Belangrik: Vir belangrike inligting oor die veilige gebruik van jou toestel en battery, lees
die inligting oor “Vir jou veiligheid” en “Produkveiligheid” in jou gedrukte gebruikersgids of
by www.nokia.com/support voordat jy die toestel gebruik. Om uit te vind hoe om jou nuwe
toestel te begin gebruik, lees die gedrukte gebruikersgids.
Hou jou foon opgedateer en aanvaar beskikbare sagteware-opdaterings om nuwe en
verbeterde funksies vir jou foon te kry. Opdatering van die sagteware kan ook jou foon se
werking verbeter.
KNOPPIES EN DELE
Verken die knoppies en dele van jou nuwe foon.
Jou foon
Hierdie gebruikersgids is op die volgende modelle van toepassing: TA-1087 en TA-1082.
12. Laaier- en oorfoonverbinder (USB Tipe Cklankafvoer)
1
11. Vingerafdruksensor. Die
vingerafdruksensor is op die foon se
13. Mikrofoon
skerm. Druk jou vinger op om die foon
14. Luidspreker
Sommige toebehore wat in hierdie gebruikersgids genoem word, bv. laaier, oorfone of
datakabel, kan afsonderlik verkoop word.
Belangrik: Die toestelskerm en -agterste omhulsel is van glas gemaak. Die glas kan breek
indien die toestel op ’n harde oppervlak laat val word of aansienlike impak opdoen. Indien
die glas breek, moenie aan nie toestel se glasdele raak of probeer om die gebreekte glas
uit die toestel te haal nie. Staak gebruik van die toestel totdat die glas deur gemagtigde
dienspersoneel vervang is.
Gebruik die oorfoon-aanpasser
Jou foon het ’n USB Tipe C-klankafvoer. Jy kan gewone 3,5 mm inprop-oorfone saam met jou
nuwe foon gebruik: prop net die oorfone by die aanpasser in wat saam met jou foon gekom
het, en prop dan die USB-kant van die aanpasser by jou foon in.
Dele, verbindings en magnetisme
Moenie aan produkte wat ’n afvoersein skep verbind nie, want dit kan die toestel beskadig.
Moenie enige spanningsbron aan die oudio-sok koppel nie. As jy ’n eksterne toestel of ’n
oorfone aan die oudio-sok koppel benewens dié wat vir gebruik met hierdie toestel goedgekeur
is, let veral op die volume.
Dele van die toestel is magneties. Metaalagtige materiale kan dalk na die toestel aangetrek
word. Moenie kredietkaarte of ander magnetiese streepkaarte naby die toestel plaas vir lang
tydperiodes nie, aangesien die kaarte beskadig kan word.
1
Jou foon steun slegs digitale klankafvoer.
SIT DIE SIM-KAART IN OF HAAL DIT UIT
Sit die SIM-kaart in
1. Maak die SIM-kaartlaaitjie oop: druk die laaitjieoopmaker se pennetjie in die laaigaatjie en
skuif die laaitjie uit.
2. Sit ʼn nano-SIM-kaart op die laaitjie, met die kontakarea na onder. As jy ’n dubbel-SIM-foon
het, sit die tweede SIM-kaart in gleuf 2, met die kontakarea na onder.
3. Skuif die laaitjie terug in die gleuf.
1
Gebruik net oorspronklike nano-SIM-kaarte. Die gebruik van onversoenbare SIM-kaarte, kan die kaart
of toestel beskadig, en kan data wat op die kaart gestoor is, korrupteer.
Jy kan jou foon koordloos laai. Gebruik slegs Qi versoenbare laaiers om koordloos te laai.
U foon werk met die USB-C-kabel. Jy kan ook jou foon vanaf ’n rekenaar met ’n USB-kabel laai,
maar dit kan langer neem.
As die battery heeltemal leeg is, kan dit dalk verskeie minute neem voordat die herlaaierliggie
aan gaan.
SKAKEL JOU FOON AAN EN STEL DIT OP
Wanneer jy jou foon vir die eerste keer aanskakel, sal jou foon jou lei om jou
netwerkverbindings en fooninstellings op te stel.
Skakel jou foon aan
1. Om jou foon aan te skakel, druk-en-hou die krag-knoppie totdat die foon vibreer.
2. Wanneer die foon aangeskakel het, kies jou taal en streek.
3. Volg die instruksies op jou foon.
Dra data van jou vorige foon af oor
Jy kan data vanaf ’n ou foon na jou nuwe foon oordra met jou Google-rekening.
Om data wat op jou ou foon is, na jou Google-rekening te rugsteun, verwys na jou ou foon se
gebruikersgids.
1. Tik op Instellings > Rekeninge > Voeg rekening by > Google .
2. Kies watter data jy op jou nuwe foon wil teruglaai. Die sinkronisering begin outomaties
sodra jou foon aan die internet verbind.
Laai toepassinginstellings van jou vorige Android™-foon af terug
As jou vorige toestel ’n Android was, en rugsteuning na ’n Google rekening daarop geaktiveer is,
kan jy toepassinginstellings en Wi-Fi-wagwoorde teruglaai.
1. Tik op Instellings > Stelsel > Gevorderd > Rugsteun .
As jy ´n dubbel-SIM-variant het, kan jy twee SIM’s in jou foon hê, byvoorbeeld een vir jou werk
en een vir persoonlike gebruik.
Kies watter SIM om te gebruik
As jy byvoorbeeld ’n oproep maak, kan jy kies watter SIM om te gebruik, deur die SIM 1- of SIM
2-knoppie te druk nadat jy die nommer ingetik het.
Jou foon wys die netwerkstatus vir beide SIM’s afsonderlik. Albei SIM-kaarte is terselfdertyd
beskikbaar wanneer die toestel nie gebruik word nie, maar terwyl een SIM-kaart aktief is
(byvoorbeeld wanneer jy ’n oproep maak), kan die ander een dalk onbeskikbaar wees.
Bestuur jou SIM’s
Wil jy keer dat werk met jou vrye tyd inmeng? Of het jy dalk ’n goedkoper dataverbinding op
een SIM? Jy kan besluit watter SIM jy wil gebruik.
Tik op Instellings > Netwerk en Internet > SIM-kaarte .
Hernoem ’n SIM-kaart
Tik op die SIM wat jy wil hernoem, en tik die naam in wat jy wil hê.
Kies watter SIM om vir oproepe of dataverbinding te gebruik
Gaan na Voorkeur-SIM vir , tik op die instelling wat jy wil verander, en kies die SIM.
OPSTELING VAN VINGERAFDRUK-ID
Jy kan jou foon ontsluit met ’n blote vingeraanraking. Stel jou vingerafdruk-ID op vir ekstra
sekuriteit.
Voeg ’n vingerafdruk by
1. Tik op Instellings > Sekuriteit en Ligging > Vingerafdruk . As skermslot nie op jou foon
opgestel is nie, tik op Stel skermslot op .
2. Kies watter rugsteun-ontsluitingsmetode jy vir die sluitskerm wil gebruik en volg die
instruksies wat op jou foon vertoon word.
As jy wil keer dat jy per ongeluk ’n oproep maak terwyl jou foon in jou klere se sak of ’n tas is,
kan jy jou knoppies en skerm sluit.
Om jou knoppies en skerm te sluit, druk die kragknoppie.
Ontsluit die knoppies en skerm
Druk die kragknoppie en vee opwaarts oor die skerm. Indien jy gevra word, gee bykomende
aanmeldinligting.
GEBRUIK DIE AANRAAKSKERM
Belangrik: Moenie die aanraakskerm krap nie. Moet nooit ’n regte pen, potlood, of ander skerp
voorwerp op die aanraakskerm gebruik nie.
Jou foonskerm.
As jy die foonskerm vir ’n lang tyd op maksimum helderheidsvlak los, kan dit veroorsaak dat die
skermprent op die skerm bly, selfs nadat die skerm afskakel, of wanneer ’n nuwe prent op die
skerm verskyn.
Om dit te vermy:
• Sluit jou skerm wanneer jy nie die foon gebruik nie, en stel die foonskerm om af te skakel na
’n kort rukkie. Tik op Instellings > Skerm > Gevorderd > Slaap en kies die tyd.
• Hou jou foon opgedateer en aanvaar beskikbare sagteware-opdaterings
• Verminder die skermhelderheid: tik op Instellings > Skerm > Helderheidsvlak .
Om die helderheid te verstel, sleep die helderheidsvlak-skuifbalk. Maak seker dat
Die skerm draai outomaties wanneer jy die foon 90 grade draai.
Om die skerm in portret-modus vas te sluit, vee van die bokant van die skerm afwaarts, tik op
Outo-draai en wissel na Portret .
Gebruik die navigeerknoppies
Om te sien watter toepassings oop is, vee die tuisknoppie op .
Om na ’n ander toepassing te verander, vee regs.
Om ’n toepassing toe te maak, vee op.
Om na die vorige skerm waar jy was, terug te gaan, tik op die terugknoppie . Jou foon onthou
al die toepassings en webwerwe wat jy besoek het sedert jou skerm die vorige keer gesluit was.
Om na die tuisskerm te gaan, tik op die tuisknoppie . Die toepassing waarin jy was, bly in die
agtergrond oop.
Wil jy die oorsigknoppie terughê? Tik op Instellings > Stelsel > Gebare . Deaktiveer
Vee op op Tuisknoppie en jy sal die oorsigknoppie onder regs op jou skerm terughê.
Maak twee toepassings tegelyk oop
1. Om makliker tussen toepassings te navigeer, vee die tuisknoppie op .
2. Tik op die toepassing-ikoon bo-aan die toepassing en tik die ikoon.
3. Tik op ’n ander toepassing in die toepassinglys om die skerm tussen twee toepassings te
verdeel.
Om terug te gaan na die normale aansig, tik op ’n toepassing en vee op.
Vind uit hoe om die tuisskerm te verpersoonlik en hoe om luitone te verander.
Verander jou muurpapier
Tik op Instellings > Skerm > Muurpapier .
Verander jou foon se luitoon
1. Tik op Instellings > Klank .
2. Tik op Foonluitoon (SIM1) of > Foonluitoon (SIM2) om die twee SIM’s se luitone te kies.
Verander jou boodskapkennisgewingklank
Tik op Instellings > Klank > Gevorderd > Verstek kennisgewingklank .
MAAK ’N TOEPASSING OOP EN TOE
Maak ’n toepassing oop
Tik op ’n toepassing-ikoon op die tuisskerm om dit oop te maak. Om een van die toepassings
wat in die agtergrond loop, oop te maak, vee die tuisknoppie op > en vee dan regs en kies
die toepassing.
Maak ’n toepassing toe
Vee die tuisknoppie op en vee die toepassing op wat jy wil toemaak.
Vind jou toepassings
Vee die tuisknoppie op en vee weer op om al jou toepassings te sien.
Maak alle lopende toepassings toe
Vee die tuisknoppie op , vee regs deur alle toepassings en tik op VERWYDER ALLES .
Bly in voeling met wat op jou foon gebeur danksy kennisgewings.
