Belangrik: Vir belangrike inligting oor die veilige gebruik van jou toestel en battery, lees
die inligting oor “Vir jou veiligheid” en “Produkveiligheid” in jou gedrukte gebruikersgids of
by www.nokia.com/support voordat jy die toestel gebruik. Om uit te vind hoe om jou nuwe
toestel te begin gebruik, lees die gedrukte gebruikersgids.
Hou jou foon opgedateer en aanvaar beskikbare sagteware-opdaterings om nuwe en
verbeterde funksies vir jou foon te kry. Opdatering van die sagteware kan ook jou foon se
werking verbeter.
KNOPPIES EN DELE
Verken die knoppies en dele van jou nuwe foon.
Jou foon
Hierdie gebruikersgids is op die volgende modelle van toepassing: TA-1198, TA-1200, TA1187, en TA-1201.
Sommige toebehore wat in hierdie gebruikersgids genoem word, bv. laaier, oorfone of
datakabel, kan afsonderlik verkoop word.
Belangrik: Die toestelskerm en -agterste omhulsel is van glas gemaak. Die glas kan breek
indien die toestel op ’n harde oppervlak laat val word of aansienlike impak opdoen. Indien
die glas breek, moenie aan nie toestel se glasdele raak of probeer om die gebreekte glas
uit die toestel te haal nie. Staak gebruik van die toestel totdat die glas deur gemagtigde
dienspersoneel vervang is.
Dele, verbindings en magnetisme
Moenie aan produkte wat ’n afvoersein skep verbind nie, want dit kan die toestel beskadig.
Moenie enige spanningsbron aan die oudio-sok koppel nie. As jy ’n eksterne toestel of ’n
oorfone aan die oudio-sok koppel benewens dié wat vir gebruik met hierdie toestel goedgekeur
is, let veral op die volume.
Dele van die toestel is magneties. Metaalagtige materiale kan dalk na die toestel aangetrek
word. Moenie kredietkaarte of ander magnetiese streepkaarte naby die toestel plaas vir lang
tydperiodes nie, aangesien die kaarte beskadig kan word.
1
Die Google Assistent is beskikbaar in uitgesoekte markte en tale. Waar dit onbeskikbaar
is, word Google Assistent deur Google Soek vervang. Gaan beskikbaarheid na by
https://support.google.com/assistant.
1. Maak die SIM- en geheuekaart-laaitjie oop: druk die laaitjieoopmaker se pennetjie in
die laaigaatjie en skuif die laaitjie uit. Gebruik slegs die laaioopmaker-pen wat in die
verkoopspakket verskaf word. Ander laaioopmakers se pennetjies beskadig die toestel.
2. Steek die nano-SIM in gleuf 1 op die laaitjie, met die kontakarea na onder. As jy ’n dubbelSIM-foon het, sit die tweede SIM in gleuf 2, met die kontakarea na onder.
3. Sit die geheuekaart in die geheukaartgleuf.
4. Gly die laai weer in.
1
Gebruik slegs versoenbare geheuekaarte wat vir gebruik met hierdie toestel goedgekeur is.
Onversoenbare kaarte kan die kaart en die toestel beskadig, en kan data wat op die kaart
gestoor is, korrupteer.
Belangrik: Moenie ʼn geheukaart verwyder terwyl ʼn toepassing dit gebruik nie. Dit kan die
geheuekaart en die toestel beskadig, en kan data wat op die kaart gestoor is, korrupteer.
__Wenk:__Gebruik ’n vinnige, tot en met 512 GB mikroSD-geheuekaart van ’n bekende
vervaardiger.
Gebruik net oorspronklike nano-SIM-kaarte. Die gebruik van onversoenbare SIM-kaarte, kan die kaart of
toestel beskadig, en kan data wat op die kaart gestoor is, korrupteer.
Laai toepassinginstellings van jou vorige Android™-foon af terug
As jou vorige toestel ’n Android was, en rugsteuning na ’n Google rekening daarop geaktiveer is,
kan jy toepassinginstellings en Wi-Fi-wagwoorde teruglaai.
1. Tik op Instellings > Stelsel > Gevorderd > Rugsteun .
2. Verander Rugsteun na Google Drive na Aan .
DUBBEL-SIM-INSTELLINGS
As jy ´n dubbel-SIM-variant het, kan jy twee SIM’s in jou foon hê, byvoorbeeld een vir jou werk
en een vir persoonlike gebruik.
Kies watter SIM om te gebruik
As jy byvoorbeeld ’n oproep maak, kan jy kies watter SIM om te gebruik, deur die SIM 1- of SIM
2-knoppie te druk nadat jy die nommer ingetik het.
Jou foon wys die netwerkstatus vir beide SIM’s afsonderlik. Albei SIM-kaarte is terselfdertyd
beskikbaar wanneer die toestel nie gebruik word nie, maar terwyl een SIM-kaart aktief is
(byvoorbeeld wanneer jy ’n oproep maak), kan die ander een dalk onbeskikbaar wees.
