Belangrik: Vir belangrike inligting oor die veilige gebruik van jou toestel en battery, lees
die inligting oor “Vir jou veiligheid” en “Produkveiligheid” in jou gedrukte gebruikersgids of
by www.nokia.com/support voordat jy die toestel gebruik. Om uit te vind hoe om jou nuwe
toestel te begin gebruik, lees die gedrukte gebruikersgids.
Moenie aan produkte wat ’n afvoersein skep verbind nie, want dit kan die toestel beskadig.
Moenie enige spanningsbron (volt) aan die oudio-sok koppel nie. As jy ’n eksterne toestel of ’n
oorfone aan die oudio-sok koppel benewens dié wat vir gebruik met hierdie toestel goedgekeur
is, let veral op die volume.
Dele van die toestel is magneties. Metaalagtige materiale kan dalk na die toestel aangetrek
word. Moenie kredietkaarte of ander magnetiese streepkaarte naby die toestel plaas vir lang
tydperiodes nie, aangesien die kaarte beskadig kan word.
SIT SIM- EN GEHEUEKAART IN OF HAAL DIT UIT
Sit SIM- en geheuekaart in
1. Met die foon na onder, steek jou
die ander SIM-gleuf.
vingernael in die klein gleufie aan die
onderste rand.
4. Indien jy ’n mikro-SD-geheuekaart het,
skuif dit in die geheuekaart-gleuf.
2. Buig die omslag oop en haal dit af.
5. Druk die boonste rand van die agterste
3. Skuif die nano-SIM-kaart in die SIM-gleuf
totdat dit in plek glip. As jy ’n dubbel-SIMvariant het, plaas die tweede SIM-kaart in
Waarskuwing: Moenie die batteryomslag oopmaak nie, want dit kan jou toestel beskadig.
Let wel: Skakel altyd die toestel af en ontkoppel die laaier en enige ander toestel voordat
enige doppe verwyder word. Moenie aan elektroniese komponente te raak terwyl enige doppe
verander word. Stoor en gebruik altyd die toestel met enige doppe in plek.
omslag teen die boonste rand van u foon,
en klik die omslag weer in plek, sodat al die
hakies om die rande van die omslag haak.
Jy kan data uit ’n vorige toestel na jou toestel oordra via jou Google -rekening.
Om data wat op jou ou foon is, na ’n Google-rekening te rugsteun, raadpleeg jou ou foon se
gebruikergids.
1. Tik op Instellings > Rekeninge > Voeg rekening by > Google .
2. Kies watter data jy op jou foon wil teruglaai. Die sinkronisering sal outomaties begin sodra
jou foon aan die internet koppel.
Laai programinstellings van jou vorige Android-foon af terug
As jou vorige toestel ’n Android was, en rugsteuning na ’n Google -rekening daarop geaktiveer
is, kan jy programinstellings en Wi-Fi-wagwoorde teruglaai.
1. Tik op Instellings > Rugsteun en terugstelling .
2. Wissel Outomatiese terugstelling na Aan .
DUBBEL-SIM-INSTELLINGS
As jy ´n dubbel-SIM-variant het, kan jy twee SIM’s in jou foon hê, byvoorbeeld een vir jou werk
en een vir persoonlike gebruik.
Let wel: Op dubbel-SIM-toestelle werk beide die SIM1- en SIM2-gleuwe met 4G-netwerke.
As beide SIM1 en SIM2-kaarte egter LTE-SIM-kaarte is, werk die primêre SIM-kaart met
4G/3G/2G-netwerke en die sekondêre SIM-kaart werk net met 3G/2G-netwerke. Vir meer
inligting oor jou SIM-kaarte, kontak jou diensverskaffer.
Kies watter SIM om te gebruik
As jy byvoorbeeld ’n oproep maak, kan jy kies watter SIM om te gebruik, deur die SIM 1- of SIM
2-knoppie te druk nadat jy die nommer ingetik het.