Gebruik die kennisgewing-paneel
Wanneer jy nuwe kennisgewings soos boodskappe of gemisde oproepe kry, verskyn liggieikone op die statusbalk bo-aan die skerm. Om meer inligting oor die kennisgewings te sien,
sleep die statusbalk afwaarts. Om die aansig toe te maak, vee opwaarts op die skerm.
Om die kennisgewingpaneel oop te maak, sleep die statusbalk afwaarts. Om die
kennisgewingpaneel toe te maak, vee opwaarts op die skerm.
Om die kennisgewinginstellings van ’n toepassing te verander, tik op Instellings >
Toepassings en kennisgewings > en tik op die toepassingnaam om die toepassinginstellings
oop te maak. Tik op Kennisgewings . Jy kan die kennisgewings individueel per toepassing aanof afskakel.
__Wenk:__Om kennisgewingkolletjies te sien, tik op Instellings >
Toepassings en kennisgewings > Kennisgewings en wissel Laat kennisgewingkolletjies toe
na aan. ’n Klein kolletjie sal op die toepassing-ikoon verskyn as jy ’n kennisgewing het waaraan
jy nog nie aandag gegee het nie. Tik op die ikoon en hou dit in om beskikbare opsies te sien.
Jy kan op die kennisgewing tik om dit oop te maak, of vee om te ignoreer.
Gebruik die kitsinstelling-ikone
Tik op die kitsinstelling-ikone op die kennisgewingpaneel om funksies te aktiveer. Om nog
ikone te sien, sleep die kieslys af.
Om ikone te herrangskik, tik op , tik en hou ’n ikoon, en sleep dit dan na ´n ander plek.
As jy in ’n raserige omgewing sukkel om jou foon te hoor lui, of as oproepe te hard is, kan jy die
volume via die volumeknoppies aan die sykant van jou foon verander soos dit jou pas.
Moenie aan produkte wat ’n afvoersein skep verbind nie, want dit kan die toestel beskadig.
Moenie enige spanningsbron aan die oudio-sok koppel nie. As jy ’n eksterne toestel of oorfone
aan die oudio sok koppel benewens dié wat vir gebruik met hierdie toestel goedgekeur is, let
veral op die volume.
Verander die volume vir media en toepassings
Druk ’n volumeknoppie aan die sykant van jou foon om die volume-statusbalk te sien, tik op
en sleep die skuifbalk op die volumebalk vir media en toepassings na links of regs.
Stel die foon na stil
Om die foon na stil te stel, druk die volumeknoppie af, tik op om jou foon na vibreer alleenlik
te stel en tik op om dit na stil te stel.
Wenk: Wat jy moet doen as jy nie jou foon in stilmodus wil hou nie, maar jy nie op die oomblik
kan antwoord nie. Om ’n inkomende oproep stil te maak, druk die volume-af-knoppie. Jy
kan ook jou foon stel om die luitoon te demp wanneer jy die foon optel: Tik op Instellings >
Stelsel > Gebare > Volume stil met optel , en skakel dit aan.
As jy ʼn inkomende oproep wil weier deur die foon om te draai, tik op Instellings > Stelsel >
Gebare > Draai om om oproep te weier , en skakel dit aan.
GOOGLE ASSISTENT
Google Assistent is slegs beskikbaar in geselekteerde markte en tale. Waar dit onbeskikbaar
is, word Google Assistent deur Google Soek vervang. Google Assistent kan jou help om
byvoorbeeld inligting aanlyn te soek, woorde en sinne te vertaal, notas en kalenderafsprake te
maak. Jy kan Google Assistent gebruik selfs wanneer jou foon gesluit is. Google Assistent vra
jou wel om jou foon te ontsluit voordat toegang tot jou privaatdata verkry word.
Skakel Google Assistent aan
1. Om jou Google Assistent aan te skakel, tik Google-program .
2. Regs, aan die onderkant, tik Meer > Instellings > Stem .
3. Tik Stempas en skakel Kry toegang met stempas aan.
Daar is verskeie manier om jou Google Assistent wakker te maak.
• Tik Google-program en sê ”Ok Google” of ”Hey Google”.
• Tik .
• As jou foon gesluit is, vee net om Google Assistent te begin.
SKERMKIEKIES
Neem ’n skermkiekie
Om ’n skermkiekie te neem, maak die kennisgewingpaneel oop en sleep die statusbalk
afwaarts. Tik op Skermvaslegging Jy kan vasgelegde prente in Foto’s bekyk.
Terwyl jy sekere toepassings of funksies gebruik, kan jy nie skermvasleggings doen nie.
BATTERYLEWE
Benut jou foon ten volle terwyl jy die batterylewe kry wat jy nodig het. Daar is dinge wat jy kan
doen om krag op jou foon te bespaar.
Verleng batterylewe
Om krag te bespaar:
1. Herlaai altyd die battery tot dit vol is.
2. Skakel onnodige klanke soos
aanraakklanke af. Tik op Instellings >
Klank > Gevorderd , en kies dan onder
Ander klanke en vibrasies , watter klanke
om te hou.
helderheid te verstel, sleep die
helderheidsvlak-skuifbalk. Maak seker dat
Aanpasbare helderheid gedeaktiveer is.
6. Keer dat toepassings in die agtergrond
loop: vee die tuisknoppie op en vee die
toepassing op wat jy wil toemaak.
3. Gebruik bedrade oorfone in plaas van die
luidspreker.
4. Stel die foonskerm dat dit na ’n kort tydjie
afskakel. Tik op Instellings > Skerm >
Gevorderd > Slaap en kies die tyd.
5. Tik op Instellings > Skerm
> Helderheidsvlak . Om die
7. Aktiveer Batterybestuurder . Beperk
battery vir toepassings wat jy nie
dikwels gebruik nie. Die kennisgewings
kan vir hierdie toepassings vertraag
wees. Tik op Instellings > Battery >
Batterybestuurder .
8. Skakel die kragbespaarder aan: tik op
Instellings > Battery > Batteryspaarder ,
Nokia 9 PureView Gebruikergids
en skakel dit Aan .
9. Gebruik liggingsdienste net as dit nodig
is: Skakel liggingsdienste af wanneer jy
dit nie nodig het nie. Tik op Instellings
> Sekuriteit en Ligging > Ligging , en
deaktiveer Gebruik ligging .
10. Gebruik netwerkverbindings net as dit
nodig is: Skakel Bluetooth slegs aan as dit
nodig is. Gebruik ´n Wi-Fi-verbinding om
Vliegtuigmodus maak verbindings met die mobiele netwerk toe en skakel jou toestel se
koordlose funksies af.
aan die internet te koppel, in plaas van ´n
mobieledata-verbinding. Keer dat jou foon
vir beskikbare koordlose netwerke soek.
Tik op Instellings > Netwerk en Internet
> Wi-Fi , en deaktiveer Wi-Fi . As jy musiek
luister of jou foon andersins gebruik,
maar jy wil nie oproepe maak of ontvang
nie, skakel die vliegtuigmodus aan. Tik
op Instellings > Network en Internet >
Gevorderd > Vliegtuigmodus .
BESPAAR DATASWERWINGSKOSTE
Jy kan dataswerwingskoste verminder en op jou foonrekening bespaar deur die mobieledatainstellings te verander. Om ’n optimale verbindingsmetode te gebruik, verander die Wi-Fi- en
mobielenetwerk-instellings.
Dataswerwing beteken dat jy jou foon gebruik om data te ontvang oor netwerke wat jou
netwerkdiensverskaffer nie besit of bedryf nie. As jy aan die internet verbind terwyl jy swerf,
veral in die buiteland, kan die datakoste aansienlik styg.
Om ’n Wi-Fi-verbinding te gebruik, is gewoonlik vinniger en goedkoper as om ’n mobieledataverbinding te gebruik. As beide Wi-Fi- en mobieledata-verbindings beskikbaar is, gebruik jou
foon die Wi-Fi-verbinding.
Verbind aan ’n Wi-Fi-netwerk
1. Tik op Instellings > Netwerk en Internet > Wi-Fi .
2. Maak seker Wi-Fi-netwerking aangeskakel is.
3. Kies die verbinding wat jy wil gebruik.
Maak die mobieledata-verbinding toe
Vee af vanaf die bokant van die skerm, tik Mobiele data en skakel Mobiele data af.
Wenk: Om jou datagebruik te sien, tik op Instellings > Netwerk en Internet > Datagebruik .
Tik op Instellings > Netwerk en Internet > Mobiele netwerk , en skakel Swerwing af.
SKRYF TEKS
Vind uit hoe om teks vinnig en doeltreffend via jou foon se sleutelbord te tik.
Gebruik die skermsleutelbord
Dit is maklik om met die skermsleutelbord te skryf. Jy kan die sleutelbord gebruik wanneer
jou foon in portret- of landskapmodus is. Die sleutelborduitleg kan wissel in verskillende
toepassings en tale.
Om die skermsleutelbord oop te maak, tik op ’n tekskassie.
Wissel tussen hoofletters en kleinletters
Tik op Shift-knoppie. Om hoofletter-modus aan te skakel, dubbeltik op die Shift-knoppie. Om
na die normale modus terug te keer, tik weer op die Shift-knoppie.
Tik ’n syfer of spesiale karakter in
Tik op die syfers-en-simbole-knoppie. Sekere spesialekarakter-knoppies bied ekstra simbole.
Om meer simbole te sien, druk-en-hou ’n simbool of spesiale karakter.
Voeg emoji’s in
Tik op die emoji-knoppie en kies die emoji.
Kopieer of plak teks
Druk-en-hou ’n woord, sleep die merkers voor en ná die woord om die deel wat jy wil kopieer, te
merk, en tik op KOPIEER . Om die teks te plak, tik op die plek waar jy die teks wil plak, en kies
PLAK .
Voeg ’n aksentteken by ’n karakter
Druk-en-hou die karakter en tik op die aksentteken of die aksentkarakter, indien jou
sleutelbord daarmee werk.
Om ’n woord wat jy so pas geskryf het, te wysig, tik op die woord, en sleep die merker na die
plek waar jy dit wil hê.
Gebruik sleutelbord-woordvoorstelle
Jou foon stel woorde voor terwyl jy skryf, om jou te help om vinnig en akkuraat te skryf.
Woordvoorstelle is dalk nie in alle tale beskikbaar nie.
Wanneer jy ’n woord begin skryf, stel jou foon moontlike woorde voor. Wanneer die woord wat
jy wil hê, in die voorstelbalk staan, kies die woord. Om meer voorstelle te sien, druk-en-hou die
voorstel.
Wenk: As die voorgestelde woord in vetdruk gemerk is, gebruik jou foon dit outomaties om
die woord wat jy geskryf het, te vervang. As die woord verkeerd is, druk-en-hou dit om ander
voorstelle te sien.
Indien jy nie die sleutelbord wil gebruik om woorde voor te stel terwyl jy tik nie, skakel
tekskorrigering af. Tik op Instellings > Stelsel > Tale en invoer > Virtuele sleutelbord .
Kies die sleutelbord wat jy gewoonlik gebruik. Tik op Tekskorrigering en skakel die
tekskorrigering-metodes af wat jy nie wil gebruik nie.
