie.
• Moenie die TV hanteer met oormatige
krag tydens die skoonmaak of
onderhoud nie.
Aan Sony-handelaars en kontrakteurs:
Die volgende instruksies is slegs vir
Sony-handelaars en gelisensieerde
kontrakteurs. Lees die veiligheidvoorsorgmaatreëls hier onder en skenk
spesiale aandag aan veiligheid tydens
die plasing, instandhouding en
kontrolering van hierdie produk.
• Moenie die Muur-monteerraam aan
muuroppervlakke plaas waar die
hoeke of kante van die TV weg van
die muur af staan nie.
• Moenie die TV oor of onder 'n
lugversorger plaas nie.
• Plaas die Muur-monteerraam stewig
aan die muur en volg die instruksies
in hierdie instruksiehandleiding.
Indien enige van die skroewe los is of
uitval, kan die Muur-monteerraam
dalk val en besering of skade aan
eiendom veroorsaak.
• Gebruik die verskafde skroewe en
aanhegonderdele behoort, en volg
die instruksies in hierdie
instruksiehandleiding. Indien u ander
items gebruik, kan die TV dalk val en
liggaamlike besering aan iemand of
skade aan die TV veroorsaak.
• Monteer die haak behoorlik, en volg
die instruksie-prosedure wat dit
verduidelik, in hierdie
instruksiehandleiding.
• Maak die skroewe stewig in die
aangewese posisie vas.
• Moenie die TV onderwerp aan skok
tydens die plasing nie.
• Plaas die TV aan 'n muur wat regaf en
plat is.
• Ná behoorlike plasing van die TV,
maak die kabels behoorlik vas.
• Moenie dat die muurprop-kabel (WS)
of die verbinding-kabel geknyp word
nie, want die interne geleiers kan
blootgestel word en 'n kortsluiting of
'n elektriese verbreking veroorsaak.
31
AF
Voorsorgmaatreëls
Kyk TV
• Kyk TV in gematigde lig, want as jy TV
kyk in 'n swak lig of vir 'n lang tydperk,
strem dit jou oë.
• Wanneer jy oorfone gebruik, verstel
die volume om buitensporige vlakke te
vermy, want dit kan moontlik lei tot
gehoorskade.
LCD-skerm
• Hoewel die LCD-skerm gemaak is met
hoëpresisie-tegnologie en 99,99% of
meer van die piksels effektief is, kan
moontlik swart stippels verskyn of
helder punte lig (rooi, blou, of groen)
kan moontlik voortdurend op die LCDskerm verskyn. Dit is 'n strukturele
eienskap van die LCD-skerm en is nie
'n wanfunksie nie.
• Moenie die voorste filter druk of krap
of voorwerpe bo-op hierdie TV-stel
plaas nie. Die beeld kan moontlik
ongelyk wees of die LCD-skerm kan
moontlik beskadig word.
• As hierdie TV-stel in 'n koue plek
gebruik word, kan 'n smeer moontlik in
die beeld verskyn, of die beeld kan
moontlik donker word. Dit dui nie op
faling nie. Die verskynsel verdwyn
wanneer die temperatuur styg.
• Spookbeelde kan moontlik plaasvind
wanneer stil beelde voortdurend
gewys word. Dit kan moontlik na 'n
paar oomblikke verdwyn.
• Die skerm en kabinet word warm
wanneer hierdie TV-stel in gebruik is.
Dit is nie 'n wanfunksie nie.
• Die LCD-skerm bevat 'n klein
hoeveelheid vloeibare kristal. Volg jou
plaaslike verordeninge en regulasies
as jy dit moet weggooi.
Hanteer die skerm se
oppervlak/kabinet van die
TV-stel en maak dit skoon
Maak seker jy ontprop die muurpropkabel (WS) wat van die muurprop-sok
(WS) na die TV-stel gekoppel is, voor jy
dit skoonmaak.
Om wesenlike agteruitgang of
agteruitgang van die skermbedekking
te vermy, volg die volgende
voorsorgmaatreëls.
• Om stof van die skerm se oppervlak/
kabinet te verwyder, vee liggies met 'n
sagte doek. As die stof hardnekkig is,
vee met 'n sagte doek af wat effens
klam gemaak is met 'n verdunde milde
oplossing van skoonmaakmiddel.
• Moenie water of skoonmaakmiddel
direk op die TV-stel spuit nie. Dit kan
moontlik na die onderkant van die
skerm of eksterne dele drup, en by die
TV-stel ingaan, en kan moontlik die
TV-stel beskadig.
• Moet nooit enige soort skuursponsie,
alkaliese/suur-skoonmaakmiddel,
skuurpoeier, of vlugtige oplosmiddel
soos alkohol, benseen, verdunner of
insekdoder gebruik nie. Om sulke
stowwe te gebruik of as die stowwe
langdurig kontak het met rubber of
viniel, kan dit lei tot skade van die
skerm se oppervlak en die
kabinetmateriaal.
• Daar word aanbeveel dat jy die
ventilasiegate nou en dan stofsuig om
behoorlike ventilasie te verseker.
• Wanneer jy die hoek van die TV-stel
verstel, beweeg dit stadig om te
verhoed dat die TV-stel van die
tafelstaander afval of afgly.
Opsionele toerusting
Hou opsionele komponente of enige
toerusting wat elektromagnetiese
straling afgee, weg van die TV-stel.
Anders kan beeldvervorming en/of
ruisende klank moontlik plaasvind.
Draadlose funksie van die
eenheid
• Moenie hierdie eenheid naby mediese
toerusting (pasaangeër, ens) gebruik
nie, want dit kan lei tot
wanfunksionering van die mediese
toerusting.
• Hoewel hierdie eenheid
geënkripteerde seine stuur/ontvang,
moet jy oppas vir ongemagtigde
onderskepping. Ons kan nie
verantwoordelik gehou word vir sulke
probleme nie.
(Waarskuwing oor die
afstandbeheer)
Aantekeninge
• Plaas die batterye met hul pole in die
korrekte rigtings in.
• Moenie verskillende soorte batterye
saam gebruik of ou en nuwe batterye
meng nie.
• Gooi batterye weg op 'n
omgewingsvriendelike manier. Sekere
streke het moontlik regulasies oor die
weggooi van batterye. Raadpleeg jou
plaaslike owerheid.
• Hanteer die afstandbeheer versigtig.
Moenie dit laat val of daarop gaan
staan, of enige vloeistof daarop mors
nie.
• Moenie die afstandbeheer naby 'n
hittebron, 'n plek met direkte sonlig, of
in 'n klam kamer plaas nie.
MUUR-MONTEERRAAM
• As jy die TV vir 'n lang tyd op die
Muur-monteerraam geplaas het, kan
die muur agter of bokant die TV dalk
verkleur, of die muurpapier kan los
raak, afhangende van die materiaal
aan die muur.
• Indien die Muur-monteerraam
verwyder word ná plasing daarvan
aan die muur, sal daar skroefgate
oorbly.
• Moenie die Muur-monteerraam op 'n
plek gebruik waar dit aan meganiese
vibrasies blootgestel word nie.