Meer oor klanke en stemme ............................................................................................................ 52
Meer oor rekenaarstemme .............................................................................................................. 52
Kies 'n stem ....................................................................................................................................... 52
Verander die volumevlak ................................................................................................................. 52
Taal .................................................................................................................................................... 57
Maak jou eie kieslys.......................................................................................................................... 58
Begin ................................................................................................................................................. 61
Opstel van MyDrive ........................................................................................................................ 110
Bylaag 112
Kopieregkennisgewings: 116
7
Hierdie naslaangids verduidelik alles wat jy van jou nuwe TomTom-navigasietoestel moet weet.
Welkom by navigasie met TomTom
As jy vinnig van al die noodsaaklike dinge wil lees, beveel ons aan dat jy die hoofstuk Lees my
eers raadpleeg. Dit dek hoe om te installeer, aan te skakel, op te stel en via MyDrive op te dateer.
Waarskynlik sou jy tóg ook roetebeplanning wou bekyk, en jy kan alles hieroor in die hoofstuk
Beplan 'n roete te wete kom.
Vir inligting oor wat jy op die toestel self sien, gaan na:
Die Ritaansig
Bekyk kaart
Verkeer
Spoedkameras
Wenk: Daar is ook neulvrae (FAQs) by tomtom.com/support. Kies jou produk se model uit die
lys of tik 'n term in en doen 'n soektog.
Ons hoop jy geniet dit om van jou nuwe navigasietoestel te lees en, bowenal, om dit te gebruik!
8
Wat is in die boks?
Wat is in die boks?
TomTom-navigasietoestel met verwyderbare of geïntegreerde hegstuk
USB-kabel
of
USB-motorlaaier
Instrumentpaneeldokskywe Dokskywe word by sommige produkte ingesluit en is as bykom-
stighede vir ander beskikbaar. Vir meer inligting, gaan na tomtom.com/accessories.
Installasieplakkaat
9
Posisionering van die toestel
Lees my eers
Dink mooi na oor waar jy jou TomTom-navigasietoestel in jou motor wil installeer. Die navigasietoestel moenie enige van die volgende blokkeer of belemmer nie:
Jou uitsig op die pad
Enige van die kontroles in jou motor
Enige van die spieëls
Enige lugsakke
Wanneer jou navigasietoestel geïnstalleer is, moet dit maklik bereikbaar wees sonder dat jy hoef
oor te leun of te rek. Jy kan die toestel aan die voorruit heg of jy kan die instrumentpaneel-dokskyf
gebruik om die hegstuk aan jou instrumentpaneel te heg. Instrumentpaneel-dokskywe kom saam
met sommige produkte en is as bykomstighede beskikbaar. Die volgende diagramme toon waar jy
die hegstuk veilig kan heg.
TomTom bied ook alternatiewe monteeroplossings vir jou TomTom-navigasietoestel. Vir meer
inligting oor instrumentpaneel-dokskywe en alternatiewe monteeroplossings, gaan na
tomtom.com/accessories.
Installeer in jou motor
Gebruik die hegstuk wat saam met jou toestel verskaf word om jou TomTom-toestel binne-in jou
motor te installeer. Jy kan jou toestel aan die voorruit heg of 'n instrumentpaneel-plakskyf gebruik
om jou toestel aan die instrumentpaneel te heg. Sien die gedrukte installasie-instruksies wat by
jou produk ingesluit is vir meer inligting. Lees die instruksies oor die posisionering van jou
toestel voordat jy jou toestel installeer.
Om jou toestel te installeer, doen die volgende:
1. Kies die beste plek om jou TomTom-toestel te monteer. Hierdie plek moet so egalig as moont-
lik wees.
2. As jy van die instrumentpaneel-hegskyf gebruik gaan maak, sorg dat die instrumentpaneel
skoon is en installeer dan die skyf.
3. Maak seker dat beide die monteerstuk se suigdop en die voorruit van jou motor skoon en
droog is.
4. Druk die suigdop van die monteerstuk stewig teen die voorruit of skyf vas.
10
5. Draai die rubber greep naby die basis van die hegstuk in 'n kloksgewyse rigting totdat jy voel
dit sluit.
6. As die hegstuk nie 'n integrale deel van jou toestel uitmaak nie, plaas die toestel in die hegstuk
en maak seker dat dit stewig klik.
7. Prop die USB-motorlaaier by die kragtoevoer op jou instrumentpaneel in.
8. Koppel die USB-kabel aan die motorlaaier en jou toestel.
Jou navigasietoestel is nou geïnstalleer. Die volgende stap is om dit aan te skakel en 'n paar vrae
te beantwoord.
Skakel aan en af
Om jou navigasietoestel aan te skakel, druk en hou die Aan/Af-knoppie in totdat jy die beginskerm
sien. Die eerste keer wanneer jy jou toestel aanskakel, moet jy die knoppie vir tot soveel as 15
sekondes ingedruk hou.