Korrigeer ’n woord
As jy agterkom dat jy ’n woord verkeerd gespel het, tik daarop om voorstelle te sien om die
woord te korrigeer.
Skakel speltoetser af
Tik op Instellings > Stelsel > Tale en invoer > Gevorderd > Speltoetser , en wissel
Speltoetser na Af .
DATUM EN TYD
Hou tred met tyd – vind uit hoe om jou foon as ’n horlosie én ’n wekker te gebruik, en hoe om
jou afsprake, take en skedules by te werk.
Jy kan jou foon stel om die tyd, datum en tydsone outomaties op te dateer. Outomatiese
opdatering is ’n netwerkdiens en sal dalk nie beskikbaar wees nie, afhangend van jou streek of
netwerkdiensverskaffer.
1. Tik op Instellings > Stelsel > Datum en tyd .
2. Skakel Outomatiese datum en tyd aan.
3. Skakel Outomatiese tydsone aan.
Verander die horlosie na die 24-uur-formaat
Tik op Instellings > Stelsel > Datum en tyd , en skakel Gebruik 24-uur-formaat aan.
HORLOSIE EN WEKKER
Jou horlosie is nie net vir wekkers nie – vind uit wat jy alles kan doen.
Gebruik die aftel-tydteller
Kook nooit weer te lank nie – gebruik die aftel-tydhouer om jou kooktye te meet.
1. Tik op Horlosie > TYDHOUER .
2. Stel die duur van die tydhouer.
Gebruik die stophorlosie
Gebruik die stophorlosie om jou verbetering op die hardloopbaan te sien.
Tik op Horlosie > STOPHORLOSIE .
Stel ’n wekker
Jy kan jou foon as ’n wekker gebruik.
1. Tik op Horlosie > WEKKER .
2. Om ’n wekker by te voeg, tik op .
3. Om ’n wekker te verander, tik daarop. Om die wekker te stel om op spesifieke datums te
herhaal, merk Herhaal en merk die dae van die week.
As jy nog nie wil opstaan wanneer die wekker afgaan nie, vee die wekker na links. Om die
sluimerduur te verstel, tik op Horlosie > > Instellings > Sluimerduur en kies dan die duur
wat jou pas.
Skakel ’n wekker af
Wanneer die wekker afgaan, vee die wekker na regs.
Vee ’n wekker uit
Tik op Horlosie > WEKKER . Kies die wekker, en tik op Vee uit .
SAKREKENAAR
Vergeet die sompompie – daar’s ’n sakrekenaar op jou foon.
Gebruik die sakrekenaar
Tik op Sakrekenaar .
Om die gevorderde sakrekenaar te gebruik, vee die balk vanaf die regterste kant van die skerm
na die linkerkant.
TOEGANKLIKHEID
Jy kan verskillende instellings verander om jou foon makliker te maak om te gebruik.
Vergroot of verklein die font grootte
Wil jy groter fonte op jou foon hê?
1. Tik op Instellings > Toeganklikheid .
2. Tik op Font grootte . Om die fontgrootte te vergroot of te verklein, sleep die
fontgroottevlak-skuifbalk.
2. Tik ’n nommer in, of tik op en kies ’n kontak wat jy wil bel.
3. Tik op . As daar ’n tweede SIM in is, tik op die ikoon om ’n oproep via ’n spesifieke SIM te
maak.
Beantwoord ’n oproep
Wanneer die foon lui, swiep op om te antwoord.
Wenk: Wat jy moet doen as jy nie jou foon in stilmodus wil hou nie, maar jy nie op die oomblik
kan antwoord nie. Om ’n inkomende oproep stil te maak, druk die volume-af-knoppie. Jy
kan ook jou foon stel om die luitoon te demp wanneer jy die foon optel: Tik op Instellings >
Stelsel > Gebare > Volume stil met optel , en skakel dit aan.
As jy ʼn inkomende oproep wil weier deur die foon om te draai, tik op Instellings > Stelsel >
Gebare > Draai om om oproep te weier , en skakel dit aan.
Weier ’n oproep
Om ’n oproep te weier, swiep af.
KONTAKTE
Stoor en organiseer jou vriende en familie se foonnommers.
Stoor ’n kontak uit die oproepgeskiedenis
1. In Foon , tik op om belgeskiedenis te sien.
2. Tik op die nommer wat jy wil stoor.
3. Kies as jy ’n Nuwe kontak wil skep of By ʼn kontak wil voeg .
nommer in ’n ontvangerkassie. Om ’n
kontak by te voeg, begin hul naam tik en
tik op die kontak.
Nokia 9 PureView Gebruikergids
4. Om nog ontvangers by te voeg, tik op
Begin groepbespreking . Nadat jy al die
ontvangers gekies het, tik op .
Wenk: As jy ’n fotoboodskap wil stuur, tik op Foto’s , tik op die foto wat jy wil deel, en tik op
. Kies Boodskappe .
Lees ’n boodskap
1. Tik op Boodskappe .
2. Tik op die boodskap wat jy wil lees. Jy kan ook ’n boodskap via die kennisgewingpaneel lees.
Vee van die bokant van die skerm afwaarts en tik op die boodskap.
Beantwoord ’n boodskap
1. Tik op Boodskappe .
2. Tik op die boodskap wat jy wil beantwoord.
5. Skryf jou boodskap in die tekskassie.
6. Tik op .
3. Skryf jou antwoord in die tekskassie onder die boodskap, en tik op .
E-POS
Jy kan jou foon gebruik om e-pos te lees en te beantwoord terwyl jy onderweg is.
Voeg ’n e-posrekening by
Wanneer jy vir die eerste keer die Gmail-toepassing gebruik, word jy gevra om ’n e-posrekening
op te stel.
1. Tik op Gmail .
2. Jy kan die adres wat aan jou Google-rekening verbind is kies, of tik op
Voeg ’n e-posadres by .
3. Nadat jy al die rekeninge bygevoeg het, tik op NEEM MY NA GMAIL .
Vee ’n e-posrekening uit
1. Tik op Instellings > Rekeninge .
2. Tik op die rekening wat jy wil uitvee, en tik op VERWYDER REKENING .
3. In die Aan -boksie, voer ’n adres in of tik
op > Voeg by vanaf kontakte .
Lees en beantwoord e-pos
1. Tik op Gmail .
2. Tik op die boodskap wat jy wil lees.
3. Om die boodskap te beantwoord, tik op of tik op > Beantwoord alles .
Vee e-pos uit
1. Tik op Gmail .
2. Tik op die boodskap wat jy wil uitvee, en tik op .
4. Voer die boodskaponderwerp en eposadres in.
5. Tik op .
3. Om veelvuldige boodskappe uit te vee, tik op die sirkel met die ontvanger se voorletter om
boodskappe te kies, en tik op .
RAAK SOSIAAL
Wil jy met mense in jou lewe in aanraking kom en dinge met hulle deel? Danksy sosiale
toepassings kan jy op hoogte bly van wat met jou vriende gebeur.
Sosiale toepassings
Om met jou vriende en familie in aanraking te bly, meld aan by jou kitsboodskap-, deling- en
sosialenetwerk-dienste. Kies die diens wat jy op jou Tuisskerm wil gebruik. Sosiale toepassings
is beskikbaar in die Google Play Winkel . Watter dienste beskikbaar is, kan wissel.
Waarom sou ’n mens ’n aparte kamera saamdra, as jou foon alles het wat jy nodig het om
herinneringe vas te lê? Jy kan maklik foto’s of video’s met jou foon se kamera neem.
Neem ’n foto
Neem skerp, lewendige foto’s – lê die beste oomblikke in jou fotoalbum vas.
1. Tik op Kamera .
2. Mik en fokus.
3. Tik op .
Neem ’n selfie
Wil jy daardie perfekte selfie neem? Gebruik jou foon se voorste kamera om een te neem.
1. Tik op Kamera .
2. Tik op om na die voorste kamera te wissel.
3. Mik en fokus.
4. Tik op .
Neem ’n bothie
Buiten die perfekte selfie, kan jy ’n verdeeldeskerm-foto met jou foon se kamera neem.
Gebruik beide die voorste en agterste kameras gelyktydig.
1. Tik op Kamera > en tik op .
2. Tik op Dubbel vir ’n verdeeldeskermfoto. Of, om ’n prent-in-prent-foto te
neem, tik op .
Wenk: Wanneer jy ’n prent-in-prent-foto neem of ’n prent-in-prent-video opneem, en die
kleiner prent na ’n ander hoek wil skuif, tik daarop en hou dit in en sleep dit na die plek waar jy
dit soek.
Gebruik die volledige 360 grade-omringklankstelsel.
Jy kan maklik met jou foonkamera video’s met ’n volle 360°-omringklank opneem. Tik op
Kamera . Om na die video-opnamemodus te wissel, vee na links.
Jou foon het drie mikrofone wat OZO-klanktegnologie gebruik om ruimtelike klank op te neem
en te verwerk. In die video-opnamemodus, tik op om die manier waarop klank opgeneem
word te verander.
1. Om duidelik op te neem wat voor jou is, terwyl jy klank wat van agter af kom, demp, tik op
Voorkant . Gebruik hierdie instelling wanneer jy, byvoorbeeld, ’n onderhoud met iemand
voer.
2. Om jou eie stem of klank wat van agter jou kom op te neem, terwyl die klank wat van vooraf
kom stilgemaak word, tik op Agterkant .
3. Om klank van alle rigtings af op te neem, tik op Omring .
Om jou video’s se klankgehalte te optimeer, moenie enige van die klein mikrofoongaatjies van
jou foon toehou terwyl jy ’n video opneem nie. Om ’n volledige 360°-omringklank op te neem,
hou die foon in ’n horisontale posisie, en hou dit by die sye vas.
Neem ’n bothie-video op
Jy kan ’n verdeeldeskerm-video met jou foon opneem. Gebruik beide die voorste en agterste
kameras gelyktydig.
Wil jy daardie belangrike oomblikke herleef? Kyk foto’s en video’s op jou foon.
Tik op Foto’s .
Speel ’n video
Tik op Foto’s en tik op die video wat jy wil speel.
Wenk: Om videospeel te laat wag, tik op . Om te hervat, tik op .
Spoel ’n video vinnig vorentoe of terug
Om ’n video vinnig vorentoe of terug te spoel, sleep die skuifbalk onderaan die skerm na regs
of links.
Kopieer jou foto’s en video’s na jou rekenaar
Wil jy jou foto’s of video’s op ’n groter skerm kyk? Skuif dit na jou rekenaar.
Jy kan jou rekenaar se lêerlysprogram gebruik om jou foto’s en video’s na die rekenaar te
kopieer of te skuif.
Koppel jou foon aan die rekenaar met ’n versoenbare USB-kabel. Om die USB-verbindingtipe te
stel, maak die kennisgewingspaneel oop en tik op die USB-kennisgewing.
Deel jou foto’s en video’s
Jy kan jou foto’s en video’s vinnig en maklik met jou vriende en familie deel om na te kyk.
