Belangrik: Vir belangrike inligting oor die veilige gebruik van jou toestel en battery, lees
die inligting oor “Vir jou veiligheid” en “Produkveiligheid” in jou gedrukte gebruikersgids of
by www.nokia.com/support voordat jy die toestel gebruik. Om uit te vind hoe om jou nuwe
toestel te begin gebruik, lees die gedrukte gebruikersgids.
Hou jou foon opgedateer en aanvaar beskikbare sagteware-opdaterings om nuwe en
verbeterde funksies vir jou foon te kry. Opdatering van die sagteware kan ook jou foon se
werking verbeter.
KNOPPIES EN DELE
Jou foon
Die gebruikersgids is op die volgende modelle van toepassing: TA-1334, TA-1351, TA-1338,
TA-1346.
Sommige toebehore wat in hierdie gebruikersgids genoem word, bv. laaier, kopstuk of
datakabel, kan afsonderlik verkoop word.
*Google Assistent is nie beskikbaar in sekere tale en lande nie. Waar dit onbeskikbaar
is, word Google Assistent deur Google Soek vervang. Gaan beskikbaarheid na by
https://support.google.com/assistant.
Dele, verbindings en magnetisme
Moenie aan produkte wat ’n afvoersein skep verbind nie, want dit kan die toestel beskadig.
Moenie enige spanningsbron aan die oudio-sok koppel nie. As jy ’n eksterne toestel of ’n
oorfone aan die oudio-sok koppel benewens dié wat vir gebruik met hierdie toestel goedgekeur
is, let veral op die volume.
Dele van die toestel is magneties. Metaalagtige materiale kan dalk na die toestel aangetrek
word. Moenie kredietkaarte of ander magnetiese streepkaarte naby die toestel plaas vir lang
tydperiodes nie, aangesien die kaarte beskadig kan word.
13. Luidspreker
VOER DIE SIM- EN GEHEUEKAART IN
Sit die SIM-kaart in
1. Maak die SIM-kaartlaaitjie oop: druk die laaitjieoopmaker se pennetjie in die laaigaatjie en
skuif die laaitjie uit.
2. Steek die nano-SIM in gleuf 1 op die laaitjie, met die kontakarea na onder.
3. As jy ’n geheuekaart het, plaas dit in die geheuekaartgleuf.
1. As jy ’n dubbel-SIM-foon het, skuif die tweede SIM in die SIM2-gleuf.
2. Gly die laai weer in.
Gebruik net oorspronklike nano-SIM-kaarte. Die gebruik van onversoenbare SIM-kaarte, kan die
kaart of toestel beskadig, en kan data wat op die kaart gestoor is, korrupteer.
Gebruik slegs versoenbare geheuekaarte wat vir gebruik met hierdie toestel goedgekeur is.
Onversoenbare kaarte kan dalk die kaart en die toestel beskadig, en kan data op die kaart
korrupteer.
Wenk: Om uit te vind of jou foon 2 SIM-kaarte kan gebruik, sien die etiket op die
verkoophouer. As daar 2 IMEI-kodes op die etiket is, het jy ’n dubbel-SIM foon.
Belangrik: Moenie ʼn geheukaart verwyder terwyl ʼn toepassing dit gebruik nie. Dit kan die
geheuekaart en die toestel beskadig, en kan data wat op die kaart gestoor is, korrupteer.
__Wenk:__Gebruik ’n vinnige, tot en met 512 GB mikroSD-geheuekaart van ’n bekende
vervaardiger.
Laai toepassinginstellings van jou vorige Android™-foon af terug
As jou vorige toestel ’n Android was, en rugsteuning na ’n Google rekening daarop geaktiveer is,
kan jy toepassinginstellings en Wi-Fi-wagwoorde teruglaai.
1. Tik op Instellings > Stelsel > Rugsteun .
2. Wissel Rugsteun na Google Drive na Aan .
DUBBEL-SIM-INSTELLINGS
As jy ’n dubbel-SIM-foon het, kan jy twee SIM’s in jou foon hê, byvoorbeeld een vir jou werk en
een vir persoonlike gebruik.
Kies watter SIM om te gebruik
As jy byvoorbeeld ’n oproep maak, kan jy kies watter SIM om te gebruik, deur die SIM 1- of SIM
2-knoppie te druk nadat jy die nommer ingetik het.
Jou foon wys die netwerkstatus vir beide SIM’s afsonderlik. Albei SIM-kaarte is terselfdertyd
beskikbaar wanneer die toestel nie gebruik word nie, maar terwyl een SIM-kaart aktief is
(byvoorbeeld wanneer jy ’n oproep maak), kan die ander een dalk onbeskikbaar wees.
Bestuur jou SIM’s
Wil jy keer dat werk met jou vrye tyd inmeng? Of het jy dalk ’n goedkoper dataverbinding op
een SIM? Jy kan besluit watter SIM jy wil gebruik.
Tik op Instellings > Netwerk en Internet > SIM-kaarte .
Hernoem ’n SIM-kaart
Tik op die SIM wat jy wil hernoem, en tik die naam in wat jy wil hê.
Kies watter SIM om vir oproepe of dataverbinding te gebruik
Gaan na Voorkeur-SIM vir , tik op die instelling wat jy wil verander, en kies die SIM.