Opstelling
Belangrik: Maak seker dat jy die regte taal kies want die een wat jy kies, sal vir alle teks op die
skerm gebruik word.
Wanneer jy jou toestel die eerste keer aanskakel, moet jy 'n paar vrae beantwoord om die toestel
op te stel. Beantwoord die vrae deur op die skerm te tik.
GPS-ontvangs
Wanneer jy jou TomTom die eerste keer begin, mag die toestel dalk 'n paar minute nodig hê om
jou GPS-posisie te bepaal en jou huidige ligging op die kaart te wys. In die toekoms sal jou posisie
baie vinniger gevind word, gewoonlik binne 'n paar sekondes.
Om goeie GPS-ontvangs te verseker, behoort jy jou toestel in die buitelug te gebruik en jou toestel
regop te hou. Groot voorwerpe soos hoë geboue kan soms met die ontvangs inmeng.
GPS-ontvangs kan ook beïnvloed word wanneer die toestel plat op 'n oppervlak geplaas of plat in
jou hand gehou word.
Mikro-SD-kaartgleuf
Onderaan of aan die kant van sommige TomTom-navigasietoestelle is daar 'n gleuf vir 'n SD-kaart.
Voordat jy van die geheuekaartgleuf gebruik maak, maak seker dat die jongste app. op jou navigasietoestel geïnstalleer is deur met MyDrive te verbind. Wanneer jou toestel bygewerk is, kan jy
'n geheuekaart as ekstra bergingsruimte gebruik om bykomende kaarte tot jou toestel by te voeg.
Kaarte kan gekoop word by tomtom.com.
Meer oor MyDrive
MyDrive is 'n webgebaseerde nutsding wat jou help om jou TomTom-navigasietoestel se inhoud
en dienste te bestuur. Jy gebruik MyDrive om kaartbywerkings en 'n hele spul ander goed te kry.
Jy meld via die TomTom-webwerf by MyDrive aan. Dit is 'n goeie idee om jou navigasietoestel
gereeld aan MyDrive te koppel om seker te maak dat jy altyd die jongste bywerkings het.
11
Wenk: Ons beveel gebruik van 'n breëband-internetverbinding aan wanneer jy ook al jou navigasietoestel met MyDrive verbind.
Opstel van MyDrive
Om gerat te wees om MyDrive die eerste keer te gebruik, doen die volgende:
1. Maak 'n webblaaier op jou rekenaar oop en gaan na tomtom.com/getstarted.
2. Klik Begin.
3. Klik op Laai MyDrive Connect af.
Volg die instruksies op die skerm.
4. Wanneer jy gepor word, koppel jou toestel aan jou rekenaar via die USB-kabel wat saam met
jou toestel voorsien word, en skakel dan jou toestel aan.
Let wel: Gebruik slegs die USB-kabel wat saam met jou toestel voorsien word. Ander
USB-kabels sal dalk nie werk nie.
Belangrik: Jy behoort die USB-kabel direk by die USB-poort op jou rekenaar in te prop en nie
by 'n USB-naaf of USB-poort op 'n sleutelbord of skerm nie.
5. Tik die verlangde inligting in om 'n rekening te skep, met inbegrip van jou land.
Sodra opstelling afgehandel is, word 'n MyTomTom-rekening geskep en jou navigasietoestel
word met jou rekening verbind.
Hierna kan jy toegang tot MyDrive Connect verkry via die kennisgewingsareas op jou rekenaar.
MyDrive begin outomaties sodra die rekening geskep is.
Let wel: Wanneer jy volgende keer toegang tot MyDrive wil verkry, gaan via 'n webblaaier na
tomtom.com/mydrive
Wenk: Sodra jy jou navigasietoestel aan jou rekenaar koppel, sal MyDrive Connect jou verwittig as daar enige bywerkings vir jou toestel is.
Veiligheid-instellings
Ons beveel gebruik van die veiligheidinstellings aan om te verseker dat jy so veilig as moontlik
bestuur.
12
'n Paar opsies word onder die veiligheidinstellings ingesluit:
Wys noodsaaklike kieslysknoppies terwyl jy bestuur
Wys veiligheidswaarskuwings
Waarsku wanneer vinniger ry as toegelaat
As jou toestel met stembeheer werk, kan jy ook veiliger bestuur deur stembeheer te gebruik om
jou navigasietoestel te beheer.
Toestel begin nie
In seldsame gevalle sal jou TomTom navigasietoestel dalk nie korrek begin nie of ophou om op
jou tikke te reageer.
Kontroleer eers dat die battery gelaai is. Om die battery te herlaai, koppel jou toestel aan die
motorlaaier. Dit kan tot 2 uur duur om die battery volledig te herlaai.
As dit nie die probleem oplos nie, kan jy die toestel teruglaai. Om dit te doen, druk en hou die
aan/af-knoppie in totdat jy die getroffel hoor en jou toestel herbegin. Dit kan 30 sekondes of langer
duur.
Laai jou toestel
Die battery in jou TomTom navigasietoestel laai wanneer jy dit aan 'n motorlaaier of jou rekenaar
koppel.