1. In Foto’s , tik die foto wat jy wil deel en tik .
Om ’n Wi-Fi-verbinding te gebruik, is gewoonlik vinniger en goedkoper as om ’n mobieledataverbinding te gebruik. As beide Wi-Fi- en mobieledata-verbindings beskikbaar is, gebruik jou
foon die Wi-Fi-verbinding.
Skakel Wi-Fi aan
1. Tik op Instellings > Netwerk en Internet > Wi-Fi .
2. Wissel Wi-Fi na Aan .
3. Kies die verbinding wat jy wil gebruik.
Jou Wi-Fi-verbinding is aktief wanneer op die statusbalk bo-aan die skerm wys.
Belangrik: Gebruik enkripsie om die sekuriteit van jou Wi-Fi-verbinding te verbeter. As jy
enkripsie gebruik, verminder dit die risiko dat ander mense by jou data kan ingaan.
Wenk: As jy op die hoogte van liggings wil bly terwyl daar geen satellietseine beskikbaar is
nie (byvoorbeeld wanneer jy binnenshuis of tussen hoë geboue is), skakel Wi-Fi aan om die
posisionering akkurater te maak.
1
Let wel: Die gebruik van Wi-Fi kan dalk in sommige lande beperk wees. In die EU mag jy byvoorbeeld
slegs 5150-5350 MHz se Wi-Fi binnenshuis gebruik, en in die VSA en Kanada mag jy net 5,15-5,25 GHz
se Wi-Fi binnenshuis gebruik. Vir meer inligting, kontak die plaaslike owerhede.
Belangrik: Gebruik enkripsie om die sekuriteit van jou Wi-Fi-verbinding te verbeter. As jy enkripsie
gebruik, verminder dit die risiko dat ander mense by jou data kan ingaan.
GEBRUIK ’N MOBIELEDATA-VERBINDING
Maak die mobieledata-verbinding toe
Vee af vanaf die bokant van die skerm, tik Mobiele data en skakel Mobiele data af.
Skakel die mobieledata-verbinding aan
Vee af vanaf die bokant van die skerm, tik Mobiele data en skakel Mobiele data aan.
Tik op Instellings > Netwerk en Internet > Mobiele netwerk , en wissel Swerwing na Aan .
Wenk: Om jou datagebruik te sien, tik op Instellings > Netwerk en Internet > Datagebruik .
As jy aan die internet verbind terwyl jy swerf, veral in die buiteland, kan die datakoste aansienlik styg.
1
BLAAI DEUR DIE WEB
Gebruik jou foon om jou rekenaar aan die web te laat koppel
Dit is maklik om die internet op jou skootrekenaar te gebruik terwyl jy onderweg is. Verander
jou foon in ’n Wi-Fi-warmkol, en gebruik jou mobieledata-verbinding om met jou skootrekenaar
of ander toestel by die internet in te gaan.
1. Tik op Instellings > Netwerk en Internet > Warmkol en verbinding .
2. Skakel die Wi-Fi-warmkol aan om jou mobieledata-verbinding via Wi-Fi te deel,
USB-verbinding om ’n USB-verbindign te gebruik, of Bluetooth-verbinding om Bluetooth
te gebruik.
1
Die ander toestel gebruik data uit jou dataplan, wat dalk kan lei tot datagebruikskoste. Vir meer
inligting oor die beskikbaarheid en koste daarvan, kontak jou netwerkdiensverskaffer.
Begin blaai
Jy’t nie ’n rekenaar nodig nie – blaai maklik op die internet op jou foon. Bly op hoogte van
die nuus en besoek jou gunsteling webwerwe. Jy kan die blaaier op jou foon gebruik om
webbladsye op die internet te bekyk.
1. Tik op Chrome .
2. Voer ’n webadres in, en tik op .
Wenk: As jou netwerkdiensverskaffer nie ’n vaste fooi vir dataoordrag hef nie, en jy wil
datakoste bespaar, gebruik ’n Wi-Fi-netwerk om aan die internet te koppel.
As jy bekommerd is oor die koste van jou datagebruik, kan jou foon jou help keer dat sommige
toepassings data stuur of ontvang wanneer dit in die agtergrond loop.
1. Tik op Instellings > Netwerk en Internet > Datagebruik > Databespaarder .
2. Wissel Databespaarder na Aan .
MAAK ’N VERBINDING TOE
Maak internetverbindings toe
Bespaar jou battery deur internetverbindings wat in die agtergrond oop is, toe te maak. Jy kan
dit doen sonder om enige toepassings toe te maak.
1. Tik op Instellings > Netwerk en Internet > Wi-Fi .
2. Wissel Wi-Fi na Af .
Maak die mobieledata-verbinding toe
Vee af vanaf die bokant van die skerm, tik Mobiele data en skakel Mobiele data af.
Skakel vliegtuigmodus aan
1. Tik op Instellings > Network en Internet > Gevorderd .
2. Skakel Vliegtuigmodus aan.
Vliegtuigmodus maak verbindings met die mobiele netwerk toe en skakel jou toestel
se koordlose funksies af. Voldoen aan die instruksies en veiligheidsvereistes wat deur
byvoorbeeld ’n lugredery vereis word, asook enige toepaslike wette en regulasies. Jy kan
wanneer dit toegelaat word aan ’n Wi-Fi-netwerk verbind om byvoorbeeld deur die internet te
blaai, of skakel Bluetooth aan in vliegtuigmodus.
BLUETOOTH®
Jy kan koordloos aan ander versoenbare toestelle soos fone, rekenaars, oorfone en
motorstelle koppel. Jy kan ook jou foto’s na versoenbare fone of na jou rekenaar stuur.
Jy kan jou foon aan heelwat nuttige Bluetooth-toestelle koppel. Jy kan byvoorbeeld met
draadlose oorfone (wat afsonderlik te koop is) handevry op jou foon praat terwyl jy byvoorbeeld
op jou rekenaar werk. Om ’n foon aan ’n Bluetooth-toestel te verbind, word saambinding
genoem.
1. Tik op Instellings > Gekoppelde toestelle
> Verbindingsvoorkeure > Bluetooth .
2. Verander Bluetooth na Aan .
3. Maak seker die ander toestel
is aangeskakel. Jy sal dalk die
saambindproses vanaf die ander toestel
moet begin. Lees die ander toestel se
Aangesien toestelle wat draadlose Bluetooth-tegnologie gebruik, met radiogolwe
kommunikeer, hoef hulle nie binne sig van mekaar te wees nie. Bluetooth-toestelle moet egter
binne 33 meter (10 voet) van mekaar af wees. Die verbinding kan egter steuring ervaar weens
obstruksies soos mure of vanaf ander elektroniese toestelle.
Saamgebinde toestelle kan aan jou foon koppel wanneer Bluetooth aangeskakel is. Ander
toestelle kan jou foon slegs bespeur as die Bluetooth-instellingsaansig oop is.
Moenie met ’n onbekende toestel saambind of verbindingsversoeke aanvaar nie. Dit sal help
om jou foon teen skadelike inhoud te beskerm.
gebruikergids vir inligting.
4. Om jou foon en die toestel te laat
saambind, tik op die toestel op die lys van
bespeurde Bluetooth-toestelle.
5. Jy sal dalk ’n wagwoord moet intik. Lees
die ander toestel se gebruikergids vir
inligting.
Verwyder ’n saambinding
As jy nie meer die toestel het waarmee jy jou foon saamgebind het nie, kan jy die saambinding
verwyder.
1. Tik op Instellings > Gekoppelde toestelle > VOORHEEN GEKOPPELDE TOESTELLE .
2. Tik op langs ’n toestelnaam.
3. Tik op VERGEET .
Koppel aan jou vriend se foon via Bluetooth
Jy kan Bluetooth gebruik om koordloos aan jou vriend se foon te koppel, foto’s te deel, ens.
1. Tik op Instellings > Gekoppelde toestelle
> Verbindingsvoorkeure > Bluetooth .
2. Maak seker Bluetooth is op beide fone
aangeskakel.
3. Maak seker die fone is sigbaar aan
mekaar. Jy moet in jou foon se Bluetooth-
instellingsaansig wees om jou foon vir
ander fone sigbaar te maak.
4. Jy kan sien watter Bluetooth-fone binne
bereik is. Tik op die foon waaraan jy wil
Die wagwoord word slegs gebruik wanneer jy vir die eerste keer aan iets koppel.
Stuur jou inhoud via Bluetooth
As jy jou inhoud met ’n vriend wil deel of foto’s wat jy geneem het, na hom/haar wil stuur,
gebruik Bluetooth om dit na versoenbare toestelle te stuur.
Jy kan meer as een Bluetooth-verbinding op ’n slag gebruik. Jy kan byvoorbeeld terwyl jy
Bluetooth-oorfone gebruik, steeds dinge na ’n ander toestel stuur.
1. Tik op Instellings > Gekoppelde toestelle
> Verbindingsvoorkeure > Bluetooth .
2. Verander Bluetooth na Aan .
3. Gaan na die inhoud wat jy wil stuur, en tik
op > Bluetooth .
4. Tik op die toestel waaraan jy wil koppel. Jy
kan sien watter Bluetooth-toestelle binne
koppel.
5. As die ander foon ’n wagwoord vereis, voer
dit in of aanvaar die wagwoord, en tik op
Paar .
bereik is.
5. As die ander toestel ’n wagwoord vereis,
voer die wagwoord in. Die wagwoord (wat
jy kan opmaak) moet op beide toestelle
ingevoer word. Op sommige toestelle kan
die wagwoord nie verander word nie. Lees
die gebruikersgids van die ander toestel vir
inligting.
Die plek waar die ontvangde lêers gestoor gaan word, hang af van die ander toestel. Lees die
ander toestel se gebruikergids vir inligting.
NFC
Verken die wêreld om jou. As jou foon nabyeveldkommunikasie (NFC) ondersteun, kan jy
op bykomstighede tik om dit te koppel en op merkers om iemand te bel of om ’n webwerf
oop te maak. Die NFC-funksionaliteit kan saam met ’n paar spesifieke dienste en tegnologie
gebruik word, soos tik om te betaal met jou toestel. Hierdie dienste mag dalk nie in jou streek
beskikbaar wees nie. Vir bykomende inligting oor die beskikbaarheid van hierdie dienste,
kontak jou netwerk-diensverskaffer.
Om te begin met NFC
Skakel jou foon se NFC-funksies aan en begin op dinge tik om dit te deel of aan toestelle te
koppel. Om te bepaal of jou foon met NFC kan werk, tik op Instellings > Gekoppelde toestelle
> Verbindingsvoorkeure .
• Verbind met versoenbare Bluetooth-toebehore wat NFC ondersteun, soos ´n kopstuk of
draadlose luidspreker.
• Tik op merkers om meer inhoud vir jou foon te kry of om om toegang tot aanlyn dienste te
kry.
• Betaal met jou foon, indien dit deur netwerkdiensverskaffer ondersteun word.
Die NFC-kol is agterop jou foon. Klop die NFC-kol teen ander fone, toebehore, merkers of
lesers.