Jou foon wys die netwerkstatus vir beide SIM’s afsonderlik. Albei SIM-kaarte is terselfdertyd
beskikbaar wanneer die toestel nie gebruik word nie, maar terwyl een SIM-kaart aktief is
(byvoorbeeld wanneer jy ’n oproep maak), kan die ander een dalk onbeskikbaar wees.
Bestuur jou SIM’s
Wil jy graag hê dat werk nie met jou vrye tyd inmeng nie? Of het jy dalk ’n goedkoper
dataverbinding op een SIM? Jy kan besluit watter SIM jy wil gebruik.
Die skerm draai outomaties wanneer jy die foon 90 grade draai.
Om die skerm in portret-modus vas te sluit, vee van die bokant van die skerm afwaarts, tik op
Outo-draai en wissel na Portret .
Gebruik die navigeerknoppies
Om te sien watter toepassings oop is, tik op die oorsigknoppie .
Om na ’n ander toepassing te wissel, tik op die toepassing wat jy wil hê. Om ’n toepassing toe
te maak, tik op die -ikoon langs dit.
Om na die vorige skerm waar jy was, terug te gaan, tik op die terugknoppie . Jou foon onthou
al die toepassings en webwerwe wat jy besoek het sedert jou skerm die vorige keer gesluit was.
Om na die tuisskerm te gaan, tik op die tuisknoppie . Die toepassing waarin jy was, bly in die
agtergrond oop.
Leer hoe om die Tuis-skerm te verpersoonlik en hoe om luitone te verander.
Verander jou muurpapier
Tik op Instellings > Skerm > Muurpapier .
Verander jou foon se luitoon
1. Tik op Instellings > Klank .
2. Tik op SIM1-foonluitoon of SIM2-foonluitoon om die twee SIM’s se luitone te kies.
Verander jou boodskapkennisgewing-luitoon.
1. Tik op Instellings .
2. Tik op Klank .
3. Tik Verstek kennisgewing-luitoon .
MAAK ’N TOEPASSING OOP EN TOE
Maak ’n toepassing oop
Tik op ’n toepassing-ikoon op die tuisskerm om dit oop te maak. Om een van die toepassings
wat in die agtergrond loop, oop te maak, tik op en kies die toepassing.
Maak ’n toepassing toe
Tik op , en tik dan op die toepassing wat jy wil toemaak.
Vind jou toepassings
Vee opwaarts vanaf die onderkant van jou skerm op jou tuisskerm om al jou toepassings te
sien.
Druk , swiep opwaarts deur al die toepassings, en tik op VERWYDER ALLES .
KENNISGEWINGS
Bly in voeling met wat op jou foon gebeur danksy kennisgewings.
Gebruik die kennisgewing-paneel
Wanneer jy nuwe kennisgewings kry, oor bv. boodskappe of gemiste oproepe, verskyn
liggie-ikone op die statusbalk bo-aan die skerm. Vir meer inligting oor die ikone, maak die
kennisgewing-paneel oop en kyk die inligting.
Om die kennisgewing-paneel oop te maak, sleep die statusbalk afwaarts. Om die
kennisgewingspaneel toe te maak, swiep opwaarts op die skerm.
Om die kennisgewinginstellings van ’n program te verander, tik op Instellings >
Kennisgewings en tik dan op die programnaam om die program in instellings oop te maak.
Gebruik die kitsinstelling-ikone
Tik op die kitsinstelling-ikone op die kennisgewingpaneel om funksies te aktiveer. Om nog
ikone te sien, sleep die kieslys af.
Om ikone te herrangskik, tik op , druk-en-hou ’n ikoon, en sleep dit dan na ´n ander plek.
As jy in ’n raserige omgewing sukkel om jou foon te hoor lui, of as oproepe te hard is, kan jy die
volume via die volumeknoppies aan die sykant van jou foon verander soos dit jou pas.
Moenie aan produkte wat ’n afvoersein skep koppel nie, want dit kan dalk die toestel beskadig.
Moenie enige spanningsbron (volt) aan die oudio-sok koppel nie. As jy ’n eksterne toestel of
oorfone aan die oudio-sok koppel benewens dié wat vir gebruik met hierdie toestel goedgekeur
is, let veral op die volume.