Belangrik: Jy moet die USB-verbinder direk by die USB-poort op jou rekenaar inprop en nie by 'n
USB-naaf of USB-poort op 'n sleutelbord of skerm nie.
Deel inligting met TomTom
Wanneer jy die eerste keer navigeer of jou toestel teruglaai, vra jou toestel toestemming om
sommige inligting oor jou gebruik van die navigasietoestel te versamel. Die inligting word op die
toestel gestoor totdat ons dit terugwin. Ons gebruik dit anoniem om ons produkte en dienste te
verbeter. As jy LIVE-dienste gebruik, sal ons ook jou liggingsinligting gebruik om die dienste aan
jou te lewer.
Jy kan te eniger tyd verander of jy hierdie inligting met ons wil deel deur die volgende te doen:
1. In die Hoofkieslys, tik Instellings.
2. Tik Ek en my toestel.
3. Tik My inligting.
4. Tik Nee om deling te staak of tik Ja om deling te aktiveer.
Let wel: As jy kies om nie hierdie inligting te deel nie, sal jy nie meer LIVE-dienste ontvang nie.
Dis omdat LIVE-dienste die ligging van jou toestel aan TomTom moet stuur ten einde die verkeersinligting te ontvang wat verband hou met waar jy jouself tans bevind. Die einddatum van
jou inskrywing bly dieselfde, selfs al deel jy nie hierdie inligting met ons nie.
Vir meer inligting, sien ons privaatheidsbeleid by tomtom.com/privacy.
13
Veiligheidskennisgewing
Sommige navigasietoestelle bevat 'n GSM/GPRS-module wat steurend op elektriese toestelle soos
hart-pasaangeërs, gehoortoestelle en lugvaarttoestelle kan inwerk.
Steurende inwerkings op hierdie toestelle kan jou of ander mense se gesondheid of lewe in gevaar
stel.
As jou toestel 'n GSM/GPRS-module bevat, moenie dit naby onbeskermde elektriese eenhede
gebruik of in areas waar die gebruik van selfone verbied word nie, soos in hospitale of op vliegtuie.
Pas jou navigasietoestel op
Dit is belangrik om jou toestel op te pas:
Moet onder geen omstandighede jou toestel se omhulsel oopmaak nie. Só 'n handeling is nie
net gevaarlik nie, dit kan ook daartoe aanleiding gee dat die waarborg nietig verklaar word.
Gebruik 'n sagte lappie om jou toestel se skerm af te vee of droog te maak. Moenie enige
vloeibare skoonmaakmiddels gebruik nie.
Kry hulp met die gebruik van jou navigasietoestel
Jy kan verdere hulp verkry deur na tomtom.com/support te gaan.
Vir waarborginligting, gaan na tomtom.com/legal.
14
Beplan 'n roete
Beplan 'n roete
Belangrik: In die belang van veiligheid, en om nie jou aandag af te trek terwyl jy bestuur nie, moet
jy altyd 'n roete beplan vóór jy begin ry.
Belangrik: Indien jy van 'n TomTom-produk vir kampeerwaens of karavane gebruik maak, moet jy
jou toestel vir jou voertuig instel voordat 'n roete beplan word.
Om 'n roete op jou TomTom-toestel te beplan, doen die volgende:
1. Tik die skerm om die hoofkieslys oop te maak.
2. Tik Navigeer na of Ry na.
3. Tik Adres.
Jy kan die land of staat verander deur op die vlaggie te tik voor jy 'n stad kies.
4. Tik die dorp of stad se naam of die poskode in.
Wenk: As jou toestel met stembeheer werk, kan jy in stede daarvan om die adres in te tik, op
die mikrofoonknoppie tik om die adres in te voer deur met jou TomTom-toestel te praat.
Dorpe met soortgelyke name word in die lys vertoon terwyl jy tik.
15
Wanneer die korrekte stad of dorp in die lys verskyn, tik op die naam om die bestemming te
kies.
5. Tik die straatnaam in.
Strate met soortgelyke name word in die lys vertoon terwyl jy tik.
Wanneer die korrekte straatnaam in die lys verskyn, tik op die naam om die bestemming te
kies.
6. Tik die huisnommer in en tik dan Klaar.
7. Die ligging word op die kaart vertoon. Tik Kies om voort te gaan of tik Terug om 'n ander adres
in te voer.
Belangrik: Indien jy 'n roete vir 'n kampeerwa of karavaan beplan en geen spesifieke roete
gevind kan word nie, word jy gevra of jy in stede daarvan 'n motorroete wil gebruik. Indien jy
'n motorroete gebruik, slaan veral ag op enige roetebeperkings onderwyl jy bestuur.
16
Wenk: As jy wil hê jou finale bestemming moet 'n parkeerterrein wees, tik Parkeerterrein en
kies 'n ligging uit die lys van parkeerterreine wat die naaste aan jou algemene bestemming is.