1. Tik op Instellings > Gekoppelde toestelle > Verbindingsvoorkeure > NFC .
2. Skakel NFC aan
Voordat jy NFC gebruik, maak seker die skerm en knoppies is ontsluit.
Lees NFC-merkers
NFC-merkers kan inligting bevat, bv. ’n webadres, ’n foonnommer of ’n besigheidskaartjie. Die
inligting wat jy wil hê, is net ’n tik weg.
Om ’n merker te lees, tik die merker teen jou foon se NFC-kol.
Let wel: Betaling en kaartjie-uitreikingstoepassings en -dienste word deur derdepartye
verskaf. HMD Global verskaf geen waarborg of neem geen verantwoordelikheid vir enige
toepassings of dienste van hierdie aard nie, insluitend ondersteuning, funksionaliteit,
transaksies, of verlies van enige geldelike waarde. Jy sal moontlik die kaarte wat jy bygevoeg
het, asook die betaling- of kaartjie-uitreikingstoepassing, moet herinstalleer en aktiveer na
die herstel van jou toestel.
Koppel aan ’n Bluetooth-bykomstigheid met NFC
Is jou hande besig? Gebruik oorfone. Of luister musiek met draadlose luidsprekers. Tik
eenvoudig die versoenbare bykomstigheid teen jou foon.
1. Tik die NFC-kol van die bykomstigheid teen jou foon se NFC-kol.*
2. Volg die instruksies op die skerm.
*Bykomstighede is afsonderlik te koop. Of bykomstighede beskikbaar is, wissel volgens streek.
Ontkoppel die gekoppelde bykomstigheid
As jy nie meer aan die bykomstigheid gekoppel hoef te wees nie, kan jy die bykomstigheid
ontkoppel.
Tik weer die bykomstigheid se NFC-kol.
Vir meer inligting, raadpleeg die bykomstigheid se gebruikersgids.
Jy moet dalk ’n virtuele private netwerk (VPN) gebruik om by jou maatskappy se hulpbronne
uit te kom, bv. intranet of maatskappy-e-pos, of dalk gebruik jy ’n virtuele private netwerk vir
persoonlike doeleindes.
Kontak jou maatskappy se IT-administrateur vir inligting om julle VPN op te stel, of kontroleer
jou VPN se webwerf vir bykomende inligting.
Gebruik ’n beveiligde VPN-verbinding
1. Tik op Instellings > Network en Internet > Gevorderd > VPN .
2. Om ’n VPN-profiel by te voeg, tik op .
3. Voer die profielinligting in soos aangewys deur jou maatskappy se IT-administrateur of VPNdiens.
Hou tred met tyd – vind uit hoe om jou afsprake, take en skedules op te dateer.
Bestuur kalenders
Tik op Kalender > , en kies watter tipe kalender jy wil sien.
Kalenders word outomaties bygevoeg wanneer jy ’n rekening by jou foon voeg. Om ’n nuwe
rekening met ’n kalender by te voeg, gaan na die toepassingkieslys en tik op Instellings >
Rekeninge > Voeg rekening by .
Voeg ’n gebeurtenis by
Om ’n afspraak of ’n gebeurtenis te onthou, voeg dit by jou kalender.
1. In Kalender , tik op en kies ’n inskrywingstipe.
2. Voer die inligting in wat jy wil invul, en stel die tyd.
3. Om ’n gebeurtenis op sekere dae te laat herhaal, tik op Nog opsies > Herhaal nie , en kies
hoe gereeld die gebeurtenis moet herhaal.
4. Om die herinneringstyd te wysig, tik op die herrineringstyd en kies die benodigde tyd.
Wenk: Om ’n gebeurtenis te wysig, tik op die gebeurtenis en , en wysig die
inligting.
Vee ’n afspraak uit
1. Tik die gebeurtenis.
2. Tik > Vee uit .
NOTAS
Maak ’n nota
’n Mens verloor maklik notas op papier. Skryf hulle eerder neer in die Hou -toepassing. Dan het
jy jou notas altyd by jou.
Google Kaarte help jou om spesifieke plekke en besighede te vind.
1. Tik op Kaarte .
2. Skryf soekwoorde in die soekbalk, bv. ’n straatadres of pleknaam.
3. Kies ’n item uit die lys voorstelle terwyl jy skryf, of te soek.
Die ligging word op die kaart gewys. As daar geen soekresultate is nie, maak jy het die
soekwoorde korrek gespel.
Sien jou huidige ligging
.
Kry rigtingaanwysings na ’n plek
Kry aanwysings vir stap, ry of gebruik van publieke vervoer – gebruik jou huidige ligging of enige
ander plek as beginpunt.
1. Tik op Kaarte en voer jou bestemming by die soekbalk in.
2. Tik Aanwysings . Die uitgeligte ikoon wys die vervoermetode, byvoorbeeld . Om die
vervoermetode te verander, kies die nuwe metode in die soekbalk.
3. As jy nie wil hê dat die beginpunt jou huidige ligging moet wees nie, tik op Jou ligging en
soek vir ’n nuwe beginpunt.
4. Tik op BEGIN om die navigasie te begin.
Die roete wys op die kaart, saam met ’n skatting van hoe lank dit sal neem om daar te kom. Om
gedetailleerde aanwysings te sien, vee opwaarts vanaf die onderkant van die skerm.
Stoor nuwe kaarte op jou foon vóór jy op reis gaan, sodat jy die kaarte sonder ’n
internetverbinding kan sien terwyl jy reis.
1. Tik op Kaarte > > Vanlyn-kaarte > KIES JOU EIE KAART .
2. Kies die area op die kaart en tik op LAAI AF .
Werk ’n bestaande kaart by
1. Tik Kaarte > > Vanlyn-kaarte en die kaartnaam.
2. Tik op DATEER OP .
Wenk: Jy kan ook jou foon stel om die kaarte outomaties by te werk. Tik Kaarte
> > Vanlyn-kaarte > en skakel Werk vanlyn-kaarte outomaties by en
Laai outomaties vanlyn-kaarte af na Aan .
Vee ’n kaart uit
1. Tik Kaarte > > Vanlyn-kaarte en die kaartnaam.
2. Tik op VEE UIT .
GEBRUIK LIGGINGSDIENSTE
Gebruik Kaarte om uit te vind waar jy is, en voeg jou ligging by die foto’s wat jy neem.
Liggingsinligting kan aan ´n foto of video geheg word, indien jou ligging bepaal kan word met
satelliet- of netwerktegnologie. Indien jy ´n foto of video deel wat liggingsinligting bevat, word
die ligging moontlik aan mense gewys wat die foto of video bekyk. Sekere toepassings kan jou
liggingsinligting gebruik om vir jou ’n wyer verskeidenheid van dienste aan te bied.
Skakel liggingsdienste aan
Jou foon wys jou ligging op die kaart met satellietposisionering, Wi-Fi of netwerkgebaseerde
posisionering (sellulêre ID).
Die beskikbaarheid, akkuraatheid en volledigheid van die liggingsinligting hang af van
byvoorbeeld jou ligging, omgewing en derdeparty-bronne, en kan dalk beperk wees.
Liggingsinligting is dalk nie beskikbaar nie, byvoorbeeld in geboue of ondergronds.
Vir privaatheidsinligting verwant aan posisioneringmetodes, sien die HMD Globalprivaatheidsbeleid, wat by http://www.nokia.com/phones/privacy beskikbaar is.
Sekere satellietposisioneringstelsels kan vereis dat klein hoeveelhede data oor die mobiele
netwerk oorgedra word. Indien jy datakoste wil vermy (byvoorbeeld wanneer jy reis), kan jy die
mobieledata-verbinding in jou fooninstellings afskakel.
Wi-Fi-posisionering maak posisionering meer akkuraat terwyl daar geen satellietseine
beskikbaar is nie (byvoorbeeld wanneer jy binnenshuis of tussen hoë geboue is). As jy op ’n plek
is waar die gebruik van Wi-Fi beperk is, kan jy Wi-Fi in jou fooninstellings afskakel.
Tik op Instellings > Sekuriteit en ligging , en skakel Ligging aan.
Bly op hoogte van alles – dateer jou foon se sagteware en toepassings draadloos op vir nuwe,
verbeterde funksies op jou foon. Opdatering van die sagteware kan ook jou foon se werking
verbeter.
Installeer beskikbare opdaterings
Tik op Instellings > Stelsel > Gevorderd > Stelselopdaterings > Dateer op om te kyk of
daar opdaterings beskikbaar is.
As jou foon vir jou sê dat daar ’n opdatering beskikbaar is, volg net die instruksies op jou foon.
Waarskuwing: As jy ’n sagteware-opdatering installeer, kan jy nie die toestel gebruik (selfs nie
om noodoproepe te maak nie) totdat die installering klaar is en die toestel weer begin is nie.
Voordat jy die opdatering begin, koppel ’n laaier of maak seker die toestel se battery het
genoeg krag, en koppel aan Wi-Fi, aangesien die bywerkpakkette dalk heelwat mobiele data kan
gebruik.
RUGSTEUN JOU DATA
Om te verseker dat jou data veilig is, gebruik jou foon se rugsteunfunksie. Jou toesteldata (bv.
Wi-Fi-wagwoorde en oproepgeskiedenis) en toepassingdata (bv. instellings en lêers wat deur
toepassings gestoor is) sal na ’n afgeleë ligging gerugsteun word.
Skakel outomatiese rugsteun aan
Tik op Instellings > Stelsel > Gevorderd > Rugsteun , en skakel rugsteun aan.
LAAI OORSPRONKLIKE INSTELLINGS TERUG EN VERWYDER PRIVAATINHOUD
VAN JOU FOON AF.
Soms gebeur ongelukke – as jou foon nie behoorlik werk nie, kan jy die instellings daarvan
teruglaai. Of as jy ’n nuwe foon gekoop het of jou foon wil weggee, weggooi of laat herwin, kan
jy jou persoonlike inligting en inhoud verwyder. Let wel: dit is jou verantwoordelikheid om alle
private inhoud te verwyder.
1. Tik op Instellings > Stelsel > Gevorderd > Terugstellingsopsies >
Vee alle data uit (fabrieksterugstelling) .
2. Volg die instruksies op jou foon.
BERGING
Om te kyk hoeveel geheue jy beskikbaar het, tik op Instellings > Berging .
Verwyder afgelaaide toepassings
Tik op Play Store > > My toepassings en speletjies , kies ’n toepassing wat jy wil verwyder,
en tik op DEÏNSTALLEER .
Deaktiveer ’n toepassing
Jy kan sommige toepassings wat vooraf op jou toestel geïnstalleer is, nie uitvee nie. Jy kan
hulle egter deaktiveer en dan sal hulle nie op jou toestel se toepassinglys verskyn nie. As jy ’n
toepassing deaktiveer, kan jy dit weer op jou toestel terugvoeg.
1. Tik op Instellings > Toepassings en kennisgewings .
2. Tik op die toepassingnaam.
3. Tik op DEAKTIVEER . Jy sal dalk nie alle toepassings kan deaktiveer nie.
Indien daar ’n geïnstalleerde program is wat van ’n verwyderde program gebruik maak,
kan die geïnstalleerde program dalk ophou werk. Lees die geïnstalleerde toepassing se
gebruikerdokumentasie vir meer inligting.