Verander die volume vir media en toepassings
Druk ’n volumeknoppie aan die sykant van jou foon om die volume-statusbalk te sien, tik op
en sleep die skuifbalk op die volumebalk vir media en toepassings na links of regs.
Stel die foon na stilbly
Druk ’n volumeknoppie aan die sykant van jou foon en tik op om na stilmodus te verander.
Wenk: Wat jy moet doen as jy nie jou foon in stilmodus wil hou nie, maar jy nie op die oomblik
kan antwoord nie. Om ’n inkomende oproep stil te maak, druk die volume af -knoppie. Jy kan
ook jou foon stel om die luitoon stil te hou wanneer jy optel: tik op Instellings > Beweging >
Volume stil met optel .
As jy vinnig ’n oproep wil weier, aktiveer Beweging: tik Instellings > Beweging >
Draai om om oproep te weier . Wanneer daar ’n inkomende oproep is, draai die foon om
om die oproep te weier.
SKERMKIEKIES
Neem ’n skermkiekie
Om ’n skermkiekie te neem, maak die kennisgewingpaneel oop en sleep die statusbalk
afwaarts. Tik op Skermvaslegging Jy kan vasgelegde prente in Foto’s bekyk.
Terwyl jy sekere toepassings of funksies gebruik, kan jy nie skermvasleggings doen nie.
1. Herlaai verstandig: Herlaai altyd die
battery tot dit vol is.
2. Gebruik slegs die klanke wat jy nodig
het: Skakel onnodige klanke soos
knoppieklanke af. Tik op Instellings >
Klank , gaan na Ander klanke , en kies
watter klanke om te hou.
3. Gebruik bedrade oorfone in plaas van die
luidspreker.
4. Verander die foon se skerminstellings:
Stel dat die foonskerm ná ’n kort tydjie
afskakel. Tik op Instellings > Skerm >
Slaap en kies die tyd.
5. Verminder die skermhelderheid: Tik op
Instellings > Skerm > Helderheidsvlak .
Maak seker dat Aanpasbare helderheid
geaktiveer is. Om die helderheid te verstel,
sleep die Helderheidsvlak -skuifbalk.
6. Keer dat programme in die agtergrond
loop: Tik op en maak die toepassings
toe wat jy nie nodig het nie.
7. Aktiveer die Agtergrondaktiwiteitsbestuurder. Die kennisgewings
van sommige toeps of e-posse kan
dalk nie onmiddellik herwin word nie.
Jy kan die batterylewe bestuur deur
die toeps by die witlys te voeg of dit te
verwyder. Tik op Instellings > Battery
> Agtergrond-aktiwiteitsbestuurder .
8. Aktiveer Batteryspaarder . Tik op
Instellings > Battery > Batteryspaarder ,
en skakel oor na Aan .
9. Gebruik liggingdienste net as dit nodig
is: Skakel liggingdienste af wanneer jy
dit nie nodig het nie. Tik op Instellings
> Ligging , en wissel na Af .
10. Gebruik netwerkverbindings net as dit
nodig is: Skakel Bluetooth slegs aan as dit
nodig is. Gebruik ’n Wi-Fi-verbinding om
met die internet te verbind, in plaas van
’n selfoondata-verbinding. Keer dat jou
foon vir beskikbare draadlose netwerke
soek. Tik op Instellings > Wi-Fi , en
wissel na Af . As jy musiek luister of jou
foon andersins gebruik, maar jy wil nie
oproepe maak of ontvang nie, skakel
vliegtuigmodus aan. Tik op Instellings >
Meer > Vliegtuigmodus .
Vliegtuigmodus maak verbindings met die sellulêre netwerk toe en skakel jou toestel se
draadlose funksies af.