8. Wanneer die nuwe roete gewys word, tik Klaar.
Vir meer inligting oor die roete, tik Details.
Om jou roete te verander, byvoorbeeld om via 'n spesifieke ligging te reis, of om 'n nuwe
bestemming te kies, tik Verander roete.
Jou toestel begin dan om jou via gesproke instruksies en aanwysings op die skerm na jou
bestemming te begelei.
Roete-opsomming
Die roete-opsomming wys 'n oorsig van jou roete, die oorblywende afstand na jou bestemming en
die oorblywende beraamde reistyd.
Om die roete-opsomming te bekyk, tik op die regterhandse paneel op die statusbalk in die ritaansig of tik Bekyk roete in die hoofkieslys en tik dan Wys roete-opsomming.
As jy TomTom Traffic of 'n RDS-TMC-ontvanger het, sal die roete-opsomming ook verkeerinligting
oor vertragings op jou roete wys.
17
Let wel: Om TomTom se verkeersinligtingsdienste te gebruik, mag jy dalk 'n intekening of 'n
ontvanger nodig hê. Verkeersdienste werk nie in alle lande of streke nie. Vir meer inligting
besoek tomtom.com/services.
LIVE-opsomming
LIVE-opsomming wys inligting oor LIVE-dienste op jou roete.
Om die inligting in die LIVE-opsomming te bekyk, tik die LIVE-oortjie op die
roete-opsommingskerm. Tik enigeen van die panele vir meer gedetailleerde inligting.
Die LIVE-oortjiepanele wys die volgende inligting:
Verkeer op roete - tik hierdie paneel om gedetailleerde inligting oor verkeersvertragings en
ander insidente op jou roete te sien.
Spoedkameras of gevaarsones - tik hierdie paneel om die spoedkamera- of gevaarsonekieslys
oop te maak. Jy kan dan 'n spoedkamera of gevaarsone rapporteer of jou instellings vir
waarskuwings verander.
Weer - tik hierdie paneel om die jongste weerberigte te bekyk.
Let wel: LIVE-dienste is nie in alle lande of streke beskikbaar nie, en nie alle LIVE-dienste is in
alle lande of streke beskikbaar nie. Jy mag dalk nie in staat wees om LIVE-dienste te gebruik
wanneer jy in die buiteland reis nie. Vir meer inligting oor beskikbare dienste, gaan na
tomtom.com/services.
18
Alternatiewe roetes
Let wel: Hierdie funksie is nie op alle TomTom-navigasietoestelle beskikbaar nie.
JouTomTom-toestel help jou om jou bestemming so vinnig as moontlik te bereik deur aan jou 'n
vinniger roete te wys wanneer een beskikbaar is.
Om die alternatiewe roete te neem, tik die ballon boaan die skerm. As jy nie die alternatiewe roete
wil volg nie, hou aan ry om instruksies vir jou oorspronklike roete te ontvang.
Wenk: Die alternatiewe roete verdwyn as dit nie meer vinniger as jou oorspronklike roete is nie
of as jy versuim het om dit betyds te kies.
Om die manier waarop jy oor alternatiewe roetes gevra word, te verander, tik Instellings en dan
Roetebeplanning. Tik Volgende totdat jy by Herbeplanninginstellings uitkom.
Kies 'n roetetipe
Elke keer wanneer jy 'n roete beplan, kan jy kies om gevra te word oor die tipe roete wat jy wil
beplan.
Om dit te doen, tik Instellings gevolg deur Roetebeplanning, dan Tipe roete. Tik Vra my elke keer as ek beplan.
19
As jy van 'n TomTom-produk vir kampeerwaens of karavane gebruik maak, moet jy jou voertuigtipe op Motor instel sodat jy die tipe roete kan kies. Tik Instellings gevolg deur Voertuie en
roetes, dan Voertuig- en roetetipes. Kies Motor as jou tipe voertuig; tik dan Vra my elke keer as
ek beplan.
Let wel: Slegs wanneer jy 'n motor as jou voertuig kies, sal jy oor die tipe roete gevra word.
Die tipe roetes waaruit jy kan kies, is as volg:
Vinnigste roete - die roete wat die minste tyd neem.
Ekoroete - die brandstof doeltreffendste roete vir jou reis.
Kortste roete - die kortste afstand tussen die liggings wat jy instel. Dit is dalk nie die vin-
nigste roete nie, veral as die kortste roete deur 'n dorp of stad loop.
Staproete - 'n roete wat ontwerp is om die reis te voet af te lê.
Fietsroete - 'n roete wat ontwerp is om die reis per fiets af te lê.
Begrensde spoed - 'n roete gebaseer op 'n maksimumspoed. Wanneer jy hierdie tipe roete
kies, voer jy 'n maksimumspoed in. Die roete en die beraamde tyd van aankoms word dan
beplan gegrond op die spoed wat ingevoer is.
Tik Volgende. As jy Vinnigste roete gekies het, sal jy gevra word om te kies of jy altyd snelweë wil
vermy.