Voeg die gedeaktiveerde toepassing terug
Jy kan ’n gedeaktiveerde toepassing weer op die toepassingslys terugvoeg.
1. Tik op Instellings > Toepassings en kennisgewings .
Jy kan jou foon ontsluit met ’n blote vingeraanraking. Stel jou vingerafdruk-ID op vir ekstra
sekuriteit.
Voeg ’n vingerafdruk by
1. Tik op Instellings > Sekuriteit en Ligging > Vingerafdruk . As skermslot nie op jou foon
opgestel is nie, tik op Stel skermslot op .
2. Kies watter rugsteun-ontsluitingsmetode jy vir die sluitskerm wil gebruik en volg die
instruksies wat op jou foon vertoon word.
Ontsluit jou foon met jou vinger.
Plaas jou geregistreerde vinger op die sensor. Die vingerafdruksensor is op die foon se skerm.
Druk jou vinger op om die foon te ontsluit.
Die vingerafdruksensor kan niereagerend raak in koue temperature, hou die toestel bo 0°C
(32°F) vir optimale werkverrigting.
As daar ’n vingerafdruksensor-fout is, gebruik alternatiewe aanmeldmetodes. As jy nie
alternatiewe aanmeldmetodes kan gebruik om die foon op enige wyse te herstel of terug te
stel nie, sal jou foon ’n diens benodig. Dit kan dalk ekstra geld kos, en alle persoonlike data op
jou foon kan dalk uitgevee word. Vir meer inligting, kontak jou foon se versieningspunt of jou
foon se verkoper.
VERANDER JOU SIM-PIN-KODE
As jou SIM-kaart ’n verstek-SIM-PIN-kode het, kan jy dit verander na iets veiliger. Dit werk nie
met alle netwerkdiensverskaffers nie.
Kies jou SIM-PIN
Jy kan besluit watter syfers om vir die SIM-PIN te gebruik. Die SIM-PIN-kode mag 4-8 syfers
lank wees.
1. Tik op Instellings > Sekuriteit en Ligging > Gevorderd > SIM-kaart-slot .
2. Onder die gekose SIM-kaart, tik op Verander SIM-PIN .
Wenk: As jy nie jou SIM met ’n PIN-kode wil beskerm nie, wissel Sluit SIM-kaart na Af , en tik
jou huidige PIN in.
Vind uit waarvoor die verskillende kodes op jou foon is.
PIN- of PIN2-kode
PIN- of PIN2-kodes het 4 – 8 syfers.
Hierdie kodes beskerm jou SIM-kaart teen ongemagtigde gebruik, of word vereis om sekere
funksies te gebruik. Jy kan jou foon stel om vir die PIN-kode te vra wanneer jy dit aanskakel.
As jy die kodes vergeet het, of hulle nie saam met jou kaart gekom het nie, kontak jou
netwerkdiensverskaffer.
As jy die kode drie keer na mekaar verkeerd invoer, moet jy die kode met die PUK- of PUK2kode deblokkeer.
PUK- of PUK2-kodes
PUK- of PUK2-kodes word vereis om ’n PIN- of PIN2-kode te deblokkeer.
As die kodes nie saam met jou SIM-kaart gekom het nie, kontak jou netwerkdiensverskaffer.
Slotkode
Slotkode is ook bekend as sekuriteitskode of wagwoord.
Die slotkode help om jou foon teen ongemagtigde gebruik te beskerm. Jy kan jou foon stel
om vir die slotkode te vra wat jy opstel. Hou die kode geheim en op ’n veilige plek, weg van jou
foon.
Indien jy die kode vergeet, en jou foon gesluit word, het jou foon versiening nodig. Dit kan dalk
ekstra geld kos, en alle persoonlike data op jou foon kan dalk uitgevee word. Vir meer inligting,
kontak die naaste gemagtigde diensfasiliteit vir jou foon of jou foonhandelaar.
IMEI-kode
Die IMEI-kode word gebruik om fone op die netwerk te identifiseer. Jy sal ook moontlik die
nommer vir jou gemagtigde diensfasiliteitdieste of foonhandelaar moet gee.
Om jou IMEI-nommer te sien, skakel *#06# .
Jou foon se IMEI-kode is ook op jou foon of op die SIM-laai sigbaar, afhangend van jou
foonmodel. As jou foon ’n verwyderbare agterste omhulsel het, kan jy die IMEI-kode onder die
omhulsel vind.
Die IMEI is ook sigbaar op die oorspronklike boks waarin dit verkoop is.
As jy jou foon verloor, sal jy dit dalk van ’n afstand af kan opspoor, sluit of uitvee as jy by ’n
Google-rekening ingeteken is. Die ”Vind my toestel”-instelling is by verstek aangeskakel op
fone met ’n Google-rekening.
Om ”Vind my toestel” te gebruik, moet jou verlore foon:
• Aangeskakel wees
• By ’n Google-rekening ingeteken wees
• Aaan mobiele data of Wi-Fi verbind wees
• Sigbaar wees op Google Play
• Ligging moet aangeskakel wees
• ”Vind my toestel” moet aangeskakel wees
Wanneer ”Vind my toestel” met jou foon verbind, sien jy die foon se ligging en die foon kry ’n
kennisgewing.
1. Maak android.com/find op ’n rekenaar, tablet of foon wat aan die internet verbind is oop, en
teken in by jou Google-rekening.
2. As jy meer as een foon het, klik op die verlore foon aan die bokant van die skerm.
3. Sien op die kaart waar die foon ongeveer is. Die ligging is ’n skatting, en is dalk nie
heeltemal akkuraat nie.
As jy nie jou toestel kan opspoor nie, sal ”Vind my toestel” die laaste aangetekende ligging wys,
indien beskikbaar. Om jou foon te sluit of skoon te vee, volg die instruksies op die webtuiste.
Lees hierdie eenvoudige riglyne. As jy dit nie volg nie, kan dit gevaarlik wees of plaaslike wette
en regulasies oortree. Lees die volledige gebruikersgids vir meer inligting.
SKAKEL AF BY INGEPERKTE AREAS
Skakel die toestel af wanneer jy nie die mobiele toestel mag gebruik nie of wanneer dit steuring
of gevaar kan veroorsaak, byvoorbeeld in vliegtuie, hospitale of naby mediese toerusting,
brandstof, chemikalieë of plekke waar plofstof gebruik word. Gehoorsaam alle instruksies by
ingeperkte gebiede.
PADVEILIGHEID KOM EERSTE
Gehoorsaam alle plaaslike wette. Jou hande moet altyd beskikbaar wees om die voertuig te
beheer wanneer jy bestuur. Padveiligheid is die belangrikste ding om in ag te neem terwyl jy
bestuur.
Alle draadlose toestelle kan steuring ondervind, wat die werking daarvan kan beïnvloed.
GEMAGTIGDE DIENS
Slegs gemagtigde personeel mag hierdie produk installeer of herstel.
BATTERYE, HERLAAIERS, EN ANDER BYKOMSTIGHEDE
Gebruik slegs batterye, herlaaiers en ander bykomstighede wat deur HMD Global Oy vir gebruik
met hierdie toestel goedgekeur is. Moenie onversoenbare produkte daaraan koppel nie.
HOU JOU TOESTEL DROOG
As jou toestel waterbestand is, sien sy IP-gradering in die tegniese spesifikasies van die toestel
vir meer gedetailleerde leiding.
Die toestel en/of die skerm is van glas gemaak. Die glas kan breek indien die toestel op ’n
harde oppervlak laat val word of aansienlike impak opdoen. Indien die glas breek, moenie aan
nie toestel se glasdele raak of probeer om die gebreekte glas uit die toestel te haal nie. Staak
gebruik van die toestel totdat die glas deur gemagtigde dienspersoneel vervang is.
BESKERM JOU GEHOOR
Om moontlike gehoorskade te voorkom, moenie vir lang tye teen hoë volume luister nie. Wees
versigtig as jy die toestel naby jou oor hou terwyl die luidspreker aan is.
SAR
Hierdie toestel voldoen aan RF-blootstellingsriglyne wanneer dit in die normale gebruiksposisie
teen die oor gebruik word of wanneer dit minstens 1,5 sentimeter (5/8 duim) weg
van die liggaam geplaas word. Die spesifieke maksimum SAR-waardes staan in die
sertifiseringsinligting- (SAR) afdeling van hierdie gebruikergids. Vir meer inligting, sien die
sertifiseringsinligting (SAR)-afdeling van hierdie gebruikersgids of gaan na www.sar-tick.com.
Sekere kenmerke en dienste (of om inhoud af te laai, insluitend gratis items) vereis ’n
netwerkverbinding. Dit kan behels dat groot hoeveelhede data oorgedra word, wat tot
datakoste kan lei. Jy sal dalk ook op sekere funksies moet inteken.
Belangrik: Jou netwerkdiensverskaffer of die diensverskaffer wat jy gebruik terwyl jy reis,
werk dalk nie met 4G/LTE nie. In sulke gevalle kan jy dalk nie oproepe maak of ontvang nie, nie
boodskappe stuur of ontvang nie, of nie mobieledata-verbindings gebruik nie. Om seker te
maak jou toestel werk probleemloos wanneer volledige 4G/LTE-diens onbeskikbaar is, word
dit aanbeveel dat jy die hoogste verbindingspoed van 4G na 3G verander. Om dit te doen, op
die tuisskerm, tik op Instellings > Network en Internet > Mobiele-netwerk > Gevorderd ,
en verander Voorkeurnetwerktipe na 3G .
Nota: Die gebruik van Wi-Fi kan dalk in sommige lande beperk wees. In die EU mag jy
byvoorbeeld slegs 5150-5350 MHz se Wi-Fi binnenshuis gebruik, en in die VSA en Kanada
mag jy net 5,15-5,25 GHz se Wi-Fi binnenshuis gebruik. Vir meer inligting, kontak die plaaslike
owerhede.
Vir meer inligting, kontak jou netwerkdiensverskaffer.
Sekere kenmerke en dienste (of om inhoud af te laai, insluitend gratis items) vereis ’n
netwerkverbinding. Dit kan behels dat groot hoeveelhede data oorgedra word, wat tot
datakoste kan lei. Jy sal dalk ook op sekere funksies moet inteken.
NOODOPROEPE
Important: Verbinding onder alle toestande word nie gewaarborg nie. Moet nooit net op ’n
draadlose foon staat maak vir noodsaaklike kommunikasie soos mediese noodgevalle nie.
Voordat jy die oproep maak:
• Skakel die foon aan.
• As die foon se skerm en knoppies gesluit is, ontsluit dit.
• Skuif na ’n plek met voldoende seinsterkte.
Op die tuisskerm, tik op .
1. Voer die amptelike noodnommer vir jou huidige ligging in. Noodoproepnommers wissel
volgens ligging.
2. Tik op .
3. Gee die nodige inligting so akkuraat as moontlik. Moenie die oproep beëindig voordat jy
toestemming gekry het nie.