Bestuur jou SIM’s
Wil jy keer dat werk met jou vrye tyd inmeng? Of het jy dalk ’n goedkoper dataverbinding op
een SIM? Jy kan besluit watter SIM jy wil gebruik.
Tik op Instellings > Netwerk en Internet > SIM-kaarte .
Hernoem ’n SIM-kaart
Tik op die SIM wat jy wil hernoem, en tik die naam in wat jy wil hê.
Kies watter SIM om vir oproepe of dataverbinding te gebruik
Gaan na Voorkeur-SIM vir , tik op die instelling wat jy wil verander, en kies die SIM.
Kyk jy video’s, foto’s, lees aanlynboeke of speel speletjies deur jou foon te gebruik? Om die
skerm beter te sien, wissel na die dinamiese modus om outomaties die kleur, kontras en
helderheid te verstel volgens jou gebruik.
Tik op Instellings > Stelsel > Gevorderd > Rugsteun , en Dskakel rugsteun aan.
Tik op Instellings Stelsel > Gevorderd > Rugsteun, en skakel > rugsteun aan . Selekteer
modus, byvoorbeeld, Foto en aktiveer die toepassings op die lys.
As jy die kwaliteit van die kleure op jou skerm in uitdagende verligtingstoestande te verbeter,
wissel na die Outowit-balans .
As jy meer besonderhede op jou skerm wil sien, skakel SDR na HDR (standaard dinamiese
reeks na hoë dinamiese reeks). Dit transformeer al jou SDR-video inhoud na HDR-kwaliteit in
reële tyd.
Vind uit hoe om die tuisskerm te verpersoonlik en hoe om luitone te verander.
Verander jou muurpapier
Tik op Instellings > Skerm > Muurpapier .
Verander jou foon se luitoon
1. Tik op Instellings > Klank .
2. Tik op Foonluitoon (SIM1) of > Foonluitoon (SIM2) om die twee SIM’s se luitone te kies.
Verander jou boodskap-kennisgewingklank
Tik op Instellings > Klank > Verstek kennisgewingklank .
KENNISGEWINGS
Bly in voeling met wat op jou foon gebeur danksy kennisgewings.
Gebruik die kennisgewing-paneel
Wanneer jy nuwe kennisgewings soos boodskappe of gemisde oproepe kry, verskyn liggieikone op die statusbalk bo-aan die skerm. Om meer inligting oor die kennisgewings te sien,
sleep die statusbalk afwaarts. Om die aansig toe te maak, vee opwaarts op die skerm.
Om die kennisgewingpaneel oop te maak, sleep die statusbalk afwaarts. Om die
kennisgewingpaneel toe te maak, vee opwaarts op die skerm.
Om die kennisgewinginstellings van ’n toepassing te verander, tik op Instellings >
Toepassings en kennisgewings > en tik op die toepassingnaam om die toepassinginstellings
oop te maak. Tik op Kennisgewings . Jy kan die kennisgewings individueel per toepassing aanof afskakel.
__Wenk:__Om kennisgewingkolletjies te sien, tik op Instellings >
Toepassings en kennisgewings > Kennisgewings en wissel Laat kennisgewingkolletjies toe
na aan. ’n Klein kolletjie sal op die toepassing-ikoon verskyn as jy ’n kennisgewing het waaraan
jy nog nie aandag gegee het nie. Tik op die ikoon en hou dit in om beskikbare opsies te sien.
Jy kan op die kennisgewing tik om dit oop te maak, of vee om te ignoreer.
__Wenk:__Om die krag-/sluitsleutel te stel om te flikker wanneer jy kennisgewings van
toepassings ontvang, tik op Instellings > Toepassings en kennisgewings > Gevorderd >
Kennisgewinglig . Die krag-/sluitsleutel sal flikker as jy ’n kennisgewing het, waaraan jy nog
nie aandag gegee het nie.
Tik op die kitsinstelling-ikone op die kennisgewingpaneel om funksies te aktiveer. Om nog
ikone te sien, sleep die kieslys af.
Om ikone te herrangskik, tik op , tik en hou ’n ikoon, en sleep dit dan na ´n ander plek.
BEHEER VOLUME
Verander die volume
As jy in ’n raserige omgewing sukkel om jou foon te hoor lui, of as oproepe te hard is, kan jy die
volume via die volumeknoppies aan die sykant van jou foon verander soos dit jou pas.
Moenie aan produkte wat ’n afvoersein skep verbind nie, want dit kan die toestel beskadig.
Moenie enige spanningsbron aan die oudio-sok koppel nie. As jy ’n eksterne toestel of oorfone
aan die oudio sok koppel benewens dié wat vir gebruik met hierdie toestel goedgekeur is, let
veral op die volume.