Gereelde bestemmings
As jy dikwels ritte na dieselfde bestemmings onderneem, kan jy jou TomTom-toestel instel om jou
te vra of jy 'n roete na een van hierdie liggings wil beplan elke keer wanneer die toestel aanskakel.
Hierdie opsie is vinniger as om 'n roete op die normale manier te beplan.
20
Statusbalk
Tik Statusbalk in die instellingskieslys om tydkennisgewings te aktiveer
of te deaktiveer.
Om aankomstydkennisgewings te aktiveer, kies Speling.
Jy gaan 55 minute vroeër arriveer as die aankomstyd wat jy ingevoer het.
As die beraamde aankomstyd meer as vyf minute voor die tyd is wat jy
ingetik het, word dit in groen vertoon.
Jy gaan 3 minute vroeër arriveer as die aankomstyd wat jy ingevoer her.
As die beraamde aankomstyd minder as vyf minute voor die tyd is wat jy
ingetik het, word dit in geel vertoon.
Wys my gereelde bestemmings
Jy kan jou TomTom-toestel instel sodat dit elke keer wanneer dit aangeskakel word, vra of jy 'n
roete wil beplan na een van die bestemmings wat jy gereeld besoek.
Om hierdie instelling te verander, doen die volgende:
1. Tik Begin in die instellingskieslys en kies dan Vra vir 'n bestemming.
2. Tik Ja; tik dan weer Ja sodat jy kan begin om inligting oor die bestemming in te voer.
3. Kies 'n simbool vir die bestemming en tik Klaarom die simbool in te stel; tik dan Ja.
Wenk: Om nuwe bestemmings by te voeg, kies een van die genommerde simbole en tik 'n
naam vir die nuwe bestemmingsknoppie in.
4. Tik Ja en, indien nodig, voer 'n nuwe naam in; tik dan Klaar.
5. Tik die adresbesonderhede in op dieselfde manier as wat jy 'n adres sou invoer wanneer jy 'n
roete beplan; tik dan Klaar.
6. Indien jy meer bestemmings wil instel, herhaal die stappe hierbo. Indien nie, tik Klaar.
7. Jy word gevra of jy die beginprent wil verander.
8. As jy die beeld wil verander, tik Ja en volg die instruksies wat op die skerm vertoon word.
Indien nie, tik Nee.
Elke keer wanneer jou toestel begin, word jy gevra of jy 'n roete wil beplan. As jy Kanselleer tik,
maak die ritaansig oop.
Gebruik aankomstye
Wanneer jy 'n roete beplan, kan jy jou TomTom-toestel stel om jou te vra of jy teen 'n spesifieke
tyd moet arriveer.
Nadat 'n roete beplan is, tik JA om jou voorkeuraankomstyd in te voer.
Jou toestel bereken jou aankomstyd en wys jou of jy betyds gaan arriveer.
Jy kan ook hierdie inligting gebruik om te bepaal wanneer jy moet vertrek. As jou toestel wys dat
jy 30 minute vroeg gaan arriveer, kan jy wag en eers oor 30 minute vertrek, eerder as om vroeg te
arriveer.
Jou aankomstyd word voortdurend tydens jou reis herbereken. Die statusbalk wys of jy betyds
gaan arriveer en of jy laat gaan wees, soos hieronder vertoon:
21
Jy gaan 19 minute laat arriveer.
As die beraamde aankomstyd later is as die tyd is wat jy ingetik het, word
dit in rooi vertoon.
Huis
Tik hierdie knoppie om na jou huisligging te navigeer.
Jy sal hierdie knoppie waarskynlik meer as enige ander een gebruik.
Gunsteling
Tik hierdie knoppie om 'n gunsteling as jou bestemming te kies.
Adres
Tik hierdie knoppie om 'n adres as jou bestemming in te voer.
Onlangse bestem-
ming
Tik hierdie knoppie om jou bestemming te kies uit 'n lys plekke wat jy
onlangs as bestemmings gebruik het.
Plek van belang
Tik hierdie knoppie om na 'n plek van belang (PVB) te navigeer.
Gesproke adres
Op sommige toestelle kan jy 'n adres invoer deur spraak te gebruik. Sien
Stembeheer.
Punt op kaart
Tik hierdie knoppie om via die kaartblaaier 'n punt op die kaart as jou
bestemming te kies.
Navigasiekieslysopsies
Wanneer jy Navigeer na of Ry na tik, kan jy jou bestemming op baie maniere instel, nie net deur
die adres in te tik nie. Die ander opsies word hier onder gelys:
22
Breedtegraad
Lengtegraad
Tik hierdie knoppie om 'n bestemming in te tik deur breedte- en
lengtegraadwaardes te gebruik.
Posisie van laaste
stilhouplek
Tik hierdie knoppie om jou laaste aangetekende posisie as jou bestemming te kies.
Plaaslike soektog
Tik hierdie knoppie om plaaslike soektog met TomTom Places te gebruik
om jou te help om winkels en sake-ondernemings by en in die omstreke
van jou huidige ligging te vind.