• Sit ’n SIM-kaart in die foon. As jy nie ’n SIM-kaart het nie, tik op Noodgeval op die
sluitskerm.
• As jou foon vir ’n PIN-kode vra, tik op Noodgeval .
• Skakel die oproepinperkings op jou foon af, bv. oproepversperring, vasgestelde bellery of
geslote gebruikergroep.
• As die mobiele netwerk nie beskikbaar is nie, kan jy ook probeer om ’n internetoproep te
maak, indien jy toegang tot die internet het.
SIEN OM NA JOU TOESTEL
Hanteer jou toestel, battery, herlaaier en bykomstighede versigtig. Die volgende voorstelle
help jou toestel operasioneel help hou.
• Hou die toestel droog. Neerslag,
humiditeit, en alle soorte vloeistowwe of
vog kan minerale bevat wat elektroniese
stroombane kan korrodeer.
• Moenie die toestel op stowwerige of vuil
plekke gebruik of berg nie.
• Moenie die toestel teen hoë temperature
berg nie. Hoë temperature kan dalk die
toestel of battery beskadig.
• Moenie die toestel teen koue temperature
berg nie. Wanneer die toestel weer na sy
normale temperatuur terugkeer, kan vog
binne-in die toestel vorm en dit beskadig.
• Moenie die toestel oopmaak behalwe soos
in die gebruikersgids aangedui nie.
• Ongemagtigde wysiging kan dalk die
toestel beskadig en kan dalk regulasies
vir radio-toestelle skend.
• Moenie die toestel of die battery laat val,
stamp of skud nie. Rowwe hantering kan
dit laat breek.
• Gebruik slegs ’n sagte, skoon, droë lap
om die oppervlak van die toestel skoon
te maak.
• Moenie die toestel verf nie. Verf kan
verhoed dat dit behoorlike werk.
• Hou die toestel weg van magnete of
magnetiese velde.
• Om jou belangrike data veilig te hou, stoor
dit op ten minste twee plekke, bv. jou
toestel, geheuekaart, of rekenaar, of skryf
belangrike inligting neer.
Wanneer jy die toestel lank gebruik, kan dit dalk warm voel. In die meeste gevalle is dit normaal.
Om te voorkom dat die toestel te warm word, kan die toestel dalk outomaties stadiger raak,
programme toemaak, ophou herlaai, en (indien nodig) vanself afskakel. As die toestel nie
behoorlik werk nie, neem dit na die naaste gemagtigde diensfasiliteit.
Bring altyd gebruikte elektroniese produkte, batterye en verpakkingsmateriaal na toegewyde
versamelpunte. Só help jy om onbeheerde afvalverwydering te voorkom en om materiale te
help herwin. Elektriese en elektroniese produkte bevat baie waardevolle materiale, insluitende
metale (soos koper, aluminium, staal en magnesium) en edelmetale (soos goud, silwer en
palladium). Alle materiale in die toestel kan as materiaal en energie herwin word.
DEURGEHAALDE WIELDROM-SIMBOOL
Deurgehaalde wieldrom-simbool
Die deurgehaalde wieldrom-simbool op jou produk, battery, literatuur of verpakking herinner
jou daaraan dat alle elektriese en elektroniese produkte en batterye na afloop van hul leeftyd
geskei moet word. Moenie hierdie produkte as ongesorteerde munisipale afval weggooi nie:
neem dit vir herwinning. Vir jou naaste herwinningspunt, raadpleeg jou plaaslike afvalowerheid.
BATTERY- EN LAAIER-INLIGTING
Battery- en laaier-inligting
Om te kyk of jou foon ’n battery het wat jy kan uithaal, raadpleeg die ”Om te begin”-gids.
Toestelle met ’n battery wat kan uithaal Gebruik jou toestel slegs met ’n oorspronklike
herlaaibare battery. Die battery kan honderde kere gelaai of ontlaai laat word, maar dit sal
uiteindelik ingee. Wanneer jy agterkom die praat- en bystaan-tye raak merkbaar korter as
normaal, vervang die battery.
Toestelle met ’n battery wat nie kan uithaal nie Moenie probeer om die battery uit te haal nie,
want jy kan dalk die toestel beskadig. Die battery kan honderde kere gelaai of ontlaai laat word,
maar dit sal uiteindelik ingee. Wanneer jy agterkom die praat- en bystaan-tye raak merkbaar
korter as normaal, neem die toestel na die naaste gemagtigde diensfasiliteit om die battery te
vervang.
Laai jou toestel met ’n versoenbare laaier. Die soort prop van die laaier kan wissel. Laaityd kan
wissel, afhangend van toestelkapasiteit.
Battery- en laaier-veiligheidsinligting
Wanneer jou toestel klaar gelaai is, moet jy die laaier uit die toestel en elektriese uitlaatpunt
ontprop. Let asseblief dat die toestel nie vir langer as 12 uur aanhoudend gelaai moet word nie.
As ’n volgelaaide battery ongebruik gelaat word, kan dit mettertyd pap raak.
Uiterste temperature verminder die battery se kapasiteit en leeftyd. Hou altyd die battery
tussen 15 °C en 25 °C (59 °F en 77 °F) vir optimale werking. ’n Toestel met ’n warm of koue
battery kan dalk tydelik nie werk nie. Let wel dat die battery dalk vinnig in koue temperature
kan leegloop en genoeg krag kan verloor om die foon binne minute af te skakel. Hou jou foon
warm, wanneer jy buite in koue temperature is.
Kom plaaslike regulasies na. Herwin indien moontlik. Moenie dit as huishoudelike afval weggooi
nie.
Moenie die battery blootstel aan buitengewone lae lugdruk of dit aan buitengewone hoë
temperatuur nie, dit byvoorbeeld in die vuur gooi, want dit kan veroorsaak dat die battery kan
ontplof of brandbare vloeistof of gas kan lek.
Moenie die battery uitmekaarhaal, sny, platdruk, buig, ’n gat daarin steek of dit op enige ander
manier beskadig nie. As ’n battery lek, moenie dat die vloeistof op jou vel of in jou oë kom nie.
As dit gebeur, spoel die aangetaste dele onmiddellik met water, of verkry mediese hulp. Moenie
die battery probeer aanpas, vreemde voorwerpe daarin probeer steek, of dit in water of ander
vloeistowwe dompel of daaraan blootstel nie. Batterye kan dalk ontplof as dit beskadig.
Gebruik die battery en laaier slegs vir hul beoogde doeleindes. Onbehoorlike gebruik, of om
niegoedgekeurde of onversoenbare batterye of laaiers te gebruik, kan moontlik lei tot brand,
ontploffing of ander gevaar, en kan dalk enige goedkeuring of waarborg ongeldig maak. As jy
vermoed die battery of laaier is beskadig, neem dit na ’n dienssentrum of jou foon se handelaar
voordat jy dit verder gebruik. Moet nooit ’n beskadigde battery of laaier gebruik nie. Gebruik
die laaier slegs binnenshuis. Moenie jou toestel tydens ’n donderstorm laai nie. Wanneer die
laaier nie ingesluit is in die verkooppak nie, laai u toestel met die gebruik van die datakabel
(ingesluit) en ’n USB-kragadapter (mag apart verkoop word). U kan u toestel laai met kabesl
en kragadapters van derdepartye wat voldoen aan USB 2.0 of later voldoen en toepaslike
landsregulasies, internasionale en streeksveiligheide standaarde. Ander adapters voldoen
miskien nie aan toepaslike veiligheidstandaarde nie en laai met sulke adapters kan ’n risiko van
eiendom verlies of persoonlike besering inhou.
Om ’n laaier of bykomstigheid te ontprop, hou en trek die prop, nie die kabel nie.
Die volgende dinge geld ook indien jou toestel ’n battery het wat kan uithaal:
• Skakel altyd die toestel af en ontprop die laaier voordat jy die battery uithaal.
• ’n Kortsluiting kan dalk voorkom indien ’n metaalagtige voorwerp aan die metaalstroke op
die battery raak. Dit kan dalk die battery of die ander voorwerp beskadig.
KLEIN KINDERS
Jou toestel en bykomstighede is nie speelgoed nie. Dit kan dalk klein dele bevat. Hou dit buite
die bereik van klein kinders.
MEDIESE TOESTELLE
Om radio-oordragtoerusting te gebruik (insluitend draadlose fone) kan steuring veroorsaak
vir onvoldoende afskermde mediese toestelle se werking. Raadpleeg ’n dokter of die mediese
toestel se vervaardiger om te bepaal of dit voldoende afgeskerm is teen eksterne radioenergie.
GEÏMPLANTEERDE MEDIESE TOESTELLE
Om moontlike obstruksie te vermy, stel vervaardigers van ingeplante mediese toestelle (soos
pasaangeër, insulienpompe en neurostimulators), dat daar ń minimum van 15.3 sentimetres
(6 duim) tussen die draadlose toestel en die mediese toestel moet wees. Mense met sulke
toestelle behoort:
• Die koordlose toestel meer as 15.3
sentimeters (6 duim) weg van die mediese
toestel af hou.
• Nie die koordlose toestel in ’n borskassak
dra nie.
• Hou die draadlose toestel teen die oor aan
Vir enige vrae daaroor om jou draadlose toestel saam met ’n ingeplante mediese toestel te
gebruik, raadpleeg jou gesondheidsorgverskaffer.
die ander kant as die mediese toestel.
• Skakel die draadlose toestel af indien jy
vermoed dat steuring plaasvind.
• Volg die vervaardiger se aanwysings vir die
ingeplante mediese toestel.
GEHOOR
Waarskuwing: Wanneer jy oorfone gebruik, sal jy dalk eksterne klanke minder goed kan hoor.
Moenie oorfone gebruik as dit jou veiligheid in gevaar kan stel nie.
Sekere draadlose toestelle kan dalk steuring vir sekere gehoorapparate veroorsaak.
Jou toestel kan deur virusse en ander skadelike inhoud beskadig word. Neem die volgende
voorsorgmaatreëls:
• Wees versigtig as jy boodskappe oopmaak.
Dit kan dalk skadelike sagteware bevat
of andersins skadelik vir jou toestel of
rekenaar wees.
• Wees versigtig wanneer jy
verbindingsversoeke aanvaar, op die
internet blaai of inhoud aflaai. Moenie
Bluetooth-verbindings aanvaar van bronne
wat jy nie vertrou nie.
• Installeer en gebruik slegs dienste en
sagteware van bronne wat jy vertrou en
wat voldoende sekuriteit en beskerming
bied.
• Installeer antivirus- en ander
sekuriteitsagteware op jou toestel en alle
gekoppelde rekenaars. Gebruik net een
antivirusprogram op ’n slag. As jy meer as
een gebruik, kan dit die werking van die
toestel en/of rekenaar affekteer.
• As jy vooraf geïnstalleerde boekmerke en
skakels na derdeparty-webwerwe besoek,
neem die nodige voorsorgmaatreëls. HMD
Global onderskryf nie sulke werwe nie en
aanvaar geen aanspreeklikheid daarvoor
nie.