Verander die volume vir media en toepassings
Druk ’n volumeknoppie aan die sykant van jou foon om die volume-statusbalk te sien, tik op
en sleep die skuifbalk op die volumebalk vir media en toepassings na links of regs.
Stel die foon na stil
Om die foon na stil te stel, druk die volumeknoppie af, tik op om jou foon na vibreer alleenlik
te stel en tik op om dit na stil te stel.
Wenk: Wat jy moet doen as jy nie jou foon in stilmodus wil hou nie, maar jy nie op die oomblik
kan antwoord nie. Om ’n inkomende oproep stil te maak, druk die volume-af-knoppie. Jy
kan ook jou foon stel om die luitoon te demp wanneer jy die foon optel: Tik op Instellings >
Stelsel > Gebare > Volume stil met optel , en skakel dit aan.
As jy ʼn inkomende oproep wil weier deur die foon om te draai, tik op Instellings > Stelsel >
Gebare > Draai om om oproep te weier , en skakel dit aan.
FM-RADIO
Om radio te luister, moet jy versoenbare oorfone aan die foon verbind. Die oorfone dien as
antenna.
Luister na FM-radio
Nadat jy die kopstuk geverbind het, tik op FM-radio .
• Om die radio aan te sit, tik .
• Om radiostasies te vind, tik >
Skandeer .
• Om ‘n stasie te stoor, tik .
• Om na ’n radiostasie te luister deur die
foon se luidsprekers te gebruik, tik . Hou
die kopstuk gekoppel.
• Om na ’n ander stasie oor te skakel, gly die
kanaalfrekwensiery links of regs.
Probleemoplossingswenk: As die radio nie werk nie, maak seker die oorfone is ordentlik
verbind.
• Om die radio af te skakel, tik .
OUTOMATIESE TEKSKORREKSIE
Vind uit hoe om teks vinnig en doeltreffend via jou foon se sleutelbord te tik.
Gebruik sleutelbord-woordvoorstelle
Jou foon stel woorde voor terwyl jy skryf, om jou te help om vinnig en akkuraat te skryf.
Woordvoorstelle is dalk nie in alle tale beskikbaar nie.
Wanneer jy ’n woord begin skryf, stel jou foon moontlike woorde voor. Wanneer die woord wat
jy wil hê, in die voorstelbalk staan, kies die woord. Om meer voorstelle te sien, druk-en-hou die
voorstel.
Wenk: As die voorgestelde woord in vetdruk gemerk is, gebruik jou foon dit outomaties om
die woord wat jy geskryf het, te vervang. As die woord verkeerd is, druk-en-hou dit om ander
voorstelle te sien.
Indien jy nie die sleutelbord wil gebruik om woorde voor te stel terwyl jy tik nie, skakel
tekskorrigering af. Tik op Instellings > Stelsel > Tale en invoer > Virtuele sleutelbord .
Kies die sleutelbord wat jy gewoonlik gebruik. Tik op Tekskorrigering en skakel die
tekskorrigering-metodes af wat jy nie wil gebruik nie.
As jy agterkom dat jy ’n woord verkeerd gespel het, tik daarop om voorstelle te sien om die
woord te korrigeer.
Skakel speltoetser af
Tik Instellings > Stelsel > Tale en invoer > Gevorderde > Speltoetser , en skakel
Gebruik speltoetser af.
DIE GOOGLE ASSISTENT
Die Google Assistent is slegs beskikbaar in geselekteerde markte en tale. Waar dit
onbeskikbaar is, word Google Assistent deur Google Soek vervang. Gaan beskikbaarheid na
by https://support.google.com/assistant. Die Google Assistent kan jou help om byvoorbeeld
inligting aanlyn te soek, woorde en sinne te vertaal, notas en kalenderafsprake te maak. Jy kan
die Google Assistent gebruik selfs wanneer jou foon gesluit is. Google Assistent vra jou wel om
jou foon te ontsluit voordat toegang tot jou privaatdata verkry word.
Gebruik die Google Assistent-sleutel
Om toegang tot die Google Assistent-dienste te kry, gebruik die Google Assistent-sleutel aan
die kant van jou foon:
• Druk die sleutel een keer om Google Assistent te begin.
• Druk en hou die sleutel in om met Google Assistent te praat. Vra jou vrae en laat los die
sleutel. Jy sien Google Assistent se antwoord op jou foon se werkskerm.
As jou land of streek nie Google Assistent ondersteun nie, kan jy steeds die Google Assistentsleutel gebruik:
• Druk die sleutel een keer om Google Soek oop te maak.
• Druk en hou die sleutel in om Google se stemsoek te gebruik. Vra jou vrae en laat los die
sleutel. Jy sien Google se antwoord op jou foon se werkskerm.
Skakel die Google Assistent-sleutel af
Om die Google Assistant-sleutel af te skakel, tik Instellings > Google >
Soek, Assistent en Stem > Google Assistent . Aan die bokant van die skerm, tik Assistent ,