Jy kan kies om winkels en sake-ondernemings naby jou, naby jou
bestemming, naby enige ander bestemming of in 'n stad te soek.
As jy, byvoorbeeld, 'n swembad naby jou huidige ligging wil vind, tik
'swembad' in en kies die beste soekresultaat.
Beplan 'n roete vooruit
Jy kan jou TomTom-toestel gebruik om 'n roete vooruit te beplan deur jou beginpunt en jou
bestemming te kies.
Hier is nog 'n paar redes waarom 'n roete vooruit beplan moet word:
Om uit te vind hoe lank 'n reis gaan duur voordat jy wegspring.
Jy kan ook reistye vir dieselfde roete op verskillende tye van die dag of op verskillende dae
van die week vergelyk. Jou toestel gebruik IQ Routes wanneer 'n roete beplan word. IQ Routes
bereken roetes gebaseer op die werklike gemiddelde spoed wat op paaie gemeet is.
Bestudeer die roete van 'n reis wat jy tans beplan.
Gaan die roete na van iemand wat jou kom besoek en verduidelik dan die roete in detail aan
daardie persoon.
Om 'n roete vooruit te beplan, volg hierdie stappe:
1. Tik die skerm om die hoofkieslys oop te maak.
2. Klik die pylknoppie om na die volgende kieslysskerm te gaan, en klik Beplan roete.
Hierdie knoppie wys wanneer daar geen beplande roete op jou TomTom-toestel is nie.
3. Kies die beginpunt vir jou reis op dieselfde manier as wat jy jou bestemming sou kies.
4. Stel die bestemming van jou reis.
5. As roetebeplanninginstellings ingestel is op Vra my elke keer as ek beplan, kies die tipe roete
wat jy wil beplan:
Vinnigste roete - die roete wat die minste tyd neem.
Ekoroete - die brandstof doeltreffendste roete vir jou reis.
23
Kortste roete - die kortste afstand tussen die liggings wat jy instel. Dit is dalk nie die vin-
Wys instruksies
Tik hierdie knoppie vir 'n lys van al die draai-instruksies op die roete.
Dit is baie handig wanneer jy 'n roete aan iemand anders moet verduidelik.
Wys kaart van
roete
Tik hierdie knoppie om 'n oorsig van die roete via die kaartblaaier te sien.
Wys roete-demo
Tik hierdie knoppie om 'n demo van die reis te sien. Jy kan die demo te
eniger tyd onderbreek deur op die skerm te tik.
Wys
roete-opsomming
Tik hierdie knoppie om die roeteopsommingskerm oop te maak.
Wys bestemming
Tik hierdie knoppie om 'n voorskou van jou bestemming te sien.
Jy kan na 'n parkeerterrein naby jou bestemming navigeer en enige
beskikbare inligting oor jou bestemming, byvoorbeeld die telefoonnommer, bekyk.
nigste roete nie, veral as die kortste roete deur 'n dorp of stad loop.
Vermy snelweë - 'n roete wat snelweë vermy.
Staproete - 'n roete wat ontwerp is om die reis te voet af te lê.
Fietsroete - 'n roete wat ontwerp is om die reis per fiets af te lê.
6. Kies die datum en tyd waarop jy die reis gaan onderneem wat jy tans beplan.
Jou toestel gebruik IQ Routes om die beste moontlike roete op daardie tydstip uit te werk. Dit is
handig om te sien hoe lank 'n reis op verskillende tye van die dag of op verskillende dae van die
week gaan neem.
Jou navigasietoestel beplan dan die roete tussen die twee plekke wat jy gekies het.
Bekyk roete-inligting
Jy kan toegang tot hierdie opsies vir die roete wat jy beplan het, verkry deur Bekyk roete in die
hoofkieslys of die Details-knoppie in die roete-opsommingskerm te tik.
Jy kan dan uit die volgende opsies kies:
24
Wys verkeer op
roete
Tik hierdie knoppie om al die verkeersinsidente op jou roete te sien.
Let wel: Hierdie knoppies word slegs gewys indien jou toestel óf 'n
verkeerintekening óf 'n RDS-TMC-ontvanger het. Verkeersinligting is
nie in alle lande of streke beskikbaar nie. Vir meer inligting oor
TomTom se verkeersinligtingsdienste gaan na tomtom.com/services.
25
Let wel: Stembeheer werk nie op alle toestelle en in alle tale nie.
Stembeheer
Stembeheer werk op verskillende maniere, na gelang van jou tipe toestel.
Navigeer na
As die knoppie Navigeer na in die Hoofkieslys op jou toestel wys, lees hierdie onderwerpe oor
stembeheer:
Stembeheer - navigeer na
Ry na
As die knoppie Ry na in die Hoofkieslys op jou toestel wys, lees hierdie onderwerpe oor stembeheer:
Stembeheer - Ry na
26
Stembeheer - Navigeer na
Meer oor stembeheer
Let wel: Stembeheer werk nie op alle toestelle en in alle tale nie.