BESPAAR DATASWERWING-KOSTE
Jy kan dataswerf-kostes sny en geld op jou foonrekeninge spaar deur selfoondata-instellings
te verander. Om die optimale verbindingsmetode te gebruik, verander die Wi-Fi- en sellulêre
netwerkinstellings. Dataswerwing beteken dat jy jou foon gebruik om data te ontvang oor
netwerke wat jou netwerkdiensverskaffer nie besit of bedryf nie. As jy aan die internet koppel
terwyl jy swerf, veral in die buiteland, kan die datakoste aansienlik styg. Die gebruik van ’n WiFi-verbinding is oor die algemeen vinniger en goedkoper as om ’n selfoondata-verbinding te
gebruik. As beide Wi-Fi- en selfoondata-verbindings beskikbaar is, gebruik jou foon die Wi-Fiverbinding.
2. Maak seker Wi-Fi-netwerking is gewissel na Aan .
3. Kies die verbinding wat jy wil gebruik.
Maak die selfoondata-verbinding toe.
Vee af vanaf die bokant van die skerm, tik en skakel Selfoondata na Af .
Om jou datagebruik te sien, tik op Instellings > Datagebruik .
Stop dataswerwing
Tik Instellings > Meer > Sellulêre netwerke , en skakel Dataswerwing af.
SKRYF TEKS
Leer hoe om teks vinnig en doeltreffend via jou foon se toetsbord te tik.
Gebruik die skermsleutelbord
Dit is maklik om met die skermsleutelbord te skryf. Jy kan die sleutelbord gebruik wanneer
jou foon in portret- of landskapmodus is. Die sleutelborduitleg kan wissel in verskillende
toepassings en tale.
Om die skermsleutelbord oop te maak, tik op ’n tekskassie.
Wissel tussen hoofletters en kleinletters
Tik op Shift-knoppie. Om hoofletter-modus aan te skakel, dubbeltik op die Shift-knoppie. Om
na die normale modus terug te keer, tik weer op die Shift-knoppie.
Tik ’n syfer of spesiale karakter in
Tik op die syfers-en-simbole-knoppie. Sekere spesialekarakter-knoppies bied ekstra simbole.
Om meer simbole te sien, druk-en-hou ’n simbool of spesiale karakter.
Druk-en-hou ’n woord, sleep die merkers voor en ná die woord om die deel wat jy wil kopieer, te
merk, en tik op KOPIEER . Om die teks te plak, tik op die plek waar jy die teks wil plak, en kies
PLAK .
Voeg ’n aksentteken by ’n karakter
Druk-en-hou die karakter en tik op die aksentteken of die aksentkarakter, indien jou
sleutelbord daarmee werk.
Vee ’n karakter uit
Tik op die terugspasieer-knoppie.
Beweeg die merker
Om ’n woord wat jy so pas geskryf het, te wysig, tik op die woord, en sleep die merker na die
plek waar jy dit wil hê.
Gebruik sleutelbord-woordvoorstelle
Jou foon stel woorde voor terwyl jy skryf, om jou te help om vinnig en akkuraat te skryf.
Woordvoorstelle is dalk nie in alle tale beskikbaar nie.
Wanneer jy ’n woord begin skryf, stel jou foon moontlike woorde voor. Wanneer die woord wat
jy wil hê, in die voorstelbalk staan, kies die woord. Om meer voorstelle te sien, druk-en-hou die
voorstel.
Indien die voorgestelde woord in vetdruk is, gebruik jou foon dit outomaties om die woord wat
jy skryf, te vervang. As die woord verkeerd is, druk-en-hou dit om ander voorstelle te sien.
Indien jy nie die toetsbord wil gebruik om woorde voor te stel terwyl jy tik nie, skakel
tekskorrigering af. Tik op Instellings > Tale en invoer > Virtuele sleutelbord . Kies watter
toetsbord jy gewoonlik gebruik. Tik op Tekskorrigering en skakel die tekskorrigeringmetodes af wat jy nie wil gebruik nie.
Korrigeer ’n woord
As jy agterkom dat jy ’n woord verkeerd gespel het, tik daarop om voorstelle te sien om die
woord te korrigeer.
Skakel speltoetser af
Tik op Instellings > Tale en invoer > Speltoetser , en wissel Speltoetser na Af .