VOERTUIE
Radioseine kan onbehoorlik geïnstalleerde of onvoldoende afgeskermde elektroniese stelsels
in voertuie affekteer. Kontak jou voertuig of sy toerusting se vervaardiger vir meer inligting.
Slegs gemagtigde personeel behoort hierdie toestel in ’n voertuig te installeer. As dit verkeerd
geïnstalleer word, kan dit gevaarlik wees en jou waarborg ongeldig maak. Kontroleer gereeld
dat alle draadlose toerusting in jou voertuig behoorlik geïnstalleer is en goed werk. Moenie
vlambare of plofbare materiale in dieselfde kompartement as die toestel, sy onderdele of
bykomstighede berg of dra nie. Moenie jou toestel of bykomstighede op die plek waar die
lugsak is, sit nie.
PLEKKE MET POTENSIAAL VIR ONTPLOFFING
Skakel jou toestel af op plekke met potensiaal vir ontploffing, bv. naby petrolpompe. Vonke
kan dalk ’n ontploffing of brand veroorsaak, wat kan lei tot beserings of die dood. Kyk uit
vir inperkings op plekke met brandstof, chemiese aanlegte, of waar plofstof gebruik word.
Plekke waar daar ’n potensiaal is vir ontploffings, is nie altyd duidelik gemerk nie. Dit is
gewoonlik plekke waar jy aangeraai word om jou enjin af te skakel, onder die dek op bote,
chemieseoordrag- of -berging-fasiliteite, en waar die lug chemikalieë of deeltjies bevat. Vind
by vervaardigers van voertuie wat vloeibare petroleumgas gebruik (bv. propaan of butaan) uit
of hierdie toestel veilig daarmee saam gebruik kan word.
NAT OF STOWWERIGE TOESTANDE
Hierdie toestel het ’n gradering van IP67 ontvang vir stof- en waterbestandheid, gebaseer
op toetse wat in bystandmodus onder beheerde laboratoriumtoestande uitgevoer is. Die
bestandheid is nie ’n permanente toestand nie, en kan verminder as gevolg van normale
verwering.
Waterbestandheid beteken bestandheid teen koue, skoon, vars water alleenlik. Moet nie die
toestel aan enige ander vloeistof (soos seewater, seepwater, swembadwater, wasmiddel, sure
of oplosmiddels, parfuum, gomverwyderaar, haarkleursel, rome, sonskerm of olie) blootstel
nie. - Moenie die toestel onder water dompel nie. As die toestel aan water blootgestel is, vee
dit met ’n droë lap af. As dit aan enige ander vloeistof blootgestel is, spat onmiddellik ’n bietjie
skoon vars water op die toestel. Vee die toestel versigtig droog. Moet nie die toestel laai of
enige iets daaraan verbind as die verbindings stowwerig, nat of klam is nie.
Belangrik: Vloeistofskade word nie deur die waarborg gedek nie. Om vloeistofskade
te voorkom, vermy dit om met die toestel te swem of te bad, dit aan hoëspoed-water
(soos wanneer jy stort, branderry of waterponiery) bloot te stel, die toestel in ’n sauna of
stoomkamer te gebruik, die toestel doelbewus onder die water te dompel, of die toestel buite
die voorgestelde temperature of in hoëhumiditeit-toestande te gebruik.
Belangrik: Toebehore vir gebruik met hierdie toestel, is nie so waterbestand soos die toestel
self nie. Byvoorbeeld, laaiers moet net in droë toestande gebruik word, nooit wanneer dit klam
of nat is nie.
SERTIFISERINGSINLIGTING (SAR)
Hierdie mobiele toestel voldoen aan riglyne vir blootstelling aan radiogolwe.
Jou mobiele toestel is ’n radiosender en -ontvanger. Dit is só ontwerp dat dit nie die limiete vir
blootstelling aan radiogolwe (radiofrekwensie elektromagnetiese velde) sal oorskry wat deur
internasionale riglyne van die onafhanklike wetenskaplike organisasie ICNIRP aanbeveel word
nie. Hierdie riglyne bevat aansienlike veiligheidsmarges wat probeer verseker dat alle mense
beskerm word ongeag hul ouderdom en gesondheid. Die blootstellingsriglyne is gegrond op die
spesifieke absorpsiekoers (”SAR” in Engels). Dit is ’n uitdrukking van hoeveel radiofrekwensie(RF) krag na die kop of liggaam oorgedra word wanneer die toestel seine oordra. ICNIRP se SARlimiet vir mobiele toestelle is 2,0 W/kg gemiddeld oor 10 gram weefsel.
SAR-toetse word uitgevoer terwyl die toestel in posisies gehou word waarin dit gewoonlik
gebruik sal word, terwyl dit seine in al die frekwensiebande teen die hoogste gesertifiseerde
kragvlak oordra.
Verwys asseblief na www.nokia.com/phones/sar vir die toestel se maksimum SAR-waarde.
Hierdie toestel voldoen aan RF-blootstellingsriglyne wanneer dit teen die kop gehou word
of wanneer dit minstens 1,5 cm (5/8 duim) van die liggaam af geposisioneer word. As jy die
toestel in ’n tassie, gordelknip of ander soort houer wat aan jou lyf gedra word, sit, moet dit
nie metaal bevat nie en moet dit ten minste die bogenoemde afstand van die liggaam af gehou
word.
Om data of boodskappe te stuur, word ’n goeie netwerkverbinding vereis. Dinge kan dalk nie
dadelik gestuur word totdat sodanige verbinding beskikbaar is nie. Volg die skeidingsafstandaanwysings totdat die toestel klaar gestuur het.
Tydens algemene gebruik is die SAR-waardes gewoonlik ver onder die waardes wat
hier bo genoem word. Dit is omdat die gebruikskrag van jou selfoon ter wille van
stelseldoeltreffendheid en om steuring op die netwerk te minimaliseer, outomaties verminder
word wanneer volle krag nie vir die oproep nodig is nie. Hoe laer die kraguitset, hoe laer is die
SAR-waarde.
Toestelmodelle kan dalk verskillende weergawes hê en kan dalk meer as een waarde hê.
Komponent- en ontwerpveranderinge kan dalk mettertyd voorkom, en sekere veranderings kan
dalk die SAR-waardes affekteer.
Vir meer inligting, gaan na www.sar-tick.com. Let op dat mobiele toestelle dalk data kan oordra
selfs al maak jy nie ’n stemoproep nie.
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) dui huidige wetenskaplike kennis nie daarop
dat spesiale voorsorgmaatreëls tydens die gebruik van mobiele toestelle geneem hoef word
nie. Indien jy graag jou blootstelling wil verminder, beveel hulle aan dat jy jou gebruik beperk,
of ’n handevry-stel gebruik om die toestel ver van jou lyf en kop te hou. Vir meer inligting oor,
en verduidelikings van en besprekings oor RF-blootstelling, besoek die WGO se webwerf by
Wanneer jy hierdie toestel gebruik, gehoorsaam alle wette en plaaslike gebruike, privaatheiden wettige regte van ander mense, insluitend kopiereg. Kopieregbeskerming kan dalk verhoed
dat jy foto’s, musiek en ander inhoud kopieer, wysig of oordra.
KOPIEREG EN KENNISGEWINGS
Kopiereg en ander kennisgewings
Die beskikbaarheid van produkte, funksies, programme en dienste kan wissel volgens
streek. Vir meer inligting, kontak jou handelaar of jou diensverskaffer. Hierdie toestel kan
kommoditeite, tegnologie of sagteware bevat wat onderworpe is aan uitvoerwette en regulasies van die VSA en ander lande. Afwyking wat strydig is met die wet is verbode.
Die inhoud van hierdie dokument word ”soos dit is” voorsien. Geen waarborge van enige
aard, hetsy uitdruklik of geïmpliseer, waaronder onder andere die geïmpliseerde waarborge
van verkoopbaarheid en doelmatigheid vir ’n spesifieke doel, word oor die akkuraatheid,
betroubaarheid of inhoud van hierdie dokument gelewer nie, behalwe soos deur toepaslike
wetgewing vereis. HMD Global behou hom die reg voor om hierdie dokument te hersien of dit
te enige tyd sonder vooraf kennisgewing in te trek.
HMD Global of enige van sy lisensienemers sal, tot die maksimum mate wat toepaslike
wetgewing toelaat, onder geen omstandighede aanspreeklik wees vir enige verlies van data
of inkomste of enige spesiale, toevallige, gevolglike of indirekte skade nie, ongeag hoe dit
veroorsaak is nie.
Reproduksie, oordrag of verspreiding van ’n deel van of die hele inhoud van hierdie dokument
in enige vorm sonder vooraf skriftelike toestemming van HMD Global is verbode. HMD
Global het ’n beleid van deurlopende ontwikkeling. HMD Global behou hom die reg voor om
veranderinge en verbeteringe aan enige van die produkte wat in hierdie dokument beskryf
word, aan te bring, sonder vooraf kennisgewing.
HMD Global maak geen voorstellings, bied geen waarborg of aanvaar geen verantwoordelikheid
vir die funksionaliteit, inhoud of eindgebruikersteundiens van derdeparty-programme wat
saam met jou toestel voorsien word nie. As jy enige program gebruik, erken jy dat jy die
program ”soos dit is” voorsien word.
Om kaarte, speletjies, musiek en video’s af te laai, en om prente en video’s op te laai, kan dalk
groot hoeveelhede data verbruik. Jy sal dalk vir jou diensverskaffer vir dataoordrag moet
betaal. Die beskikbaarheid van spesifieke produkte, dienste en kenmerke kan dalk volgens
streek wissel. Kontroleer by jou plaaslike handelaar vir meer inligting en om uit te vind of
sekere tale beskikbaar is.
Sekere funksies, werking en produkspesifikasies kan dalk afhang van die netwerk en
onderhewig wees aan bykomende bepalings, voorwaardes en heffings.
Alle spesifikasies, funksies en ander produkinligting wat verskaf is, is onderhewig aan
verandering sonder kennisgewing.
HMD Global se privaatheidsbeleid wat by http://www.nokia.com/phones/privacy beskikbaar is,
is op jou gebruik van die toestel van toepassing.
HMD Global Oy is die eksklusiewe lisensiehouer van die Nokia-handelsmerk vir fone en tablette.
Nokia is ’n geregistreerde handelsmerk van Nokia Corporation.
ZEISS en die ZEISS-logo is geregistreerde handelsmerke van Carl Zeiss AG, wat onder lisensie
van Carl Zeiss Vision GmbH gebruik word.
Google, Android, Google Play en ander name is handelsmerke van Google LLC.
Die ”Qi”-simbool is ’n handelsmerk van Wireless Power Consortium.
Die Bluetooth-woordmerk en -logo’s word deur Bluetooth SIG, Inc. besit, en enige gebruik van
sulke merke deur HMD Global, is gelisensieer.
Qualcomm en Snapdragon is handelsmerke van Qualcomm Incorporated, wat in die VSA
en ander lande geregistreer is. aptX is ‘n handelsmerk van Qualcomm Technologies
Internasionaal, Bpk., wat in die VSA en ander lande geregistreer is.