In stede daarvan om op die skerm te tik om jou TomTom-toestel te beheer, kan jy jou stem
gebruik om jou toestel te beheer.
Byvoorbeeld, om die volume op jou toestel te verhoog, kan jy sê "Verhoog volume".
Om die lys van beskikbare bevele te bekyk, tik Hulp in die hoofkieslys, tik Produk-handleidings en
tik dan Wat kan ek sê?
Belangrik: Stembeheer vereis 'n rekenaarstem. As daar nie 'n rekenaarstem op jou
TomTom-toestel geïnstalleer en gekies is nie, is hierdie funksie nie beskikbaar nie.
Om 'n rekenaarstem te kies, tik Stemme in die instellingskieslys; tik dan Verander stem en kies 'n
rekenaarstem.
Gebruik stembeheer
Om stembeheer aan te skakel en die knoppie in die ritaansig te wys, tik Stembeheerin die instellingskieslys en kies Aktiveer stembeheer.
Om stembeheer af te skakel en die knoppie uit die ritaansig te verwyder, tik Stembeheerin die
instellingskieslys en kies Deaktiveer stembeheer.
Die volgende voorbeeld wys hoe om stembeheer te gebruik om 'n reis na jou huisadres te beplan:
1. Tik die mikrofoonknoppie in die ritaansig om die mikrofoon aan te skakel.
Jy sien 'n skerm met voorbeelde van bevele wat jy kan sê.
Tik Wat kan ek sê? om 'n volledige lys te sien van die bevele wat jy kan sê. As 'n alternatief, tik
Instellings in die hoofkieslys, tik Stembeheer en tik dan Wat kan ek sê?
2. Wanneer jy die toon hoor, sê 'n bevel van jou keuse. Byvoorbeeld, jy kan sê "Navigeer huis
toe". Jou toestel is slegs gereed om te luister nadat jy die toon gehoor het.
Terwyl jy praat, wys die mikrofoonmonitor hoe goed die toestel jou stem kan hoor:
'n Groen balk beteken die toestel kan jou stem hoor.
'n Rooi balk beteken jou stem is té hard vir die toestel om individuele woorde te herken.
'n Grys balk beteken jou stem is té sag vir die toestel om individuele woorde te herken.
Vir sommige frases vra jou toestel vir bevestiging.
Wenk: Vir die beste herkenning van wat jy sê, praat normaalweg sonder om te probeer om
woorde op 'n onnatuurlike manier te artikuleer. As daar, byvoorbeeld, oormatige padgeraas
is, mag dit nodig wees om in die rigting van die mikrofoon te praat.
3. As die bevel korrek is, sê 'Ja'.
As die bevel verkeerd is, sê "Nee" en herhaal die bevel nadat jy weer eens die por en toon gehoor het.
27
Jou toestel beplan 'n roete vanaf jou huidige ligging na jou bestemming.
Wenk: Om te verhoed dat jou toestel na verdere bevele luister, sê "Kanselleer". Om een stap
terug te gaan, sê "Terug".
Beplan 'n reis deur jou stem te gebruik
Belangrik: In die belang van veiligheid, en om nie jou aandag af te trek terwyl jy bestuur nie, moet
jy altyd 'n roete beplan vóór jy begin ry.
Let wel: Dit is nie moontlik om 'n roete met behulp van jou stem vir alle kaarte in alle lande of in
alle tale te beplan nie.
Om via stem 'n roete na 'n adres te beplan, doen die volgende:
1. Tik die stembeheer-knoppie in die ritaansig.
2. Wanneer jy die toon hoor, sê "Navigeer na adres".
3. Sê die naam van die dorp.
Jou toestel wys 'n lys van dorpe wat dieselfde behoort te klink as wat jy gesê het en sê aan
jou watter dorp boaan die lys is.
As die dorp wat jy hoor dieselfde is as die dorp waarvoor jy gevra het, sê "Klaar" of "OK" of "Ja"
of "Een" of tik die dorp boaan die lys.
As jy dorp wat jy hoor, verkeerd is maar die korrekte dorp is wel in die lys, sê die nommer
langs die korrekte dorp of tik op die naam van die dorp.
Byvoorbeeld, as die korrekte stad Rotterdam is en hierdie dorp word as die derde item in die
lys vertoon, sê "Drie" of tik op die naam, Rotterdam.
As die naam nie in die lys is nie, sê dan "Terug" of "Nee" of tik Terug om terug te gaan na die
vorige skerm en sê weer die dorp se naam wanneer jy die toon hoor.
4. Sê die straatnaam.
Jou toestel wys 'n lys van straatname wat dieselfde behoort te klink as wat jy gesê het en sê
aan jou watter straatnaam boaan die lys is.
28
As die straatnaam wat jy hoor dieselfde is as die straatnaam waarvoor jy gevra het, sê "Klaar"
of "OK" of "Ja" of "Een" of tik op die straatnaam boaan die lys.
Wenk: Sommige liggings het dalk dieselfde naam, soos 'n pad wat deur veelvoudige poskodes loop. Wanneer dit gebeur, moet jy na die skerm kyk en op die regte ligging tik.
As die straatnaam wat jy hoor, verkeerd is maar die korrekte straatnaam is wel in die lys, sê
die nommer langs die korrekte straatnaam of tik op die straatnaam in die lys.
As die straatnaam nie in die lys is nie, sê "Terug" of "Nee" of tik Terug om terug te gaan na die
vorige skerm en sê dan weer die straatnaam wanneer jy die toon hoor.
5. Sê die huisnommer.
Belangrik: Nommers moet in dieselfde taal gesê word as wat vir die knoppies en kieslyste op
jou toestel gebruik word.
Nommers moet op dieselfde manier uitgespreek word as wat mens normaalweg 'n nommer
sê, in een aaneenlopende sin. Dus word 357 uitgespreek as, "Driehonderd-sewe-en-vyftig".
As die nommer korrek vertoon word, sê dan "Klaar" of "OK" of tik die sleutelbord om die nommer in te voer.
As die nommer verkeerd vertoon word, sê dan "Terug" of "Nee" of gebruik terugspasieer en
herhaal die nommer.
Wenk: As jy "Terug" sê wanneer daar geen nommers op die skerm is nie, sal jou toestel teruggaan na die vorige skerm.
Wanneer die nommer korrek vertoon word, sê "Klaar" of "OK". As 'n alternatief, voer die nommer in deur die skerm te tik.
6. Wanneer die roete bereken is en die roete-opsomming vertoon word, tik Klaar.
Jou toestel begin dan om jou via gesproke instruksies en aanwysings op die skerm na jou
bestemming te begelei.
Wenk: Benewens om 'n roete te beplan deur stembeheer te gebruik, kan jy Navigeer na in die
hoofkieslys tik en dan Gesproke adres tik. As 'n alternatief kan jy die knoppie onderaan die
sleutelbord tik wanneer jy 'n adres invoer. Wanneer die knoppie grys vertoon, kan jy nie spraak
gebruik om 'n adres in te voer nie.
29
Stembeheer - Ry na
'n Groen balk beteken die toestel kan jou stem hoor.
'n Rooi balk beteken jou stem is té hard vir die toestel om individuele
woorde te herken.
'n Grys balk beteken jou stem is té sag vir die toestel om individuele
woorde te herken.
Meer oor stembeheer
Let wel: Stembeheer werk nie op alle toestelle en in alle tale nie.
In stede daarvan om op die skerm te tik om jou TomTom-toestel te beheer, kan jy jou stem
gebruik om jou toestel te beheer.
Byvoorbeeld, om die volume op jou toestel te verhoog, kan jy sê "Verhoog volume" of "Volume
50%".
Om die lys van beskikbare bevele te bekyk, tik Hulp in die hoofkieslys, tik Produk-handleidings en
tik dan Wat om te sê.
Belangrik: Stembeheer vereis 'n rekenaarstem. As daar nie 'n rekenaarstem op jou
TomTom-toestel geïnstalleer en gekies is nie, is hierdie funksie nie beskikbaar nie.
Om 'n rekenaarstem te kies, tik Stemme in die instellingskieslys; tik dan Verander stem en kies 'n
rekenaarstem.
Gebruik stembeheer
Stembeheer word by verstek aangeskakel as dit vir jou gekose taal werk.
Om stembeheer af te skakel en die knoppie uit die ritaansig te verwyder, tik Stembeheerin die
instellingskieslys en kies Deaktiveer stembeheer.
Die volgende voorbeeld wys hoe om stembeheer te gebruik om 'n reis na jou huisadres te beplan:
1. Tik die mikrofoonknoppie in die ritaansig om die mikrofoon aan te skakel.
Jy sien 'n skerm met voorbeelde van bevele wat jy kan sê.
Tik Wat om te sê om 'n volledige lys te sien van die bevele wat jy kan sê. As 'n alternatief, tik
Instellings in die hoofkieslys, tik Stembeheer en tik dan Wat om te sê.
2. Wanneer jy "Sê 'n bevel" gevolg deur 'n toon hoor, sê 'n bevel van jou keuse. Byvoorbeeld, jy
kan sê "Ry huis toe". Jou toestel is slegs gereed om te luister nadat jy die toon gehoor het.
Terwyl jy praat, wys die mikrofoonmonitor hoe goed die toestel jou stem kan hoor:
Vir sommige frases herhaal jou toestel wat jy gesê het en vra vir bevestiging.
Wenk: Vir die beste herkenning van wat jy sê, praat normaalweg sonder om te probeer om
woorde op 'n onnatuurlike manier te artikuleer. As daar, byvoorbeeld, oormatige padgeraas
is, mag dit nodig wees om in die rigting van die mikrofoon te praat.
30
Loading...
+ 86 hidden pages
You need points to download manuals.
1 point = 1 manual.
You can buy points or you can get point for every manual you upload.